Desember sekuriteit

Dankie aan almal wat donasies geskenk het.

Ons is besig met ons gewone beplanning van addisionele sekuriteit gedurende die vakansieseisoen. Skenk asseblief ruim. Ons het omtrent R 175 000 – R 200 000 nodig. Donasies kan soos volg gemaak word:

BRRAG: Standard Bank:
Takkode: 051117
Kenton on Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xx.Straat.Naam
Stuur asseblief ‘n eposkennisgewing aan bushmansratepayers@gmail.com om die korrekte huise te identifiseer vanwaar donasies vir hierdie beskermingsplan gekom het. 

Riversbend eienaars, moedig asseblief bure aan om te help – gewoonlik word minder wagte vir ‘n korter periode gekontrakteer weens ‘n tekort aan bydraes.

Neem asseblief kennis dat die bedrag hierbo slegs vir nagwagte (18:00 – 06:00) en ‘n wag vir die sleephelling en parkeerarea deur die dag voorsiening maak. Sodra ons meer donasies kry, kan wagte bygevoeg word wat deur die dag patroller.

Daar sal merke op die straat aangebring word voor die huise wat wat donasies gegee het vir maklike identifikasie deur die wagte in Desember. As jou huis nie gemerk is nie, stuur asseblief ’n epos en ons sal daaraan aandag gee.

Benhamedies

‘n Griekse god?

Nee, ‘n plek om koeldrank, roomys en allerhande goeters te kry wat jy vir ‘n seevakansie wil koop. Die strandkiosk sal hierdie seisoen (ook buite seisoen) oop wees met ‘n verskeidenheid versnaperinge en drankies en, ja, ook goeie koffie.

Riversbend

BRRAG het einde Oktober ‘n kontrakteur aangestel en betaal om 22 vragte tuinafval te verwyder wat onwettig oral in Riversbend uitgegooi is.

Dankie aan die RB-inwoners wat lede van BRRAG is deur R350/jaar se ledegeld te betaal om bg moontlik te maak.

Ons wil graag die volgende versoek rig ….

Aan alle inwoners van RB om asseblief nie groenafval, ook bourommel, oral te stort nie ….

Aan alle verantwoordelike inwoners om sodanige aktiwiteite te rapporteer en, indien moontlik, foto’s te neem asook registrasienommers aan te teken. Dit sal ‘n bonus wees.

Daar is fasiliteite beskikbaar vir sowel tuinafval as bourommel.

Laaste maar nie die minste nie, vir inwoners wat nog nie lede is nie: sluit asseblief aan by BRRAG. Ons wil almal trots wees op ons Riversbend.

Kamerafonds

Lees asseblief die nuusbrief van die Kamerafonds

Donasies kan ook aan BRRAG gemaak word in die gewone rekening met die jou naam en “Kamera”as verwysing.

Whatsapp-groep vir lede

Ons het ‘n WhatsApp-groep vir opbetaalde lede van BRRAG gevorm. Dit is ‘n addisionele kommunikasiekanaal om kommunikasie met lede te bevorder. As jy toegang tot ons kommunikasie wil kry en met ons wil kommunikeer, stuur asseblief jou naam, van en selfoonnommer aan ons per kerende epos na bushmansratepayers@gmail.com met die woord WhatsApp-groep in die onderwerpspasie. Ons doel is om nuuswaardige sake so gou moontlik by lede uit te kry voordat ons Nuusbrief wat ook aan party nie-lede uitgaan, gestuur word. So kan ons hopelik onmiddellik op sake wat ons almal raak, reageer. Ons doelwit is om dienslewering en kommunikasie te verbeter. Voorbeelde is rapportering van straatligte wat buitewerking is met die straatnaam en paalnommer; watersake; rapportering oor infrastruktuur; herstel van kennisgewingborde; vullisverwydering; sekuriteitsake – neem asseblief kennis dat hierdie nie enige van die sekuriteitgroepe vervang nie maar slegs as kennisgewing dien.

Desember kersfeesmark

Ons Desember Kersfeesmark is terug op 23 Desember 2022.

Enige bydraes vir ons rommelverkoping / witolifanttafel sal opgelaai word as ons daarvan in kennis gestel word. Die onderstaande sal ook by die mark te koop wees maar is gratis vir opbetaalde lede.

Nog vakansienuus

Sien asseblief die nuusbrief van Sunshine Coast Toerisme.

Jaarlikse ledegeld

Ons ledegeld bly dieselfde as die afgelope paar jaar, naamlik R 350. Daarby stuur ons rekeninge uit aan huidige lede as herinnering aan die 2023-ledegeld. Ons jaareinde is November.

Tennisbane

Ons herinner net aan die EERLIKHEIDSBOKSIE teen die klubhuis se muur waar donasies vir die gebruik van die bane met dank ontvang word. Lede mag ook die fasiliteit vir privaatfunksies gebruik en so ons fondse aanvul. Een van ons lede, Pete Andrew, het gehelp met die skoonmaak van die bane. Baie dankie, Pete. Ons hoop dat die nuwe voorkoms baie plesier sal verskaf.

Maandelikse BRRAG gemeenskapsbraai

Ons begin weer met die maandelikse braai wat gewoonlik op die laaste Vrydag van die maand gehou gehou word. John Wesley en Bernard Miles het aangebied om dit te bestuur. Die BRRAG-personeel sal die plek op die Vrydagmiddag voorberei en op die Maandagoggend opruim. Inwoners wat kennis van die braai wil ontvang, sal by ‘n spesiale Whatsapp-groep inskakel en van die volgende saamkomgeleentheid in kennis gestel word. As jy by die groep wil aansluit, stuur ‘n epos met jou naam en selfoonnommer na bushmansratepayers@gmail.com met die woord BRAAI in die onderwerpspasie.

November 100-klub – trekking wenners:

  1. Eerste prys: R 525 – Gerald Schmidt.
  2. Tweede prys: R 380 – Natie Ferreira.
  3. Derde prys: R295 – Simon Cooper

Veels geluk aan die wenners!

AJV

Merk asseblief 27 Desember 2022 vir ons AJV. Ons het steeds bykomende komiteelede nodig. Tree asseblief vorentoe. Ons moedig inwoners aan om julleself beskikbaar te stel om by hierdie pro-aktiewe en hardwerkende komitee aan te sluit en met ons talle projekte te help.

Laaste woordjie

Meerminne by kwaaihoek.

Lees asseblief die oulike storie van Steuart Pennington, plaaslike inwoner. Die kleingoed sal dit baie geniet!! Kliek hier.

Ons wens almal ‘n heerlike vakansie in ons paradys toe. Geseënde Kersfees en ‘n wonderlike 2023.

Die BRRAG span

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!