Van die Redaksie
Welkom by ons derde Nuusbrief vir 2019

Met die harwar van die Verkiesing en Eskomduisternis agter ons (so hoop ons), was dit tyd om weer ons ou roetines te hervat en ons lewe op Boesmans te geniet. So, vandag het ek saam met my vrou op die strand geloop, met die son wat skyn in ‘n warm maar sagte briesie, terwyl die see kalm was met ‘n aangename temperatuur vir kinders om in die branders te baljaar terwyl hulle ouers tevrede toekyk. Ons het vakansiegangers sowel as permante inwoners (meer bekend as ‘locals’) raakgeloop, almal glimlaggend en gelukkig om buite te wees. Toe eers het vriende laat blyk dat dit eintlik in die middle van die winter was. “Rêrig?” was my antwoord.

Ai! Die vreugde om in hierdie pragtige plek te bly, verstom my elke dag.

Desperate versoek

Beste BRRAG lede

Ons het die afgelope paar maande meer as R50 000 bestee aan die vervanging van geroeste en gevaarlike mangatdeksels in Boesmans en Riversbend. Daar is nog ‘n paar wat ter wille van die veiligheid van alle inwoners en vakansiegangers moet aandag kry.

As gevolg van hierdie uitgawe waarvoor nie begroot is nie moet ons algemene instandhouding van die dorpie inkort – wat jammer is. Tweedens, omdat ons fondse laer as gewoonlik is, ly die regmaak van slaggate en die verf van padtekens (spoedbeheerbulte) daaronder.

Steek asseblief u hand in die sak en help ons om die projekte te voltooi. Enige inkomste sal uitstluilik vir die projek aangewend word waarvoor u ons ondersteun. Donasies kan soos gewoonlik in ons gewone bankrekening inbetaal word:

  • Bank: Standard Bank
  • Takkode: 051117 Kenton-on-Sea
  • Rekeningno: 281116393
  • Betalingsverwysing: jou van/straat

Baie dankie vir die vriendelike bystand wat vir ‘n goeie doel aangewend word. Dit word opreg waardeer.

Kyk asseblief op ons webwerf na al ons projekte.

Vriendelike groete
Lӧtter Wepener
Voorsitter

Gemeenskap Fondsinsamelingverslag

Ons Vadersdagfondsinsameling het besonder goed afgeloop en die weer was perfek. Noodsaaklike fondse vir die gemeenskap is ingevorder en ons bedank almal wat dit bygewoon het en kos bygedra het om die dag ‘n sukses te maak. Ons koester julle lojale ondersteuning en aan enige een wat nog nie ons fondsinsameling braaigeleenthede bygewoon het nie kan ek net sê: kom en geniet dit en wees deel daarvan. Julle is baie welkom.

Seisoenale Sekuriteitverslag

Portfolio – Ference Toth

Algemene misdaad was laag oor die afgelope maande met slegs een ernstige geval in Boesmansriviermond wat aangemeld is. Kommunikasie met Hi-Tec en SAPD was ook baie goed.

Gemeenskap : Algemene inligting 

Gerald Schmidt het vroeër in die jaar uit die komitee getree om met aktiwiteite aan te gaan wat hom nie toelaat om as ons tesourier voort te gaan nie. Ons is dankbaar vir die voorreg om sy diens as kundige in die veld te kon gehad het om na ons finansies om te sien. Gerald het etlike jare lank die voortreflike werk gedoen, en gelukkig sal ons hom nog by funksies sien. Aan hom en Theresa wens ons ‘n goeie “aftree”-tyd in Boesmans toe.

Dankie ook aan John Wesley en Mike White vir die tyd en werk wat die afgelope jare aan BRRAG gespandeer is. Ons hoop dat julle tog in die toekoms weer sal hand bysit.

Veranderings aan die Komitee

BRRAG se uitvoerende komitee het ‘n paar struikelblokke gehad maar sedert einde Mei is dinge weer op dreef. Met die vakatures op die komitee weens bedankings is daar nou geleentheid om jouself beskikbaar te stel vir diens as jy die tyd het om te help om die belangrike werk van instandhouding van die dorpie te doen.So kan ons dorp in die goeie toestand gehou word wat dit tans is.

Die komitee het vir Lötter Wepener as Voorsitter gekies en Sheila Swanepoel bly Vise-voorsitter. ‘n Boekhouer is aangestel om die boekhouding te doen en ander take van Gerald is tussen die ander komiteelede versprei. Ons het ook aanbiedinge van hulp by BRRAG-markte en vir verwydering van tuinafval nodig. Ons vra pannekoekbakkers en mense wat kan help om die treiler te sleep vir die verwydering van tuinafval om nader te staan asseblief. Al is jy nie ‘n komiteelid nie, waardeer ons enige hulp met ander take.

Ons wil steeds lojaal bly aan ons leuse: Saam maak ons ‘n verskil.

Vasmeer van bote in die Boesmansmonding – wees gewaarsku!!

Vasmeer van bote in die Boesmansmonding – wees gewaarsku!!Willem Nel, die Ndlambe Gemeenskapsbeskermingsdiens se Polisiebeampte, adviseer ons:

  1. Die hernuwingstyd vir ‘n boeilisensie is dieselfde as vir bootlisensies, 1 Julie en verval 30 Junie die volgende jaar. Hierdie tydperk van twaalf maande stem ooreen met die Munisipale finansiële jaar.
  2. Sy spesifieke versoek is dat ons elke betrokke party vra om seker te maak dat sy boei duidelik gemerk is met permanente merkstof vir maklike identifikasie deur die owerheid.
  3. Verder het hy uitgewys dat selfs as ‘n boeilisensie aangekoop is maar die boei ongemerk is en die eienaar nie geïdentifiseer kan word nie, dit verwyder sal word.
  4. Die saak is uit ons hande en alle navrae moet gerig word aan die Polisiebeampte wat ook die Munisipale Omgewingsskakeloffisier, mnr Willem Nel is met kontakbesonderhede wnel@ndlambe.gov.za, 046 604 5500 of 082 388 4600.

Strandparkeerterrein Junie 2019

So lyk ons strandparkeerterrein in Junie 2019 – duidelik nouer elke week wat verbygaan

Toekomstige Gemeenskapsgeleenthede vir Julie –September 2019

  • 26 Julie Maandeinde gemeenskapbraai by die Tennisklub
  • 26 Julie Maandeinde gemeenskapbraai by die Tennisklub
  • 30 Aug Maandeinde gemeenskapbraai, fondsinsameling, sop, sjerrie en bingo-aand
  • 27 Sep Maandeinde gemeenskapbraai by die Tennisklub

Grappie

Met die Krieket Wêreldbeker nog vars by ons het ek gedink die volgende Minder bekende feite sal vir krieketentoesiaste van belang wees:

  • Die eerste testikelskerm is in 1874 gebruik
  • En die eerste kopskerm is in 1974 gebruik.

Dit het 100 jaar geneem om te besef die brein is ook belangrik!

 

Die laaste woord

“Bring vir my koeëlvaste onderhemp” — James W. Rodgers, veroordeelde moordenaar (toe hy gevra is of hy ‘n laaste versoek he t voor hy deur ‘n vuurpeloton geskiet sou word).

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!