Beskerming van die wet op persoonlike inligting
Die Wet op Persoonlike inligting, Nr. 2 van 2013 (POPIA) is van krag vanaf 1 Julie 2021, wat die wyse formaliseer waarop alle Suid-Afrikaanse maatskappye en ander entiteite persoonlike inligting verkry, prosesseer, stoor, deel en in stand hou.
Jy het ongetwyfeld ontelbare kennisgewings ontvang dat die “Popi”-wet (Beskerming van persoonlike inligting) so pas in werking gestel is. Ons was altyd uiters versigting met jou inligting en sal daarmee volhou in die toekoms. Indien jy egter verkies om nie meer deel te wees nie, kliek asseblief op die nie-subskripsieknoppie op hierdie epos en ons sal jou onmiddellik sonder probleme van die lys verwyder.
As jy nie op die knoppie kliek nie, aanvaar ons met blydskap dat jy bevestig dat jy op die lys wil bly. Deur op die lys te wees, sal jy steeds eposkommunikasie oor BRRAG en sy bedrywighede ontvang.
Vir enige sake rakende die POPI-wet kontak ons inligtingspersoon:
Wanda Nezar: bushmansratepayers@gmail.com
100 klubwenners
April-trekking
1ste prys – Cherie White R480
2de prys – Jean Pierre du Toit R340
3rde prys – Leon Schmidt R280
Junie-trekking
1ste prys – Roy Sommers R480
2de prys – Janet Dell R340
3de prys – Lötter Wepener R280
Brrag aan die werk
Die ablusieblok by die Boesmansstrandingang is meer as ‘n dekade gelede deur die Munisipaliteit gesloop en was sedertdien ‘n seer oog by die ingang van ons skoon strand.
Dankie Cassie & Johan Richards en die span van Paljas Enterprises boukontrakteurs wat die betonblaaie, pype, pilare, stukke asbesdak en los rommel gedurende Meimaand verwyder het.
Die ingang na ons seestrand lyk nou soveel beter.
Gedeeltes van die baksteenmure is doelbewus so gelaat om die duin te stabiliseer en sal verwyder word as dit breek of onstabiel raak.
Snoei van bome en struike en herstel van heinigs


‘n Bietjie hulp met slaggate deur ons munisipale werkers

Gugu en Julius herstel ‘n gat in die hek na die watertenks.

Build it ondersteuning in gemeenskapsprojekte
BRRAG het grond en fyn bourommel gebruik wat beskikbaar was by die nuwe perseel vir Build It in Riversbend. Die materiaal is tot voordeel van die gemeenskap aangewend deur die skouers van die pad by die ingang na Boesmans op te vul. Sommige daarvan is ook in Boesmans gebruik om gate op te vul.
Dankie aan Andre en Wouter van Build It vir die opvulmateriaal en bydrae deur vervoer en opvul van die gate.
Baie geluk aan die nuwe verbeterde Build It – tak wat vir die hele gemeenskap tot voordeel sal wees.
Ons wens julle net die beste wense toe!
Zet transport van Marcelle en span het het ‘n groot taak verrig saam met die BRRAG ouens, Gugu en Julius!
Gemeenskapsbetrokkenheid
Gemeenskapskapsbetrokkenheid raak al hoe belangriker in die instandhouding en verbetering van ons dorpe. Inwoners moet beheer neem en deelneem om te verseker dat standaarde behou word en ons beleggings beskerm word.
Gelukkig raak ons gemeenskap toenemend meer betrokke met uitstekende gevolge.
Enkele voorbeelde van gemeenskapsbetrokkenheid gedurende junie.
Die tweede pad na die seeparkering het baie erosieskade en diep poele water veroorsaak wanneer dit naby die ingang reën, en gewone voertuie moeilik daar kon parkeer. Noks van Bushman’s Creek het sy hulp aangebied om grond wat in Boesmans beskikbaar was, te laai en vervoer. Die pad is gevul en die ingang is baie verbeter en nou meer toeganklik.
Die gedeelte van Pienaarstraat wat na die watertenks toe lei, het baie slegte erosieskade met diep gate gehad wat veroorsaak is deur reën en verspoelings en deurlopende verkeer van die diensverskaffers na die watertenks toe.
David Walker het die gate met grond en bourommel gevul wat die pad aansienlik verbeter het.
Jy kan ‘n verskil maak
Jy kan jou dienste aanbied om enige taak te verrig. Stuur asseblief jou besonderhede vir BRRAG.
Alle hulp is welkom. Hier is ‘n paar voorbeelde waar jy kan help:
- Neem die BRRAG treiler sodat ons ouens, Gugu and Julius, die groen afval kan laai en jy dit na die groenafvalhoop kan vervoer.
- Rapporteer waterlekkasies.
- Rapporteer verdagte gedrag en insidente.
- Kollekteer en gooi plastiek voorwerpe, bottelproppies, sigaretstompies, vislyn ens. weg as jy in die dorp of op die strand rondstap.
- Lidmaatskap van BRRAG en jou jaarlikse bydrae (R350) is baie belangrik en versterk ons gemeenskapsforum. Moedig asseblief gemeenskapslede wat nie lede van BRRAG is nie aan om aan te sluit!
- BRRAG het ook nog komiteelede nodig. Kontak BRRAG asseblief as jy betrokke wil raak by bushmansratepayers@gmail.com
- Dra by tot die kamerafonds sodat meer areas gemonitor kan word. Ons bankbesonderhede is op die webruimte.
- Rapporteer onwettige storting van rommel en vullis.
- Maak seker dat jou septiese tenk se konneksies in ‘n goeie toestand is.
- Rapporteer straatligte wat nie werk nie met die straat en huisnommer asook die paalnommer aan BRRAG.
- Gebruik reënwater om munisipale water aan te vul tydens die hoogseisoen. Dit sal die minimum ongerief aan jou en jou familie verseker.
- Bly by die munisipale regulasies sodat alle inwoners en besoekers ‘n aangename tyd kan geniet.
Snippers
Korrekte konneksie vir die septiese tenk.
Die afgelope paar
maande is verskeie probleme ondervind met die uitpomp van septiese tenks.
Een van die hoofuitdagings is dat wanneer die pompproses om die septiese tenk uit te suig begin, en die proses moet stop omdat die voertuig se tenk byvoorbeeld vol is, is daar ‘n lekkasie omdat die septiese tenk nie kan toemaak nie.
Om dit te voorkom moet ‘n lekkasieklep by die koppelstuk aangebring word soos in die onderstaande foto.
‘n Klep is veral belangrik waar die septiese tenk hoër is as die koppelpunt soos by baie eiendomme langs die rivier.
Dit word aanbeveel dat eienaars, wanneer ‘n nuwe septiese tenk geïnstalleer of veranderings aangebring word, ‘n nuwe klep installeer en inspekteer en vasstel of ‘n klep geïnstalleer moet word om lekkasie te voorkom.


Sigaretstompies word dikwels op onverantwoordelike wyse weggegooi.
Hierdie sigaretstompies beland in riviere, stroompies en uiteindelike in mere en die see.
Vis eet hierdie stompies omdat hulle dit verkeerdelik verwar met kos.
Die stompies is onverteerbaar en lei to die dood van die niksvermoedende vis.
Die illustrasie wys ‘n voorbeeld en spreek ‘n duisend woorde.
Vleiland
Die vleiland in Riversbend is onlangs skoongemaak met omtrent 20 een-ton-sakke vullis wat opgetel en verwyder is – ook ‘n ou boot wat daar weggegooi is!! Ons hoop dat hierdie gebied weer die broeiplek van die voëls wat daar was sal wees. Baie dankie aan Ken Bern wat die projek geko-ordineer het en wat BRRAG finansieel ondersteun het.
Ons wens al ons lede en gesinne ‘n veilige en gesonde tyd toe en hoop dat ons almal weer ‘n lekker vakansie by die see kan hê.