


Ons drie hoofprojekte
Eerstens: Dorpsaalgebou
Die BBRAG Komitee het begin met die take om die Dorpsaal na sy vorige glorie te herstel en onderhou. Ons is dankbaar vir die oorweldigende positiewe terugvoering van inwoners en plaaslike besighede, waarvan sommige ruim borgskappe beloof het ten bate van hierdie taak. Dankie aan elkeen wat ons finansieel ondersteun het en in staat gestel het om die vervalle saal te transformeer. Finansiële hulp kan gegee word deur donasies in ons gewone rekening met straatnaam en nommer/ u naaam en die woord “saal”.
Dit is ons wens dat hierdie fasiliteit weereens vir ons gemeenskap sal dien as lokaal vir allerhande soort funksies en aktiwiteite. Ons verskaf ook Wi-Fi en die lokaal sal geskik wees vir vergaderings en konferensies. Ons het reeds ‘n eerste besending stoele en sal die saal en kantoor toerus wanneer finansies dit toelaat. Cas Vorster het ‘n klavier en snoekertafel geskenk wat ons hopelik sal kan opknap.
Tweedens: Stormskade
Die naweek van 16/17 September is gekenmerk deur rowwe seetoestande en uiters hoë getye. Daar was duidelike skade in ons omgewing. Kenton moes sy ikoniese Carriage Rock groet en daar was heelwat skade by Middle Beach.
Ons jettie is ernstig beskadig, die hout loopvlak het herstelwerk nodig en die skinderboom platform is gedeeltelik weggespoel. Een van ons bankies is op die Kenton strand gekry!

Ons het by die Munisipaliteit aansoek gedoen vir rampfinansiering en hulle doen aansoek by die regering. Wie weet of ons enigsins hulp gaan ontvang. Die gevolg is dat BRRAG begin het om kontrakteurs vir hulp te vra sodat ons die hoofareas vir die Desembervakansietyd gereed kan hê. Ons het via WhatsApp hulp gevra en ons bedank al ons inwoners en lede vir die wonderlike reaksie. Ons hoop om R 75 000 in te samel vir basiese herstelwerk. Help asseblief indien moontlik met inbetalings in ons gewone rekening met jou verwysing (straat en nommer / naam) en die woord “skade”.
Derdens: Sukuriteit
Desembersekuriteit
Ons beplan vir ons gewone addisionele sekuriteit gedurende die vakansietyd. Waarom so vroeg? Omdat ons die diensverskaffer betyds moet inlig hoeveel veiigheidswagte ons nodig het want hulle moet die wagte huur en seker maak dat hulle behoorlik opgelei is om te voldoen aan die relevante wetgewing vir veiligheidswagte. Dit kan nie oornag gebeur nie. Ons moedig lede aan om aan te hou om bydraes te gee ten bate van die Desembersekuriteitsfonds sodat ons die beplanning kan doen ooreenkomstig ons finansies teen einde Oktober 2023.
Dra asseblief ruim by. Ons het omtrent R 175 000 – R 200 000 nodig. Betaling kan soos volg geskied
BRRAG: Standard Bank
Takkode 051117
Kenton on Sea
Rekeningnommer 281116393
Verwysing: Wagte.xx.Straat.Naam.
Stuur asseblief ‘n eposbewys van betaling aan bushmansratepayers@gmail.com om ons te help om die korrekte huise te identifiseer wat bygedra het tot hierdie beskermingsprojek. Riversbend huiseienaars, moedig asseblief die bure aan om by te dra – ons moes in die verlede minder wagte kontrakteer vir korter tye weens ‘n gebrek aan bydraes.
Neem ook kennis dat die bedrag hierbo net toelaat vir wagte saans van (18:00 – 06:00) en ‘n wag gedurende die dag by die sleephelling en seeparkering. As ons meer bydraes inkry as hierbo, kan ons ook patrolerende wagte deur die dag byvoeg.
By huise wat bydra, sal identifikasie in die straat aangebring word sodat wagte dit kan sien.
Whatsapp groep vir lede
Ons het ‘n WhatsApp-groep vir opbetaalde lede van BRRAG gestig. Dit is ‘n addisionele kommunikasiekanaal om kommunikasie met lede te vergemaklik. Indien jy op die groepie is, sal al die nuus hierbo reeds by jou uitgekom het soos dit gebeur het. As jy wil aansluit, stuur asseblief jou naam, van en selnommer vir ons per kerende epos na bushmansratepayers@gmail.com met die woorde WhatsApp groep in die onderwerpspasie.

In Memoriam
Dit was met groot hartseer dat ons moes hoor van die afsterwe van Anne Nightingale.
Anne was ‘n instelling en baie geliefd deur ons almal. Ons gedagtes en gebede is by Errol.
Snippers
BRRAG “maak ‘n verskil” deur die Siya Sopkombuis te ondersteun. Hierbo besig om
“sopvaluta ” op die BRRAG treiler te laai vir herwinning.


Dagsê Voorsitters van Belastingbetalersvereniging
Hierdie is ‘n vriendelike versoek om te help deur met die lede te kommunikeer deur julle platforms, dat enige belastingbetaler wat hulle eposadres wil opdateer of die wyse waarop hulle tans Munisipalerekenings en diensrekeninge ontvang wil verander van die pos na epos, asseblief met my in aanraking moet kom. Ons ervaar probleme met die Poskantoormet pos wat laat afgelewer word of gladnie. Ons probeer dus nou opgedateerde kontakbesonderhede kry om enige vertragings wat mag voorkom met die uitstuur van belangrike kennisgewings vermy.
Alle versoeke vir kontakbesonderhede wat opgedateer moet word, kan gestuur word na my by jpienaar@ndlambe.gov.za.
Dankie vir die hulp.
Vriendelike groete
Jeanette Pienaar
STERTJIE
“Dis moeilik om voorspellings te maak, veral oor die toekoms.”
Die BRRAG-SPAN