Jaarlikse ledegeld
Ons ledegeld bly dieselfde as die afgelope paar jaar, dws. R 350. Rekeninge sal uitgestuur word aan huidige lede om hulle te herinner aan die fooi vir 2023 wat uitstaande is. (Ons jaareinde is November).
BRRAG 100-Klub
Die 100-Klub, soos dit bekendstaan is, eenvoudig gestel, ‘n maandelikse donasie met ‘n verskil, naamlik ‘n persentasie van die skenking wat aan die deelnemers teruggegee word deur middel van ‘n tweemaandelikse trekking genaamd “Die 100-klubtrekking”. Die res van die geld gaan aan BRRAG (Bushman’s River Mouth Ratepayers’ Organisation). Fondse wat deur die 100-Klub ingesamel word, gaan aan verskeie projekte verbonde aan onderhoud om dwardeur die jaar plaaslike areas skoon en netjies te hou.
- Daar is 100 nommers tussen 01 tot 100. (Ons kan meer skep ook).
- Elke nommer word toegeken aan wie ookal besluit om die maandelikse fooi van R50 vir ‘n enkele nommer (wat nog nie geneem is nie) te betaal.
- Enige een mag meer as een nommer koop, bv. een nommer vir die man en nog ‘n nommer vir sy vrou, deur ‘n maandelikse donasie van 2 x R50 = R100 per maand te maak.
- Die trekking vind elke twee maande plaas en word by die maandeinde braai gedoen.
- Die wenners (indien nie by die trekking teenwoordig nie) word in kennis gestel en hulle name word in ons eie BRRAG-nuusbriewe en op ons webwerf gepubliseer.
- Daar is vier hoofwenners en een addisionele prys vir bywoning van die maandeinde gemeentebraai.
- Voorbeeld: As 40 nommers toegeken word, wat beteken 40 kaartjies is elke maand voor betaal, dan ontvang die 1steprys-wenner R800. die 2de R400, die 3rde R300, die 4rde R200 en die 5de R100.
- As meer as 40 kaartjies verkoop word, dan word die prysgeld meer, en as minder as 40 verkoop word, verminder die prysgeld dienooreenkomstig.
- Jy kan jou nommer/nommers kies sodra jou stoporder ingestel is. Jy sal bevestiging ontvang dat jou nommer/nommers vir die volgende trekking toegeken is.
- Dit is ‘n goeie manier om by te dra tot die instandhouding van ons areas in Boesmans en dit bring elke tweede maand van die jaar ‘n mate van opgewondenheid vir die deelnemers.
- Die meeste lede betaal ‘n jaarlikse fooi.
Betaal jou R 50 of R 100 of meer voor die 20ste van die maand soos volg:
BRRAG
Standard Bank
Rekeningnommer: 28-111-639-3
Kenton-on-sea
Verw. 100-Klub.xxStraat.Van
Om ‘n nommer te kry/kies, kontak asb. vir Sarel Marais sarelmarais52@gmail.com
Nuwe komiteelid
Ons verwelkom Rowene Johnston op ons komitee en hoop dat jy baie sal vind om te doen en besig te bly met sake van BRRAG. Dankie vir die tyd wat jy aan ons afstaan.
Straatnommers van huise
Tydens noodtoestande word vinnige reaksies vereis wat lewensbelangrik kan wees. Die duidelikheid van huisnommers in ons dorp laat veel te wense oor en is in baie gevalle heeltemal afwesig by baie huise in een straat. Onvoldoende sigbaarheid van huisnommers het ook ‘n negatiewe effek wanneer sake of dienste jou huis moet kry. Nagwagte en Hi-Tech is baie afhanklike van duidelike nommers vir jou eiendom. Koerierdienste waarvan baie mense gebruikmaak moet ook dikwels rondsoek en kan nie die bestelling aflewer nie.
Sorg asseblief dat jou eiendom se adres duidelik is met die nommer op die gebou of buite op die muur of heining. As jy op ‘n straathoek is, maak asseblief seker dat jou huisnommer aan die korrekte kant van die huis of muur is vir die straatadres.
Skoonmaak- en groenspan
Swaar storms en rowwe seetoestande het die rivierstrand vol takke, seegras, bourommerl en plastiek agtergelaat.
BRRAG en die SANPark Skoonmaak en Groenspan (“Clean and Green team”) het saamgespan om die rivierstrandarea skoon te maak.
BRRAG het ook toerusting verskaf om die span te ondersteun.
Ons sien daarna uit dat die span ons van tyd tot tyd sal bystaan om te verseker dat ons strande in ‘n onbesoedelde en skoon toestand vir inwoners sowel as besoekers gehou word.
Water
Deurlopende pogings van SDSG (“Service Delivery Support Group”) bestaande uit BRRAG, KOSRA, Estuary Care en die Kenton Boesmans Kamer vir Besigheid en Toerisme as deel van die Water Bestuurskomitee en die tegniese span (“Water Technical Task Team”(TTT)) waarop BRRAG ook verteenwoordig word, speel ‘n belangrike rol om die beskikbaarheid van water vir Wyke 3&4 te verseker.
SDSG het ‘n samewerkende benadering gekies eerder as konfrontasie en dit het reeds positiewe resultate opgelewer.
Intervensies wat ‘n positiewe effek op watervoorsiening het
- SDSG het drie briewe aan die Minister van Waterwese en Sanitasie geskryf om die belangrikheid van intervensie te verduidelik.
- Die Water Bestuurskomitee het twee keer met ‘n hoëvlak afvaardiging van die Department Waterwese en Sanitasie, Ndlambe en Amatola vergader om lang- en korttermyn intervensies van areas vas te stel.
- Drie boorgate is in die SANpark duingebied gesink wat ‘n bron van rou water met die vereiste kwaliteit vir die ACRO aanleg sal wees.
- Een van die drie boorgate is gedurende Desember 2022 gekonnekteer waarvoor noodtoestemming verkry is.
- Herstel van lekplekke is op die Dias pyplyn gedoen.
- Die nuwe waterreservoir by Boesmansriviermond is herstel en die ou een is uit diens gestel.
- ‘n Aanlegingenieur is op ‘n tydelike basis gekontrakteer om te fokus op verbetering van die ACRO aanleg met die intervensie van SDSG.
- Waterlekke word geïdentifiseer en by Ndlambe en Amatola aangegee met publieke ondersteuning en so gou moontlik herstel.
- Water is deur middel van tenkwaens aan gemeenskappe in Marselle, Ekuphumuleni en Klipfontein voorsien asook watertenks is geïnstalleer.
- Tweeweeklikse water-TTT-vergaderings is gehou om watersake te bespreek en vordering te monitor.
- Herstel van infrastruktuur wat deur vandalisme beskadig is – meestal elektries van aard.
Korttermynaksie wat geneem moet word vir verdere verbetering van watervoorsiening
- Die addisionele twee boorgate sal gedurende die eerste week van April 2023 in werking wees.
- Brugpyplyn sal na die Paasvakansie herstel word.
- Verlenging van die aanstelling van die Aanlegingenieur.
- Addisionele herstel van die Dias pyplyn.
- Implementasie van veiliigheidsmaatreëls om infrastruktuur te beskerm.
- Addisionele buffer wateropgaarkapasiteit is goedgekeur vir die ACRO aanleg.
- Aanstelling van plaaslike kontrakteurs en verskaffers.
Sosiale en Omgewingsverbetering
- ‘n Sosiale en Omgewingsverslag is aan Ndlambe en Amatola verskaf met besonderhede van areas waar oortreding was en versoeke van verbetering. Vordering is in sommige areas gemaak.
- Skrootyster is uit die SANparke duingebied verwyder.
- Plastiekvelle is uit die riverstrandgebied verwyder.
- Padwerk is in Boesmansriviermond (Ocean View Drive) en op die pad na die seeparkering gedoen wat beskadig is gedurende herstel- en konstruksieaktiwiteite.
- Gevaarlike en onooglike pyp wat diep begrawe is in die sand by Sea Well 5 sal binnekort verwyder word.
- Oorloop van seewater van een megaliter tenk is aangespreek deur installering van nuwe vlotterskakelaars.
- CIP chemikalië word nie meer in fie rivier ingepomp nie maar in houers in die aanleg geplaas en verwyder vir veilige wegdoening deur ‘n gespesialiseerde maatskappy.
Suid-Afrika bly steeds ‘n land met waterskaarste en dienslewering sal lank neem om te verbeter, dus word ons lede aangemoedig om so onafhanklik as moontlik te word deur die aanskaffing van watertenks by die huis wat sal help om tye.
Riversbend
Baie dankie aan die BRRAG werkers vir die harde werk om die tuin by die ingang van Riversbend skoon te maak.
Nuwe plante sal binnekort aangeplant word.
Verskeie onderhoudstake is deur Ndlambe uitgevoer.
Nagwagspan
Ons wil namens die Nagwagspan die Kenton-on-Sea and Boesmansriviermond gemeenskappe bedank vir donasies aan ons Nagwagfonds. Hiersonder sou ons nie in staat wees om vir die gemeenskappe te doen wat ons doen om na hulle om te sien nie.
Nagwag Buurtwag is ‘n subkomitee van die Gemeenskap Polisieforum en is onderhewig aan die reëls en regulasies van die SAPD. Die werksverhouding met Kenton-on-Sea SAPD word gerespekteer. Die streng opleiding wat die span deur is, was ‘n reuse finansiële koste en die moeite werd. ‘n Voorbeeld is die onlangse fiasko van ‘n nasionale ineenstorting (“shut down”).
Die Nagwagspan help nie alleen die dorpsgemeenskappe nie maar is ook betrokke by die anti- stroopaktiwiteite van ons plattelandse gemeenskappe. Ons help by beide wildreservate nl. Kariega en Sibuya APU.
Neem aseblief kennis dat al die Nagwaglede vrywilligers is en baie ure van hulle tyd gee om na jou omgewing om te sien. Dit sluit al die gemeenskappe in ons area in.
Laastens, wil ek die toegewyde spanlede bedank vir hulle pligsgevoel en toegewydheid aan ons gemeenskap.
Ons druk vir ‘n stasie vir ‘n gemeenskapstweerigtingradio met die basis by die SAPD radiotoring. Die koste is plus minus R 100 000.00 en sluit sonkrag in. Dit sal ‘n groot verligting bring aan die swak radiokommunikasie as gevolg van die topografie in Kenton-on-Sea en boerderygemeenskap in die omgewing.
Jou donasie vir hierdie welverdiende saak vir ons operasionele, persoonlike toerusting en infrastrukturele kostes sal van groot hulp wees.
Donasies kan gemaak word in die BRRAG rekening aangesien hulle na ons finansies vir die hele gemeenskap kyk.
BRRAG
Standard Bank
Rek. No: 281116393
Takkode: 051117
Verwysing: N-Wag / jou naam
Vriendelike groete
Ferenc Toth
Voorsitter: Nagwagspan
Het jy geweet?
Het jy dalk die pragtige pienk wolke oor die Boesmansriviermondgebied gesien?
Hierdie prentjiemooi wolke is ‘n natuurlike verskynsel wat voorkom wanneer die son agter die horison is tydens sonsondergang of sonsopkoms en die strale die wolke verlig met ‘n pienk of rooierige gloed.
Die meteorologiese term vir pienk wolke is “alpengloed”. Die naam “alpengloed” kom van die Duitse woord “Alpenglühen,” wat “Alpynse gloed” beteken. Dit is oorspronklik gebruik om die rooierige gloed te beskryf wat met sonsopkoms of -ondergang op die bergpieke van die Alpe in Europa verskyn, maar die term is sedertdien uitgebrei om enige pienk of rooierige gloed in te sluit wat in sulke tye in die lug voorkom.
Alpengloed skep ‘n treffende prentjie en is veral opmerklik wanneer die son oor dun, verspreide wolke weerkaats. Goed om ook te weet dat hierdie effek duideliker is wanneer daar minder vog of atmosferiese besoedeling in die lug is.
Wees veilig en vriendelike groete,
Rowene Johnston
Foto – Barbara Meiring

Ons stoorkamer en al die gereedskap om ons dorpie in stand te hou. Donasies van die gemeenskap vir die instandhouding van die gereedskap sal opreg waardeer word. Ons brandstofrekening is redelik hoog en benodig bietjie ondertseuning….– Robbie Schroeder.

Ons manne aan die werk.
Gugu en Julius op ‘n modeparade…


Stertjie
Om wyn op die stoep te geniet, tel as ‘n buitemuurse aktiwiteit.
DIE BRRAG SPAN