SEKURITEIT
Die 2020 / 2021 Feesseisoen het gekom en gegaan. Ons is jammer dat soveel lede moes wegbly maar ons hoop dat die inenting hierdie jaar dinge sal verander.
Eerstens, ‘n groot, groot dankie aan almal vir die ruim bydraes ten bate van die Desember sekuriteitswaginisiatief, selfs deur sommige lede wat nie eers by Boesmans was nie. Dit was wel die moeite werd, soos HiTec rapporteer het: “ … nog ‘n bykans misdaadvrye seisoen, in vergelyking met ander kusdorpe in die Oos-Kaap. Ons toegevoegde fisiese wagte en voetpatrollies het weereens bewys ‘n effektiewe afskrikmiddel te wees”.
Tweedens, ons sal volhou met ondersteuning vir alle sekuriteitsaspekte en pogings. Kyk asseblief na die artikel oor ons kamerafonds in ons November nuusbrief wat op ons webwerf – Google BRRAG – beskikbaar is.
Derdens, ons is dank aan die Nagwagspan verskuldig vir hulle toewyding en deur die jaar en diens aan ons gemeenskappe. Weereens verwys ons na die artikel in die Novemberuitgawe van die Nuusbrief.
GELD BEWERK WONDERS
Ons eerste virtuele Jaarvergadering is agter die rug maar ons het baie van ons getroue lede gemis wat nie by ons aangesluit het met Zoom nie. Ons hoop om terug na normaal te wees in 2021. Lees asseblief die Voorsittersverslag op ons webwerf en let op dat ons nog steeds bydraes nodig het vir die werknemers se Kersfeesbonus. Betalingverwysing is GUGU.xxStraat.Naam.
Ons hoofbron van inkomste is ons ledegeld. Daar is slegs ‘n paar hernuwings ontvang. Hernu asseblief lidmaatskap sodat die gewone werk kan voortgaan. Asseblief! Betaal jou ledegeld van R350 vir 2021. Ons belowe om dit met sorg aan te wend.
KOMITEE
Ons is dringend op soek na nuwe komiteelede. Aangesien dit nie ten volle by die AJV gerealiseer het nie, nooi ons belangstellendes om met ons in aanraking te kom vir ko-opsie op die komitee. Lӧtter het aangebied om aan te bly as interim voorsitter, Jack as interim tesourier en Sheila as interim lid totdat nuwe komiteelede aangewys is. Stel jouself asseblief beskikbaar!! Epos bushmansratepayers@gmail.com. Ons komitee het gekrimp van 12 lede na net 6 lede oor die afgelope 2 jaar. Ons is nou : Lötter Wepener (interim voorsitter), Jack Dell (interim tesourier), Jacques de Wit, Dalien Pachonick, Ferenc Toth and Sarel Marais.
Die oorblywende lede het BRRAG vir so lank as wat hulle kon aan die gang gehou maar nou moet ander na vore kom of ons kan die ondergang van die belastingbetalersvereniging in sowel Boesmans as Riversbend sien.
Ons moes lede afstaan aan die dood, siekte en nou verloor ons vier lankdienende komiteelede wat uittree.
As jy kan organiseer, of interaktiewe vaardighede het, of as jy voel dat jy deel kan wees van iets wat die moeite werd is, nomineer jouself dan vir die komitee want daar is verskeie portfolios wat gevul moet word.
Alles wat jy moet weet, is beskikbaar, en lede wat uittree sal help met die oorgang na ‘n nuwe komitee indien nodig. Dit is in almal – huiseienaars, inwoners, vakansiehuiseienaars – se belang om die belastingbetalersorganisasie funksioneel te hou en om ons omgewing, ons lewenswyse te behou soos dit is, asook om ons eiendomswaardes te beskerm.
The belastingbetalers se leuse is:
“Ons maak die verskil”.
So, wil jy die verskil kom maak en Boesmans se belastingbetalers se komiteelid word? Om meer uit te vind, stuur vir ons ‘n epos.
Welkom aan Jacques de Wit en Sarel Marais, wat by die komitee aangesluit het. Ons hoop dat julle drome en doelwitte sal realiseer terwyl julle ons gemeenskap dien.
Baie dankie vir al die aanbiedinge om te help – elke klein stukkie help om ons dorpie in ‘n puik toestand te hou.
Ongelukkig, weens ‘n gebrek aan komiteelede, kom ons jaarlikse Paas en Kersfees Kunsmarkte en ander fondsinsamelings tot ‘n einde – en so ook addisionele inkomste vir BRRAG
BRRAG aan die werk!!!
Red ‘n muur
Herstelwerk
Die drie “masketiers” wat die reling en banke by die uitkykpunt in Ocean Rylaan herstel: Gugulethu, Jack en Mike. Dankie, ouens.
PROJEKTE
Ons noem ‘n paar sake wat aandag nodig het.
Die skansmuur by die Mouton loopvlak is in ‘n gevaarlike toestand; die verwydering van groen afval bestaan nie in ons dorp nie; ons het die installasie van bykomende vullisdromme nodig (die dromme is reeds aangekoop maar moet geïnstalleer word); slaggate en padherstelwerk …; mangatdeksels word benodig; ons brandbluswa, gedeeltelik deur BRRAG besit, het vervalle geraak en daar is geen brandweertoerusting in ons gebied nie; stoorplek vir ons toerusting het aandag nodig; die Amatola Water area en aangrensende SANPARKE areas het aandag nodig; onwettige en lelike kennisgewings oral; Boesmans / Riversbend se gevaarlike kruising; tennisbaan benodig nuwe oppervlak; heinig by Riversbend om vee uit te hou , en nog baie meer.
ESTUARY CARE
Ons moedig almal aan om Estuary Care se webwerf te besoek en die organisasie te ondersteun Hulle doen werklik goeie werk in ons gebied. Die skakel vir die webwerf kan op ons webwerf gekry word. Kyk hier http://estuarycare.co.za/
KOSRA
Ons het die geleentheid gehad om nou met die KOSRA span saam te werk en gemeenskaplike belange het oor Desember aandag geniet. Dit het verskeie vergaderings met Ndlambe beamptes en die SAPD stasiebevelvoerder, Sakekamer, en ander behels. Ons hoop dat die werksverhouding insake gemeenskaplike belange sal voortgaan. http://kentonratepayers.co.za/
HONDJIES EN VIERTREKFIETSE
Ons ontvang baie klagtes dat honde-eienaars nie hulle honde onder beheer het nie en sonder leibande laat loop in publieke areas waar dit besoedel word deur die honde. Wees asseblief gewaarsku dat daar lede is wat Ndlambe genader het om te verseker dat ‘n toegewyde wetstoepasser aangestel word om met oortreders te handel.
Terwyl ons op hierdie onderwerp is – die munisipale wetstoepasser is ook gevra om na onwettige kennisgewings en minderjarige bestuurders op ongelisensieerde viertrekfietse en ander ongelisensieerde voertuie op ons openbare paaie te kyk. Kinders wat heelmiddag viertrekfietse heen en weer voor jou huis ry, kan hinderlik en steurend wees…..
Ons neem aan dat ons niemand uit die gemeenskap kan kwalik neem as oortredings gerapporteer word en hulp van die owerheid gevra word nie. BRRAG stel egter voor dat ons almal die reëls nakom en dit vir almal aangenaam maak. Beheer die honde en los die viertrekfietse op plekke waar hulle gery mag word en dan is alles in die haak.
VERWYDERING VAN GROEN AFVAL
Ons is steeds besig met onderhandelings met die Munisipaliteit vir behoorlike diens in die gebied.
Ons het ook die volgende brief ontvang:
“I am willing to offer the community this service of removing their refuse to the tip at a small weekly fee (dependent on number of people interested).
Please could you mention this in the next letter to determine the interest.
They could contact me directly on 083 654 7759 – Shane”
VLOEDPLAN
Die plan om vloedwater in die dorp te beheer is op die webwerf beskikbaar. Omdat die plan oor ‘n tydperk in werking gestel word, het die Munisipaliteit onderneem om die dorp se vloedwater dreineringstelsel te bagger as ‘n korttermyn maatreël. Dit het in Januarie begin en behoort teen hierdie tyd afgehandel te wees. As gevolg van die ekstra behuising in Marselle glo ons dat die afloop in die vlei en die oplossing van die probleem dringende aandag verg.
SLOTGEDAGTES (Vry vertaal)
“Ek dink ons stem saam. Die verlede is verby.”
George W Bush
“Ek het opdrag gegee om enige tyd wakkergemaak te word met ‘n nasionale noodgeval, selfs as ek in ‘n kabinetsvergadering is.” (Ronald Reagan)
“Die slegte nuus is, niks hou vir altyd nie,
Die goeie nuus is, niks hou vir altyd nie.”
Dit laat mens dink: (VSA, natuurlik!!)
Minstens 12 persent volwassenes glo Joan of Arc was Noag se vrou.
In ‘n opname van hoërskoolseniors dink meer as 50 persent dat Sodom en Gomorra man en vrou was.
“Niks in die lewe moet gevrees word nie, net verstaan word. Nou is die tyd om meer te verstaan sodat ons minder kan vrees.” Marie Curie
“Die geheim van verandering is om al jou energie te fokus nie op die afbreek van die oue nie, maar die opbou van die nuwe.”
Socrates
Op die ou end is die grootste les wat Covid-19 ons kan leer, dat ons almal saam in die ding is.