Hernuwing van lidmaatskap
Hernu asseblief jou lidmaatskap indien dit nog nie gedoen is nie. Al die ledegeld word vir instandhouding van die dorp gebruik. Betalingsverwysing: Naam.xxstraat.Ledegeld. Neem asb kennis dat alle geld wat ons nie kon identifiseer nie, aan instandhouding bestee word.
As jy ‘n spesifieke projek wil ondersteun, noem dit asseblief as die geld oorbetaal word. Kyk na ons betalingsverwysings op die webwerf.
Nagwagdiens
Ons herinner jou net aan die baie effektiewe en bruikbare Nagwag Sekuriteitsgroep wat onvermoeid die SAPD, wat ‘n personeeltekort het, bystaan om die dorpsgebied veilig te hou. Die afgelope twee weke het hulle ‘n groot taak gehad om te help met die beperking van toenemende misdaad en inbrake. Lede kan ook help: sluit aan by HiTec. So word jou plek beskerm deur die alarm wat afgaan voordat groot skade aangerig kan word en jou besittings weggedra word omdat niks die inbrekers steur nie.
Tweedens het die nagwagspan deurlopende onkostes, veral tov brandstof. Hou asseblief aan om hulle te ondersteun in ons spesiale fonds met verwysing: naam.xxxstraat.NW.
Hulp aan minderbevoorregte mense in Klipfontein en Marselle.
‘n Paar groepe is betrokke by die insameling van en verspreiding van kospakkies vir mense in nood, veral as gevolg van die Covid-19 pandemie. Lede van BRRAG se komitee het het ook reeds bygedra tot hierdie behoefte in ons gemeenskap. Die oproep om te help is deur BRRAG aan alle bekende groepe deurgestuur.
“Neem asb kennis dat BRRAG nie genooi of gekontak is deur enige iemand om by ‘n voedselverspreidingsinisiatief betrokke te raak en nie en het geen vooraf kennis daarvan gehad voor die epos wat Sheila op 2 April ontvang het nie, behalwe die oproep gister na ‘n komiteelid van Mark Moses.
Ons het lede gewerf wat moontlik die kapasiteit en vermoë het om so projek te hanteer, nl kosinsameling en verspreiding en enige ander projek ten bate van minderbevoorregte persone, veral daardie persone wat deur die Covid-19 virus geraak word om ons te kontak sodat ‘n pad vorentoe bespreek kan word.
Ongelukkig het ons geen positiewe reaksies van ons lede ontvang nie.
Ons prys diegene wat soveel vir die plaaslike gemeenskap doen. BRRAG het ongelukkig nie die bronne of mannekrag om by die projek betrokke te raak nie.”
As enige lid nietemin tot die lofwaardige projek wil bydra, doen dit deur ‘n bedrag in BRRAG se rekening in te betaal sodat ons dit aan die groepe wat in Klipfontein en Marselle werk, kan stuur. Betalingsverwysing: naam.xxx.straat.voedsel.
Rekening: BRRAG
Bank: Standard Bank
Takkode: 051117 Kenton on Sea, 6190
Rekening nommer: 281116393
Verwysing: name.xxx.Straat.Voedsel
Baie dankie and diegene wat reeds bydraes gestuur het aan die BushBokRiverRock Span. Elke beitjie help in hierdie benarde situasie. Bedrae wat aan BRRAG betaal word sal aan die Span oorbetaal word.
Daars’s ‘n hele spul brakke in …(met apologie aan Al Debbo)
Hallo Lotter, die stukkie in die Maart nuusbrief (tel op jou hond se besigheid, asseblief) het my oog gevang. Daar is ‘n ander werklike probleem met honde-eienaars in die dorp waar mense nie hulle honde aan ‘n leiband het buite hulle erf nie. Dit blyk die sogenaamde plaaslike of permanente inwoners te wees wat skuldig is, hulle dink blykbaar hulle besit die plek. Ons laat ook ons honde los op die strand waar daar nie mense naby is nie, maar sit die leiband dadelik aan as daar mense aankom. Die selfingenome plaaslikes doen dit nie en as ons met hulle daaroor praat, is dit altyd dieselfde storie,”My hond is nie kwaai nie”, of “My hond baklei nie”, en so voorts. Dit is geen verskoning nie. Ons het ‘n groot boerboel/rifrugkruis wat gewoonlik nie aggressief is nie, maar hy is baie sterk en as hierdie klein hondjies wat los rondloop in sy gesig begin blaf, word hy kwaad, en eendag sal ons hom nie meer kan vashou nie dan is daar groot probleme. Dis ook nie net hierdie skoothondjies wat los rondloop nie, daar is ook groot honde wat op en af in die straat loop. My broer langsaan het presies dieselfde probleem met sy boelterrier wanneer hy met hom gaan stap. Miskien kan jy iets hieroor in die volgende uitgawe van die nuusbrief plaas?
Besorgde lid.
Stertjie
“Ek het instruksies gegee dat ek enigetyd wakkergemaak kan word ‘n vir nasionale noodgeval, selfs as ek in ‘n kabinetsvergadering is.” (Ronald Reagan VSA President)
“Soms is jou enigste beskikbare vervoermiddel ‘n geloofsprong.”