Baie dankie aan al die wonderlike eienaars, inwoners en vakansiegangers wat gehoor gegee het aan ons oproep om finasieel by te dra tot die sekuriteitsprojek. Elke donasie, hoe groot of klein ookal, is geallokeer aan beskermde fondse vir die Desember sekuriteitsprojek. Ons weet dat die ekonomie maar knyp.
MOET ASSEBLIEF NIE DIE BYDRAES STAAK NIE.
Ons was in staat om te vra vir kwotasies en ‘n diens te onderhandel wat ons hele gemeenskap sal bevoordeel. Die huise van diegene wat bygedra het sal met verf in die straat gemerk word vir maklike identifikasie deur die wagte. Ons finaliseer tans die omvang van die diens na aanleiding van die beskikbare fondse en hoop dat ons almal ‘n veilige en probleemvrye Kersfeesvakansie sal beleef. Die wagte sal vanaf 12 Desember to 6 Januarie in Boesmans wees en vanaf 20 Desember snags in Riversbend. Nieteenstaande die diens, wees asssebleif te alle tye op u hoede en en hou waardevolle items weg van oop vensters en hou maar deure gesluit.
Indien u probleme met die wagte ervaar kan u met my skakel (gedurende redelike tye asb, ek hou ook vakansie!!) sodat ons probleme kan aanspreek. Skakel liefs die HiTec-sentrum aangesien die wagte onder hulle direkte beheer val. HiTec 046 6481032.
Ons wens u ‘n veilge en gelukkige vakanie toe. Sien u by die AJV – sien webtuiste
Lӧtter Wepener
(Voorsitter: BRRAG Uitvoerende Komitee)
en die BRRAG-span – ons maak die verskil.
0825524714