Van die Redakteur
Welkom by ons tweede Nuusbrief vir 2019
Met ons besigste tyd van die jaar agter die rug, gaan die inwoners van Boesmans en Riversbend aan met hulle gewone daaglikse roetine en maak reg vir die winter wat kom. Die weer het goed gehou tydens die Paasnaweek maar het skielik op Paasmaandag verander en heerlke nat weer met goeie buie het die vakansiegangers getref. Dit was broodnodig hier in die Oos-Kaap. Daar was baie vakansiegangers en huiseienaars wat die heerlike sonskyn in Boesmans aan die begin van die Paasvakansie geniet het soos die vol strand en rivier van getuig het. Ons eie Boesmans Kunsmark het tot die vakansiegees bygedra en die feestelikheid het heelwat besoekers getrek. Boesmans is, en sal altyd ‘n wonderlike vakansiebestemming wees, en ons wil graag almal wat Boesmans gekies het bedank. Ons sien uit daarna om julle in die maande wat kom, weer hier te verwelkom.
Nuus uit die Voorsitterstoel
Almal in Boesmans was baie ontsteld om te hoor van die aanval op Dave Nicholl met ‘n rooftog by sy winkel op Saterdag, 27 April. Dave herstel tans in die hospital en ons wens hom ‘n spoedige herstel toe. Misdaad in ons dorpie is ongelukkig steeds ‘n probleem en ons is dankbaar vir die optrede van diegene vir die aansienlike hoeveelheid tyd en moeite wat ingesit is in die buurtwag inisiatief. Baie dankie ook vir die skenkings aan die buurtwag om van die operasionele onkostes te dek.
Op ‘n meer positiewe noot kan ons met dank en waardering berig dat die inisiatief van die Kenton Besigheidsforum en Kenton Belastingbetalersorganisasie, ‘n proaktiewe tegniese komitee, bestaande uit lede van die Besigheidsforum, KOSRA, die Munisipaliteit en die Albanie Waterraad, die probleem van watertekort in ons gebied aangespreek het. Die BRRAG Voorsitter is genooi om om by die komitee aan te sluit en dit is bemoedigend om te sien hoe daar met welwillendheid saamgewerk word om ‘n gemeenskaplike probleem te probeer oplos. Huishoudelike lekke is aangespreek en die noodsaaklike loodgieterswerk is goed onderweg en sal binnekort klaar wees. Verskeie pypleidinglekke is opgemerk en herstel en vloeimeterinstrumente word geïnstalleer om die watervloei en druk dop te hou sodat die pypnetwerk optimaal kan funksioneer en verdere lekke raakgesien kan word. Albanie Waterraad het ook die filters in die ontsoutingsaanleg vervang om die opbrengsvolume te vergroot. Wanneer die korttermyn problem aangespreek is, sal die span aanhou om in samewerking met die Munisipaliteit die toekomstige langtermyn waterverskaffingsvereistes na te kom. Die eerste fase van die langtermynoplossing sal die installasie van ‘n addisionele tru-osmoseaanlegpakket behels om die opbrengs van die bestaande Boesmansaanleg te verhoog. Hierdie intallasie behoort voor die einde van die jaar afgehandel te wees om te verseker die Kersseisoen se watervereistes kan verskaf word. Hiermee word alle inwoners daaraan herinner dat die Oos-Kaap ‘n waterskaarstegebied is en dat enige iemand wat nog nie ‘n watertenk het nie, wel een sal aanskaf.
Gemeenskapsfondsinsameling: Verslag (Portfolio – Jack Dell)
Ons fondsinsamelingsaktiwiteite was in hierdie tyd soos gewoonlik gemik op die Paasvakansie en ons Paastyd Kunsmark. Ons het dit soos verlede jaar in die Boesmans Dorpsaal gehou omdat dit vir almal die beste plek was. Met die goeie opkoms van kunstenaars en besoekers is heelwat ingesamel vir die instandhouding van Boesmans en Riversbend. Baie dankie aan al die vrywilligers wat van hierdie geleentheid ’n groot sukses gemaak het.
Ons volgende fondsinsameling is die Vadersdag Braai by die Tennisklub op Sondag, 16 Junie om 13:00. Besprekings noodsaaklik – Kontak Jack by sel 079 829 2698.
Gemeenskap: Algemene inligting
Eskom. Met die onlangse kragonderbrekings was baie mense kwesbaar omdat hulle alarmstelsels sonder krag was. Hi-Tec het ons aangeraai om by alle huiseienaars aan te bevel om hulle ondersteuningsbatterye ( “back-up batteries”) na te gaan en ook ‘n ekstra spaarbattery byderhand te hou. Die prys van ‘n battery is baie minder as die kostes van ‘n inbraak.
Mangatdeksels. Inwoners het dalk opgelet dat die gevaarlike, geroeste of beskadigde mangatdeksels in Boesmans vervang is en die dreintraliewerk oor vier diep dreininlate in Riversbend aangebring is. BRRAG het die werk, wat eintlik die Munisipaliteit se verantwoordelikheid is, teen ‘n koste van R50,000.00 gedoen. Dit het vanselfsprekend ‘n groot gat in ons begroting gemaak. Baie dankie aan almal wat so vrygewig op ons oproep vir fondse gereageer het, maar ons is steeds ver van die vereiste bedrag. As iemand dus steeds hiervoor wil bydra, sal dit opreg waardeer word. Donasies kan by die BRRAG bankrekening by Standard Bank, Kenton-on-Sea Takno.051117, Rekeningno. 281116393 inbetaal word met verwysing M/Covers en jou naam.
Kleiner diefstal het weereens plaasgevind met die steel van koperpyp. Indien moontlik, vervang koperpyp wat buite is met plastiekpype om die ongerief verbonde aan koperpypdiefstal te vermy.
Watervermorsing. Alhoewel ons die afgelope tyd goeie reën gehad het, was dit nie genoeg om huiseienaars te laat vergeet dat hier ‘n waterskaarste is nie.Die Munisipaliteit het ‘n deur-tot-deurveldtog geloods in al die residensiële dorpsgebiede en belastingbetalersorganisasies versoek om die waterbesparingsbeperkings aan hulle lede uit te dra. Onthou asb dat daar munisipale waterbeperkings is wat gehoorsaam moet word.
Honde-eienaars. Ons het verskeie klagtes oor hondepoef, onbeheerde honde wat in die dorp rondhardloop en konstante geblaf ontvang. Honde en hulle eienaars is welkom in Boesmans as die eienaars verantwoordelikheid vir hulle honde aanvaar. Dikwels moet ons, wat ook honde-eienaars is, die versoek rig dat mense dit moet optel as hulle honde in die dorp, op die strand en parkeerareas hulle ding gedoen het. Daar is geen verskoning hiervoor nie. Ons is ook hondeliefhebbers maar miskien is die volgnde aanhaling vanpas: “Ek haat mense met honde, hulle is lafaards wat nie die moed het om self mense te byt nie” (August Strindberg)
Toekomstige Gemeenskapsgeleenthede vir 2019
31 Mei 2019 Maandeinde Gemeenskapsbraai
16 Junie 2019 Vadersdag Fondsinsamelingsbraai by die Tennisklub (Besprekings noodsaaklik)
28 Junie 2019 Maandeinde Gemeenskapsbraai by die Tennisklub, plus 100-klubtrekking
26 Julie 2019 Maandeinde Gemeenskapsbraai by die Tennisklub
30 Aug 2019 Maandeinde Fondsinsameling by die Tennisklub (Sop, Sjerrie & Bingo-aand + 100-klubtrekking.(Bespreking noodsaaklik)
Humor
Met al die water- en elektrisiteitprobleme in Suid-Afrika loop ek onlangs die volgende stukkie op sosiale media raak:
“Jong aantreklike dame soek man; moet sy eie boorgat en kragopwekker hê”. (Suid-Afrika)
Moenie die lig aan die einde van die tonnel soek nie ….. Eskom was eerste daar.(Redakteur)
Het jy geweet dat Eskom 20 klankbaan musiek-CD’s weggee aan elke verbruiker omdat hulle so vol begrip en geduldig is met die onlangse aanhoudende kragonderbrekings (Redaksionele Vals Nuus)
Klankbane sluit in: 1. Daughter of Darkness (Tom Jones) 2, Candle in the wind (Elton John) 3. Dancing in the dark (Bruce Springsteen) 4. We’ve got the power (Third World) 5. Moonlight Serenade (Glen Miller) 6. All our dark tomorrows (Cockburn) 7. Blinded by the light (Manfred Mann) 8. Ray of light (Madonna) 9. You left me in the dark (Elvis Costello) 10. Coming out of the dark (Gloria Estefan) 11. Black is Black (Belle Epoque) 12. Keep it dark (Genesis) 13. Fear of the dark (Iron Maiden) 14. When the lights go out (Five) 15. Darkness is falling (Boney M) 16. Romance in the dark (Cindi Lauper) 17. Turn the lights out when you leave (Elton John) 18. Darkness on the edge of town (Bruce Springsteen) 19. Throughout the dark months of April and May (Cocteau Twins. 20. Moonlight becomes you (Frank Sinatra)
Die laaste woord
Met die verkiesing as hoofopskrifte die afgelope ruk, kan ons ‘n paar politieke juweeltjies geniet.
“Ek het opdrag gegee om op enige tydstip wakkergemaak te word vir nasionale krisisse, selfs as ek in ‘n kabinetsitting is.” (Ronald Reagan VSA President)
Die probleem met politieke grappe is dat hulle verkies word. (Henry Cate)
Takt is die vermoë om vir iemand te sê ‘gaan bars’ op so manier dat hy uitsien na die reis. (Winston Churchill)
Lady Astor: “Winston, as ek jou vrou was, het ek gif in jou koffie gegooi .” Winston Churchill: “Nancy, as ek jou man was, het ek dit gedrink.” (VK Parlement)
I hoop regtig dat jy nie hierdie brief by kerslig lees nie.