Tennisbaanhernuwing

Baie dankie aan almal vir die bydraes tot die tennisbaanfonds. Dit het ons in staat gestel om die een baan op te gradeer en hoop om die ander een voor Desember af te handel.

BRRAG 100-Klub

Die 100-klub, soos dit bekendstaan, kan die beste beskryf word as ‘n maandelikse donasie met dié verskil dat ‘n persentasie van die donasiegeld teruggegee word aan die deelnemers deur middle van ‘n tweemaandelikse trekking bekend as die 100-klubtrekking. Die res van die geld gaan aan die Boesmansriviermond belastingbetalersorganisasie (BRRAG). Hierdie fondse word vir verskeie projekte wat sorg vir die instandhouding en opruiming van ons plaaslike areas dwarsdeur die jaar aangewend.

  • Daar is 100 nommers wat strek van 01 tot 100. (Ons kan meer ook skep).
  • ‘n Nommer word toegeken aan wie ookal besluit om die maandelikse bedrag van R50 vir een nommer (wat nog nie geneem is nie) te betaal.
  • Enige een mag meer as een nommer koop, bv. een vir homself en een vir sy vrou, deur ‘n donasie te maak van 2 x R50 = R100 per maand.
  • Die trekking vind elke twee maande plaas tydens die maandeinde se gemeenskapbraai.
  • Die wenners (indien nie by die braai teenwoordig nie) word in kennis gestel en hulle name word in ons BRRAG Nuusbriewe gepubliseer.
  • Daar is drie pryse.
  • Byvoorbeeld: As 40 nommers toegeken word, beteken dit daar is vir 40 kaartjies betaal, die 1ste -pryswenner ontvang R800, die 2de R400, die 3rde R300, 4de R200 en die 5de R100.
  • As meer as 40 kaartjies verkoop is, verhoog dit die prysgeld en as minder as 40 verkoop word, verminder die prysgeld daarvolgens.
  • Jy kan jou nommer(s) kies wanneer jy jou maandelikse stoporder opgestel het. Bevestiging van die nommer(s) wat aan jou toegeken word vir die volgende trekking sal aan jou gegee word.

Dit is ‘n goeie manier om by te dra tot die instandhouding van die Boesmansareas en bring ‘n bietjie pret vir die deelnemers elke tweede maand van die jaar. Die meeste lede betaal ‘n jaarlikse subskripsie.

Betaal jou R50 of R100 of meer voor die 20ste van die maand soos volg:

BRRAG
Standard Bank
Rekeningnommer: 28-111-639-3
Kenton-on-sea
Verw 100 Club.xxStreet.Surname
Om ‘n nommer te kry/kies, kontak asb. Sarel Marais sarelmarais52@gmail.com

Uitslag van vorige trekking
Veels geluk aan ons wenners:
1ste prys Delia Enright R 850
2e prys Steven Beangstrom R 675
3de prys Peter Campbell R 425

Nuwe komiteelid

Ons verwelkom Michael Vermooten op ons komitee en hoop dat jy baie sal vind om te doen en met BRRAG-sake besig sal wees. Baie dankie dat jy jou tyd aan ons beskikbaar stel.

Komiteelede Michael en Jacques sit nuwe kennisgewingborde op.

Riversbend

Riversbend se minder gereelde inwoner, meneer Bobbejaan Kees, het onlangs weer sy opwagting gemaak en lê gereeld besoeke af in 3e Laan.

Die uitsig wat hy vanaf die verskillende dakke het, hou almal op hul tone.   Inwoners is nie te gasvry nie dus verwag hulle dat hy hopelik sy besoek sal kort knip.

Het jy geweet?

Die turksvy (Opuntia stricta), is inheems aan die Oos-Kaap.Tipies ovaalvormig, produseer dit ‘n soet, sappige vrug met talle eetbare saadjies in.

Alhoewel inheems het dit mettertyd ‘n indringerplant geword in baie dele van die gebied wat tot ekologiese wanbalanse gelei het. Die Cochineal insek (Dactylopius coccus) is gebruik om die vinnige verspreiding van die turksvy te beheer.

Het jy al die wit lagie op die turksvyblaar gesien?

Die vroulike cochineal insekte heg hulleself aan die kaktusblare en skei ‘n wit wasagtige vloeistof af as ‘n beskermende stof rondom hulle. Hierdie lagie lyk soos wit kolletjies op die turksvy.

Cochineal insekte is natuurlike roofinsekte van die turksvy en gebruik die sap van die kaktus as voeding wat uiteindelik die plant verswak en beheer oorneem sodanig dat dit turksvyproduksie verminder het.

Goeie nuus is dat ‘n mens steeds turksvye wat deur cochineal-insekte aangetas is kan eet. Want dit hou geen gesondheidsrisiko in vir mense as daar van die insekte op ‘n turksvy is nie.

Rowene

s

Gugu en Julius maak paaie reg

l

Ten laaste

Die BRRAG span

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!