Van die Redakteur

Baie jare gelede in die 1950’s was daar ‘n Wetenskapsfiksie-rolprent “The Day The Earth Stood Still” en die rede waarom ek die spesifieke rolprent onthou, was omdat dit onheilspellend ooreenkom met die effek wat Covid- 19 die afgelope paar maande op ons almal gehad het. Die een oomblik was ons besig om na die Paastyd en familiebyeenkomste en vriende se aankoms vir die Paasvakansie uit te sien en toe, eensklaps, is ons almal se gewone lewensgang tot ‘n halt geroep.

Dit was vir ons almal ‘n moeilike tyd, vir sommiges meer as vir ander, maar dit het ook in baie van ons die beste na vore gebring en wanneer dinge taai raak, raak die taai ouens sterk. Dit was werklik so en binne ‘n kort tydjie het ons gesien wat gedoen kan word deur plaaslike gemotiveerde mense wanneer ander in minder gunstige omstandighede se nood deur die Covid-19-pandemie duidelik geword het en die noodsaaklikheid om kospakkies aan ons plaaslike stasies te voorsien die hoogste prioriteit geword het.

Baie mense en plaaslike besighede was betrokke; nie net deur fondse in te samel nie, maar met logistiese organisasie en die verspreiding van kospakkies wat oor ‘n tydperk van baie weke tot laat in die aand veilig en georganiseerd afgelewer is. Te veel mense was betrokke om individueel genoem te word, maar kollektief verdien hulle ‘n groot dankie vir die tyd wat opgeoffer is vir diens aan ons plaaslike gemeenskappe.

Daarmee kan egter nie gesê word dat ons hoegenaamd naby aan terug is na normaal in Boesmans nie, alhoewel ons instandhouding van die dorp hervat het noudat dit toegelaat word en die dorpie lyk reeds beter.

Die normale lewensgang sal hopelik na Boesmans toe terugkeer in die nabye toekoms wanneer ons weereens saam met ons vriende en families bymekaar sal kom en mekaar se geselskap met ‘n braai en skemerkelkies sal geniet.

Bly veilig en gesond

‘n Nota van Ference

Teen hierdie tyd het julle daar in die rooklug seker ernstige kajuitkoors en kan nie wag om weer hier te wees nie. Ek hoop julle is almal nog gesond in liggaam en gees met alles wat nou aan die gang is.

 

Die infeksiekoers gallop nou vining. Ook ons gebied gaan binnekort onvermydelik geaffekteer word, maar is tans nog onder beheer. Humansdorp se hospitaal is nou weens personeelinfeksies gesluit. Die hele area van Humansdorp, Patensie, Hankey, Jeffries, Kaap St Francis en Gamtoosvallei word ernstig bedreig deur Covid-19. Die gevalle in Port Alfred en Alexandria styg daagliks. Op hierdie stadium nie veel in ons onmiddellike omgewing nie. Kaptein Tommie Parkinson het bevestig dat die grootste probleem die bywoning van begrafnisse is waar die virus versprei word. Ook help die koue weer nie om die virus te keer nie. Die virus gaan ongelukkig minstens nog drie tot vier maande lank hier wees, net op die weer gebaseer.

Die polisiëringsforum werk dag en nag om mense in plek te hou en weg te hou van persone met COVID-19. Ons moet hierop voorbereid wees.

Kan ek asseblief weer ‘n versoek rig om te help met die befondsing van ons Nagwagspan ten bate van voorbereiding hiervoor asook ander sekuriteitsverwante toerusting wat ‘n deurlopende proses is. Ons moet ook maskers en soortgelyke veiligheidstoerusting teen Covid-19 vir die sekuriteitspanne aankoop. Betaal in by die gewone BRRAG-rekening (sien die webruimte) met die verwysing: NW.Straat.Adres.Van

Op sekuriteitsfront het ons oor die afgelope 2 maande ‘n paar ernstige insidente in ons area gehad. Ons span was by ‘n paar arrestasies betrokke met positiewe uitkomste wat baie bevredigend is en opmaak vir die baie en lang ure se ontplooing soms met geen suksesse nie. Ons misdaadsyfer daal ongelukkig net tot die buitewyke tot die industriële gebied. Planne vir die toekoms is gemaak en ons Nagwagspan bestaan nou uit 27 lede op volle sterkte vir Boesmans en Riversbend.

Van die Riversbend-span

Wat ‘n dramatiese globale verandering sedert ons vorige nuusbrief. Covid-19 het almal op moederaarde se lewens verander. Ten spyte van al die sleg was en is daar die besondere goed wat daaruit spruit.

Die kospakkieprojek van BBRR (BushBokRiverRock) was ‘n absoluut dawerende sukses met die finansiële ondersteuning van oraloor, die harde fisiese werk en ook die administrasie in samewerking met Spar in Kenton-on-Sea. Daarom, aan almal betrokke ‘n groot applous en baie dankie!

Met die grendeltyd wat tot vlak 3 beweeg het, het die munisipaliteit, veral die plaaslike department van infrastruktuur, met baie moeite, stadig begin funksioneer; ongelukkig met nie veel sukses nie. Nie die sypaadjies of die afhandeling van onderhoud op sekere paaie is gedoen nie. Deurlopende kommunikasie is ongelukkig nie baie suksesvol nie.

Dankie aan die inwoners wat hulle ledegeld van R350 vir die jaar betaal het. Daarmee die volgende: nuwe straattekens is in die proses om vervang te word waar nodig en mag selfs voltooi wees teen die tyd wat hierdie brief gelees word. Indien moontlik, wil ons graag tuinafval verwyder wat onverantwoordelik en onwettig afgelaai is. Dit kan ook nie sonder fondse gedoen word nie. Aan almal wat nog nie betaal het nie, dit is nog nie te laat nie. Kry asseblief die besonderhede op BRRAG se webruimte

Bly veilig, gesond en warm met die winter wat in sy volle glorie hier is.

Ference en Dalien.

100 Klub Prystrekking se wenners vir die volgende trekkings:

Maart & April 2020
1ste Prys Theresa Schmidt R 430
2de Prys Mike White R 260
3rde Prys Shelia Swanepoel R 210
Mei & Junie 2020
1ste Prys Gerald Schmidt R 430
2de Prys Jean Pierre Du Toit R 260
3rde Prys Helen Kannegiesser R 210

Tennisbaan

Ons is baie dankbaar teenoor inwoners van ons dorp wat help met dieinstandhouding vandie dorp. Baie dankie aan die ouens wat aan die tennisbaan aandag gegee het. Onthou asseblief, BRRAG het ‘n huurooreenkoms vir die bane en ons betaal huur aan die munisipaliteit. Enige finaniële bydraes vir die huur en instandhouding moet asseblief aan BRRAG betaal word. Sien die BRRAG webruimte vir spesifiek tennisbaanbydraes.

 

Ndlambe dienslewering

Die munisipaliteit van Ndlambe is ook deur die pandemie geraak en het stappe geneem om probleme op te los.

Klik om te lees:

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!