Welkom by Boesmansriviermond
Dit is wat jy sien wanneer jy die ou dorpie inry. En die verwelkoming is vir almal wat tydens die vakansieseisoen in ons paradys langs die rivier sal wees. Die kennisgewingbord is destyds deur munisipale beamptes afgehaal toe daar pogings was om die dorpie se naam te verander.
Maar, te danke aan die werk van sommige groepe en individue, is die naam behou en Boesmansriviermond is nou die geregistreerde amptelike naam. Dankie aan Corrie Swanepoel wat die bord opgespoor het en dit by die ingang opgesit het, waarlik profetiese optrede.
Mag dit ‘n heerlike vakansieseisoen en vreugdevolle geseënde Kersfees wees vir ons Christenlede en goeie wense vir Hanukkah vir ons Joodse gemeenskap.

Sekuriteitswagte vir die kersfeesvakansieseisoen

DIS NIE TE LAAT NIE ———-BRRAG rig ‘n ernstige versoek aan alle inwoners, huiseienaars en voornemende huurders om asseblief by te dra vir hierdie verdienstelike projek. Plaas die donasies in die volgende rekening asseblief:
BRRAG Standard Bank
Takkode: 051117
Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xxStraat/Van. Stel ons asb per epos in kennis met jou besonderhede aan bushmansratepayers@gmail.com sodat ons die korrekte huise kan identifiseer wat bygedra het vir hierdie baie belangrike inisiatief.
By die huise wat bygedra het, sal daar tekens in die straat aangebring word vir maklike identifikasie deur die wagte. Laat weet asseblief as u bygedra het en daar nie tekens nie.
Daar sal net twee wagte wees gedurende die dag (by die sleephelling en seeparkeerarea) en ‘n paar wat snags rondloop maar geen wag by die seeparkeerarea na 18:00 nie.
Die wagte het ‘n vasgestelde roetine en inkloktyd by spesifieke punte en word deur HiTech gemonitor. Laat weet ons asseblief indien daar abnormale optredes is sodat korrektiewe stappe geneem kan word. Gebruik ons gewone epos of skakel Lötter by 0825524714. ‘n Vriendelike gebaar, groet en erkenning van goeie werk kan berge versit om goeie diens te verbeter.
Ledegeld
Toegang na die see
Links kan ons sien wat met toegang tot die seestrand gebeur het.!! Ons hoop om die pad teen Desember skoon te kry, maar as dit nie moontlik is nie, gebruik asseblief die seeparkeerarea soos regs aangedui word net anderkant die Amatola Wateraanleg. Daar sal ‘n wag wees van 06:00 tot 18:00 van omtrent middel-Desember tot einde van die eerste week in Januarie in die parkeerarea. ‘n Kamera is ook in daardie gebied geïnstalleer.


Tennisbaan
Ons het ‘n spesifiek gemerkte tennisbaanfonds en versoek dat spelers donasies in die eerlikheidsboksie by die klubhuis plaas. Die nette is herstel en lyne is geverf. Elektroniese donasies met verwysing “tennis” is ook welkom – kyk op ons webwerf onder Bankbesonderhede vir verwysings. Die onderhoudskoste en huur aan Ndlambe word gedeeltelik hiermee gedek. Dankie aan Patrick Miller wat toesig gehou het oor die verf van die lyne.

Air B&B
Ons het by geleentheid die afgelope jaar ‘n duidelike invloed op die karakter en gees van ons dorpie opgemerk. Sommige huiseienaars verhuur hulle huise op ‘n Air B&B of soortgelyke basis. Daar was ‘n paar uiters onaangename ervarings waar ‘n hele aantal mense ‘n huis bewoon en ‘n groot steurnis veroorsaak. Maak asseblief seker wanneer jy jou huis verhuur dat dit nie oorvol is nie en dat om halfnaak by die sleephelling af te loop nie geduld sal word nie en dat bierbottels in die vullisdrom hoort. Bure het die volste reg om bystand van die polisie te versoek as laatnag partytjies steurend is. Sodanige gedrag kan ook tot konfrontasie met ander vakansiegangers lei wat voorkom kan word as verhuurders die regte stappe neem om te verseker dat hulle huise nie oorvol is nie en voorwaardes vir gebruik soos uitgereik deur Air B&B se webruimte – Airbnb.co.za – , in plek is.
Huiseienaars moet kennis neem van en hulle onderwerp aan die Ndlambe Munisipale Regulasie soos hieronder:
Geen persoon mag – enige bedryf, besigheid, professie of stokperdjie beoefen wat ‘n bron van ongemak of steurnis vir ander mense is, of op enige tydstip die publieke vrede versteur deur onnodige lawaai te maak, ‘n oorlas te wees deur in enige straat of publieke area rond te drentel nie.
In gevalle wat strydig is met artikel (1)(a) tot (l) mag die Munisipaliteit die nodige stappe neem om die oorsaak of bron van die steurnis te verwyder en enige kostes hieraan verbonde mag van die verantwoordelike persoon verhaal word of van die eienaar of besetter van die perseel ongeag of sodanige eienaar of besetter daarvoor verantwoordelik is.
Enige persoon wat strydig optree met of nie ooreenkomstig enige voorwaardes van hierdie artikel of wettige kennisgewings handel nie, is skuldig aan oortreding.
Elke inwoner is daarop geregtig om publieke steurnisse by die Munisipaliteit aan te meld.
Kamerafonds
Komiteelede
Water
Ons verwag ‘n watertekort gedurende die Desembervakansie.
Die plaaslike Sakekamer het die inisiatief geneem om soveel moontlik varswatertenks in ons dorpie te installeer. Buco bied vyfduisendlitertenks aan teen R3999 insluitende btw , en tienduisendlitertenks teen R10650 insluitend btw. As jy kan, oes soveel reënwater as moontlik.
Augustus 100-Klub
Die Oktober 100- klubwenners was:
1ste prys – Jean Pierre du Toit R 450
2de prys – Jean Chalmers R 330
3rde prys – Helen Somers R 270
Veels geluk aan die wenners. As jy nog nie deelgeneem het nie, sluit asseblief by hierdie pretklub aan.
Jaarvergadering
Die Jaarvergadering sal by die tennisbane gehou word. Bring jou eie stoel of kombers sowel as ‘n masker.
27 DESEMBER 2021 om 09:00.
Ons stuur ook ‘n hoed om vir ‘n insameling van Kersfeesdonasies vir ons twee personeellede, Gugulethu and Julius.
Baie dankie.
Sluit by my aan om baie dankie te sê aan Frank Ferreira, wat ‘n Kudusnyer aan BRRAG geskenk het om ons take uit te voer. Baie dankie, Frank. Ons hoop dat ons die dorp en Corrie se strand nog lank in ‘n vleklose toestand te hou.