Welkom by Boesmansriviermond. Ons vertrou dat al die inwoners en besoekers ‘n wonderlike seisoen en windlose vakansie sal ervaar. Aan ons lede en gesinne wens ons ‘n gelukkige en geseënde Kersfees toe asook ons beste wense vir Hanukkah aan ons Joodse vriende.

Ons hoop dat 2021 vir jou en jou familie voorspoedig (en Covid-vry) sal wees.

Lentekleure in Rivierstraat

AJV

Ons beplan ons AJV vir 28 Desember 2020 om 09h00 by die tennisbaangebied. Bring asseblief ‘n stoel, geld en ‘n masker saam. Ons ledegeld per jaar bly R 350.

KOMITEELEDE

Daar is ‘n ernstige versoek om jouself beskikbaar te stel om dienste lewer aan jou gemeenskap. Daar is 9 vakatures vir komiteelede – sien die aangehegte nominasievorm.

Dit kan aan bushmansratepayers@gmail.com teruggestuur word. Moenie net daaroor praat nie – doen iets en raak betrokke! Kliek hier.

DESEMBER VEILIGHEIDSWAGTE

Dankie vir al die bydraes tot hierdie projek. Die bydraes het goed toegeneem na ons vorige versoek. Riversbend is steeds baie skugter! Dra asseblief by. Ons het wagte aangestel om ons dorpe oor die vakansieseisoen te patrolleer. Wees asseblief hoflik teenoor hulle en rapporteer enige klagtes aan Lötter (0825524714). Ek sal dit aan die verantwoordelike persone by Hi-Tec oordra.

BRRAG doen weereens ‘n beroep op alle inwoners, eienaars en vakansiegangers om donasies te maak vir die verdienstelike projek as jy dit nie reeds gedoen het nie. Agente kan die versoek asseblief aan huurders oordra. Deponeer skenkings in die volgende rekening:

Rekeningnaam: BRRAG
Bank: Standard Bank
Takkode: 051117 Kenton on Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xxStraat/Van.

DESEMBER WATERVERSKAFFING

Gemeet and die wisselvallige waterverskaffing gedurende 2019 en weer in 2020 kan ons maar weereens waterverskaffingsprobleme gedurende die vakansie verwag. Ons is in verbinding met die owerhede en sal graag probleme aan hulle oordra vir moontlike optrede.

DESEMBER STRANDDIENSTE

Ons het ‘n strandskoonmaker in diens geneem wat ook na die ablusieblok by die sleephelling sal omsien. Die ablusieblok by die see is ongelukkig gevandaliseer en ons fondse was onvoldoende om dit te herstel. Oproepe na Munisipale beamptes het die gewone reaksie gehad —doodse stilte.

Neem asseblief kennis dat die Munisipaliteit nie tuinafval verwyder nie tensy dit opgesny en in vullissakke gegooi is sodat dit saam met gewone vullis verwyder kan word. Normale vullisverwydering is: Riversbend op Maandae; Boesmans op Dinsdae en Woensdae afhangende van die area.

VULLISVERWYDERING: PERSONEELDONASIES

Ons kry elke jaar versoeke van munisipale werknemers vir Kersfeesdonasies.

Daar is dikwels mededinging deur groepe en selfs swendelaarsgroepe wat donasies vra.

Kontroleer asseblief die dokument wat aan jou gewys word – daar moet ‘n BRRAG logo (die Volo), NPO- en PBO- nommers wees.

Alle bladsye is genommer 1/10, 2/10, ens tot 10/10. Sien voorbeeld.

TUINAFVAL

Die probleem van mense wat tuinafval buite hulle huise los, bly ‘n groot kopseer. Die Munisipaliteit verwyder slegs vullis wat in sakke is en nie tuinafval wat op sypaadjies gelos word nie. Na ‘n indieptegesprek hieroor met die munisipale bestuurder het hy onderneem om die saak te ondersoek en te probeer om die verwydering van tuinafval weer in te stel. Wanneer en of dit sal gebeur, is natuurlik ‘n ander saak. Ons vra dus dat die paar onbedagsame inwoners intussen nie hulle vullis op sypaadjies gooi nie want daar is niemand wat dit gaan verwyder nie.

NEEM ASSEBLIEF JOU TUINAFVAL NA DIE STORTINGSTERREIN in Riversbend, net verby Build It.

Die BRRAG treiler is ook te huur – skakel Jack by 0798292698.

BOOT-EN BOEILISENSIES

Mnr. Willem Nel, die Omgewingsregsdienaar vir Ndlambe, gee die volgende raad:
Bootlisensies is sedert 1 Julie 2020 beskikbaar vir die nuwe finansiële jaar 2020-2021.

Die lisensies is by die Ndlambe KOS Finansieskantoor en vir die interim periode by die Omgewingskantoor in Port Alfred beskikbaar.

Versprei asseblief die boodskap dat die lisensie aan die bakboord, d.w.s. die linkerkant van die boot wat vorentoe wys, duidelik sigbaar vir inspeksie moet wees.

Hernuwing van aansoeke vir boeie loop gelyktydig, dus vir dieselfde periode as bootlisensies, nl. 1 Julie tot 30 Junie per jaar.

As jy nie jou boeiepermit wil hernu nie, lig mnr. Nel in asseblief en verwyder jou boei/anker en ketting onmiddellik. Ander booteienaars het gevra vir boeiplek, veral op die Boesmansrivier.

As boeilisensies nie teen einde September 2020 hernu word nie, is hulle onwettig en sal verwyder en by die SAPD in Kenton ingehandig word. Dit geld vir alle boeie in enige van die riviere /seemondings. Maak verder seker dat jou boei duidelik gemerk is met die boeinommer wat verskaf is. As die boeinommer nie sigbaar is nie, sal aangeneem word dat die boei onwettig is.

WILLEM NEL
Regsdienaar vir Omgewing (Omgewingsbeskerming)
NDLAMBE MUNISIPALITEIT
Tel: 046 604 5602 – Direkte lyn
Tel: 046 604 5527 – Adminkantoor
Sel: 082 388 4600

ONDERSTEUNING EN ONDERSTEUNINGSGROEPE

Ons nagwaglede is ‘n baie aktiewe en waaksame groep mense. Die nagwag bestaan uit inwoners van oral om wat hul tyd en energie spandeer om ons dorpies veilig te hou. Sommige van ons inwoners asook lede van BRRAG dien vrywillig op die onafhanklike sekuriteitgroep. BRRAG ondersteun die nagwaggroep een honderd present en ontvang fondse namens hulle en betaal hul uitgawes. Lees gerus die Nagwag nuusbrief. Kliek hier.

Ons komiteelid Ferenc Toth wat die inisiatief aanspoor is ook die voorsitter van die plaaslike Kamerafonds. Sien die nuusbrief – kliek hier.

GEMEENSKAPSPOLISIEFORUM. (GPF)

Ons plaaslike GPF onder leiding van die Kenton Polisie bevelvoeder, kaptein Tommy Parkinsen, funksioneer besonder goed. Beide Ferenc and Patrick Miller dien op die Forum.

 

SEE PARKEERAREA

Toegang tot die seestrand deur middel van die gewone pad is erg aan bande gelê. Die kamera en wag sal dus veskuif word na die parkeerarea aan die oostekant, nader aan die Rivier. Daar sal ‘n padteken wees wat die parkeerarea aandui.

100 – KLUB TREKKING VIR OKTOBER

Die wenners van die 100-Klub trekking is soos volg:

  1. 1ste Plek – Roy Somers – R450
  2. 2e Plek – Jean Chalmers – R270
  3. 3e Plek – Cherie White – R230

Briewe ontvang

Vriende die minste wat ons kan doen is om hierdie projek te ondersteun ongeag die bedrag wat jy kan bydra. Dit is vir ons eie voordeel en veiligheid. Net die feit dat dit so getrou gereël en bestuur word deur gewillige mense wat al die moeite doen, en nie n sent betaal word vir hulle onselfsugtige diens aan hulle mede Boesmanners nie, plaas op ons n verantwoordelikheid. Die Boesmans mense, hul voor- nageslagte was nog nooit bang om saam te staan nie. Ons almal verdien n lekker ruskans na n uitdagende jaar agter die rug. Ry versigtig en sien uit om julle te sien.

Koeloe Landman

Fluit fluit my storie is uit…

Can anyone even remember what we used to talk about before Coronavirus!

The side effects of quarantine were that it was extremely hard to end phone calls. Twice I almost said, “Okay I have to run now” before realising there was nowhere to run to.

And let’s not forget that Rapunzel was quarantined and met her future husband, so let’s think positively here.

Christmas Humour for Adults and kiddies

How is Christmas just like your job. Well you do all the work and some fat guy in a suit gets all the credit
What happened to the thief who stole an advent calendar? The judge gave him twenty-five days.

What do you call an Elf wearing earmuffs? Anything you like, he will not hear you.

What do you get when you cross a duck with Santa? A Christmas quacker!

 

Ons wens u ‘n wonderlike vakansietyd toe by die beste plek in die wêreld: Boesmansriviermond.

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!