Van die Redakteur

Terugvoering oor die huidige watersituasie

Water speel ‘n groot rol in almal van ons se lewe veral hier in Boesmansriviermond en Riversbend waar plaaslike inwoners en vakansiegangers gedurende die Kersfeesvakansie aan waterbeperkings onderworpe was of in sommige gevalle geen water gehad het nie. Ons watervoorraad was, en is nog, ‘n reuseprobleen wat nie oornag sal regkom nie. Daar was, en is nog, baie probleme wat opgelos moet word voordat ons ‘n betroubare voorraad vars water sal kry om ons opgaartenks te vul en vir huishoudings beskikbaar te wees. Die ingenieurs en personeel by Amatola Water het sonder ophou gedurende die vakansieseisoen gewerk om die water aan die loop te probeer hou, maar hulle kon ook net soveel doen met seebronne wat nie 100 persent gefunksioneer het nie, tydens sowel inkomende as uitgaande getye waaruit water gehaal is.

Gebrekkige infrastruktuurprobleme saam met Eskombeurtkrag het bygedra tot ‘n groot aantal sake wat nou deur Amatola Water aangespreek word. Daar word nou saamgewerk met plaaslike gemeenskappe om hulle op hoogte te hou van vordering met die werk wat gedoen word.

Ek het onlangs ‘n vergadering namens BRRAG by die Amatola kantore in Boesmans bygewoon, waar die Hoof Uitvoerende Beampte van Amatola Water, die uitvoerende bedryfsbestuurder, senior personeel en ingenieur, Graham Cowley wat betrokke is by die installasie van die tru-osmose aanleg, die plaaslike gemeenskap van Boesmans en Kenton toegespreek het. Die HUB het aan almal ‘n werkskedule gegee wat aandui watter werke aan die gang is en wanneer die verwagte werke voltooi behoort te wees.

Daar was opbouende gesprek oor die belange van sowel Boesmans as Kenton belastingbetalers en Kenton se Sakekamer, wat almal deur die watertekort oor Desember geraak is. Skematiese en mondelinge insette van plaaslike ingenieur, Redmond Taggart, en voorstelle van Chester Wilmot is deur die HUB opgeneem vir verdere bespreking by die volgende vergadering. Die HUB het ons verseker dat sy na hierdie vergadering toe gekom het met die voorneme om die inwoners van die gebied ‘n goeie betroubare waterstelsel te gee op die beginsel dat hulle daarop geregtig is, en dat dit op gereelde basis in stand gehou word, so die opregte hoop is dat dit in die nabye toekoms sal gebeur.

Intussen is dit my ernstige voorstel dat sowel huiseienaars as inwoners ‘n watertenk op hulle eiendom sal aanbring as hulle nie een het nie. Nog beter, kry ‘n tweede een as daar reeds een is. Twee is altyd beter as een.

Uit die Voorsitterstoel

SEKURITEITSWAGTE VIR DIE PAASTYD

Ons het ‘n heerlike misdaadvrye Desembervakansietyd gehad – te danke aan almal vir die ondersteuning van befondsing van die wagte. Direk na die diens gestop het, het misdaad opsigtelik toegeneem. Om verskeie redes neem misdaad toe oor vakansietye. In samewerking met die SAPD en Nagwag, het BRRAG addisionele veiligheids- en sekuriteitsprojekte oor vakansietye. Hierdie projekte fokus hoofsaaklik op misdaadvoorkoming. BRRAG se hoof projek oor Paastyd is die aanstelling van addisionele sekuriteitswagte om die gebiede met voldoende deelnemende inwoners/huiseienaars te patrolleer.

Kostes:

Die aantal wagte word bepaal deur die hoeveelheid fondse wat ingesamel word.
Die aanvankilike areas wat gepatrolleer sal word, is:

  • Dag en Nagskof. Daar sal ‘n wag by die sleephellinggebied wees.
  • Addisionele nagpatrollies word ingestel soos fondse beskikbaar word.

BRRAG versoek alle inwoners, eienaars en moontlike huurders om weereens die saak te ondersteun met die BRRAG rekening:

Standard Bank
Takkode: 051117
Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte Adres (bv. Xx Straat.Van).

Stuur asb ‘n eposkennisgewing aan bushmansratepayers@gmail.com om ons te help om die korrekte huise te identifiseer van eienaars wat bydra tot die verdienstelike beskermingsplan.

LIDMAATSKAPFOOIE

Ons versoek alle lede wat dalk nagelaat het om hulle 2020-lidmaatskapfooie van R350 te betaal, om dit asseblief so gou moontlik te doen met die verwysing – Subs.xxStraat.Naam. Alle fooie word gebruik vir die instandhouding van die dorp. Aandag aan slaggate is hoog op die agenda.

BLY VEILIG

Selfs as jy in die huis is, wees veiligheidsbewus en sluit die deure met buitestrale aan. Moenie waardevolle items sigbaar in motors of van die straat af by oop vensters laat nie. Rapporteer asb. enige aktiwiteit wat verdag lyk aan HiTec by 046 648 1032. Misdaad moet aan die Kenton SAPD gerapporteer word by 046 648 1222 or 082 911.

Ons opregte dank aan elkeen wat bydraes gegee het vir al ons belange: die stoorkamer, tennisbaan, kamerafonds en sekuriteit. Bydraes word baie waardeer – baie, baie dankie. Gebruik asb die betalingsverwysing korrek sodat die fondse by die regte saak uitkom. Verwysings kan ook op die webruimte (Google Brrag!!) onder bankbesonderhede gesien word.

VERSLAG: Kusbestuursprogram

‘n Verlag vir kusbestuur in die Sarah Baartmandistrik (wat Ndlambe insluit) is deur die Distriksmunisipaliteit aangeneem. Vir meer inligting lees hier.

Met die goeie onlangse reen het een van ons lede dit so gesien:

Reen

Het jy al n Boer sien lag, n Boer sien dans in die reën terwyl n druppel naby sy wang afrol…

Vir drie dae lank kompeteer hitte en humiditeit met mekaar terwyl mens en dier se energie getoets, getap word.

Ongemerk is daar beweging in die atmosfeer. Al vier die windstreke kry hul beurt, ons kyk op net om te sien hoe n donker kombers van onweerswolke saampak.

Na elke blitsende skouspel wat klief deur die lug word n dawerende applous van donderslae gehoor……die mens, met stille hoop in elke hart.

Dan gebeur dit waarvoor die kontrei se mense so lank na uitgesien het.

Reëndruppels plof in oorvloed op ons dorre landstreek neer.

Nuus van dankbare neerslae tussen 30 en 80 mm binne die bestek van twee en n half dae word aangeteken en wat kan lei tot een van die natste Februarie maande in jare.

Saam met die uitbundige getjirp van die voëls sing ons nie van “Groen is die land van Natal” nie, o nee! “Groen is die land van die Sonskynkus”.

Rustig wei die beeste op die groen velde, oral een wat vroegoggend reeds lê, terwyl ‘n ander geduldig en stertswaaiend vir haar spelende suigeling wag om te suip.

Alle dank en eer aan ons Skepper wat op Sy tyd, talle smeek gebede gerhoor het.

NS. Almal word genooi om na of weer op YouTube na Touch of Class se weergawe “Dans in die reën” te luister.

Dalien Pachonick

VLOEDWATER

Ons is deur die Munisipaliteit meegedeel dat die volgende stappe goedgekeur is:

As tussentydse maatreël sal Ndlambe die bestaande stormwaternetwerk skoonmaak ten einde vloede te beperk indien swaar reën sou voorkom.

Daar is ‘n beoogde konstruksie oplossing van R 1.8 miljoen maar daar is nie fondse bekikbaar om die werk onmiddellik te doen nie. Sien die voorstel op ons webblad.

Ons het egter die Munisiplaiteit meegedeel dat ons ‘n tydlyn benodig vir die implementering van beide die beoogde werke en dat die beweerde onbeskikbaarheid van fondse nie nie beïndruk nie.

Ons wag op vereder verwikkelinge.

ONWETTIGE ADVERTENSIEBORDE

Ons het nou al vir baie jare die munisipaliteit versoek om te verseker dat onwettige advertensieborde by die dorp se ingange verwyder word. Die verspreiding van advertensieborde, klein en groot, kleurvol en minder so, het gelei tot ‘n situasie waar ons die dorpies in goeie toestand hou maar dat wetteloosheid bestaan deurdat ‘n iedere en elk ‘n hele aantal onooglike en onwettige advertensieborde by ons ingange oprgerig het. Die munisipaliteit het nou uiteindelik opgetree en ons ingange skoongemaak van die onwettige borde. Ons glo dat dit ‘n stap in die regte rigting is. Adverteerders wat wettig optree is nie geraak nie.

Gemeenskapsfondsinsameling

Portfolio – Jack Dell

Ons Paasnaweek Kunsmark is op Saterdag, 11 April. So, as jy in die dorp is, moet dit nie misloop nie. Dit is in die Boesmans Dorpsaal langs die karavaanpark en van 8:00 tot 14:00 met ‘n keuse van stalletjies en kunswerk. Daar sal warm eetgoed en koeldrank deur die dag beskikbaar wees plus musiek en ‘n boereworsbraai.

Die opbrengs van hierdie fondinsameling help met die onderhoud van ons omgewing.

Gemeenskap: Algemene inligting

Honde-eienaars

Wees asb bedagsaam en tel op as jou hond sy ding gedoen het. Raak by jou huis daarvan ontslae.

Grappies

Vir die dames

‘n Getroude vrou loop na die apteker toe en vra,”Ek wil ‘n vinnigwerkende gif vir menslike gebruik koop”. Die apteker vra, “Waarvoor en hoekom?”

Die vrou antwoord ”Ek moet my man vergiftig”. Die apteker antwoord, “Ag nee, maar dis teen die wet!”

”Glad nie” skree die vrou en druk ‘n foto van haar man saam met die apteker se vrou in die bed in sy gesig.
Apteker antwoord, “Hoekom het jy my nie laat weet jy het ‘n voorskrif nie?”.

Vir die mans

Twee ouens sit in die boot en visvang met ‘n bier in die hand, en die een begin praat, “Ek oorweeg dit om om van my vrou te skei, sy praat nou al vir twee maande nie met my nie”. Die ander neem ‘n lang teug van sy bier en antwoord, “Dink mooi daaroor, vroue soos dit is skaars”.

Die laaste woord

Duitse toeris spring in die yskoue water om my liewe hondjie te red. Hy klim uit en gee die hondjie vir my met die woorde in Engels: “Here is ze dog keep him varm and dry him off – he vil be fine”. Ek vra, “Are you a vet?”. Hy antwoord, “Vet ?………. I am zoaking!”

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!