Lidmaatskap en Fondse

Hernu asseblief jou lidmaatskap sodat ons die dinge kan doen wat ons dorpie in so mooi toestand hou. Nie seker of jy reeds hernu het nie? Stuur ‘n epos aan bushmansratepayers@gmail.com en ons sal raad gee. Ons het ‘n tender gestuur vir ‘n kontrak om groen afval in die dorpies te verwyder en hoop om so ons inkomste aan te vul. Ons vrywilligers sal egter steeds die treiler vol afval moet laai en dit na die industriële area toe moet neem, maar dit plaas ons in die posisie om hulle te vergoed vir die brandstof wanneer hulle ons help.

BRRAG aan die werk – skoonmaak by die Riversbend-ingang

Tennisbaan

Ons het ‘n spesifieke tennisbaanfonds end dring aan by gebruikers om donasies in die kollektehouer by die klubhuis te plaas. Die nette is vir herstel ingeneem maar behoort gou weer in plek te wees. Donasies met die verwysing “tennis” is ook welkom. Besoek gerus ons webwerf onder bank vir verdere inligting.

Eensame tye

As gevolg van Covid-beperkings en risiko’s was daar geen maandelikse samekomste of kunsmarkte nie. Wees verseker dat ons aandag skenk aan die gewone sake en het selfs ‘n bietjie oor Zoom geleer.

Komiteelede

Welkom op die komitee, Wanda Nezar, en ons wens jou ‘n wondelike dienstyd aan ons gemeenskap toe. Ons moedig steeds meer inwoners aan om julleself beskikbaar te stel om op hierdie pro-aktiewe en hardwerkende komitee te dien en te help met ons vele projekte.

Paasnaweek se sonsopkoms oor die mond.
BRAGG aan die werk: Gugu gebruik bourommel om sypaadjies te “herstel” tot tyd en wyl ons Munisipale reaksie kry.
BRAGG aan die werk: Gugu tel bourommel op die strand op.

Watervoorsiening

Boesmansriviermond is in ‘n varswaterskaarstegebied en is afhanklik van Amatola Water om water uit die duine en die rivier in varswater te omskep deur ‘n osmoseproses by die aanleg in Boesmans. Kenton, Klipfontein en Marselle ontvang ook water van hierdie aanleg.

Die aanvraag na water het oor die jare toegeneem en sal steeds toeneem as gevolg van die ontwikkeling in die gebied met meer mense wat hulle hier kom vestig, lekke in die infrastruktuur en die voorsiening van water aan Port Alfred en Alexandria in tye van droogte.

Toenemende produksie- en instandhoudingsuitdagings word by die waterwerke ervaar. BRRAG het kragte saamgespan met ander organisasies (Kosra, Estuary Care, Sakekamer en Ndlambe Munisipaliteit) om uitdagings en tekortkominge te monitor en aan te spreek.

Die wateraanleg is oor die jare uitgebrei om in die aanvraag na water vir die area te probeer voldoen. Die ontwikkeling het ongelukkig sonder beheer en sonder konsultasie met die gemeenskap plaasgevind.
Die impak op die gemeenskap en omgewing moet aangespreek word om langtermynvolhoubaarheid te verseker en die impak te versag.

Voorbeelde van negatiewe gevolge sluit in:

  • Onooglike wateronttrekkingspunte en infrastruktuur (pype, kabels, klippe) op die rivierstrand
  • Hoëkonsentrasie soutwater wat in die rivier en omgewing ingepomp word
  • Uitbreiding van geboue en tenks
  • Boumateriaal en toerusting in publieke areas
  • Oorbodige infrastruktuur wat nie verwyder word nie (pype, ou pompstasies)
  • Geraas en vibrasiese veroorsaak deur pompe

Hierdie sake en ander is genoem en word op die gesamentlike konsultasieforums aangespreek.

Dit word sterk aanbeveel dat inwonrs reënwater opgaar in tenks om beskibaarheid van water tydens tekorte en tye van hoë aanvraag te verseker, nie net tot voordeel van die eienaar nie maar ook ondersteunend vir die waterinfrastruktuur.

BRRAG sal deurentyd die proses ondersteun en probeer beïnvloed om verantwoordelike watervoorsiening te verseker.

Padinfrastruktuur

Soos in die meeste Suid-Afrikaanse stede en dorpe het die onderhoud van paaie oor baie jare min aandag gekry, wat tot die agteruitgang van ons paaie gelei het in so mate dat dringende aandag deur Ndlambe Munisipaleit nodig is.

Vergaderings is met die Munisipale Bestuurder en Direkteur van Infrastruktuur gehou om die saak aan te spreek. Ndlambe is versoek om BRRAG van ‘n Plan om paaie te verbeter te voorsien. Dit moet die herstel van slaggate, verseëling van geïdentfiseerbare paaie, herstel van gedeeltes van paaie en vervanging van sommige padoppervlaktes insluit.

Korttermyn gevolge is bereik met die herstel van sekere slaggate.

BRRAG sal deurentyd volhou met interaksie en druk om ons padinfrastruktuur te onderhou en verbeter.

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!