Welkom by die Lente-uitgawe Oktober 2020 van ons Nuusbrief
Van die Redakteur

In hierdie ongewone tye was dit hier in Boesmans en dwarsdeur Suid-Afrika ‘n lang en moeilike ses maande, en om enige iets anders te kry om oor te praat as Covid-19 en korrupsie was feitlik onmoontlik tot nou toe.

Inperking in ons eie huise, sonder ontmoetings met familie en vriende en sonder die gewone luukshede wat ons as vanselfsprekend aanvaar het, het nou verander na die vryheid om weer langs die see te gaan stap, inkopies te doen ook by die drankwinkel, uiteet by ons goeie restaurante en selfs oor provinsiale grense te ry. Ons kan weer uitsien na drukkies met ons kinders en kleinkinders. Lente is uiteindelik hier en ons aande het meer lig, helderheid en word langer. Die las op ons skouers is gelig en fronse word deur glimlagte vervang.

Van die Voorsitter

Komiteelede

Ons het ‘n tekort aan komiteelede en ons nooi jou uit om persone te nomineer om verkies of gekoöpteer te word. Uit die 12 moontlike poste is slegs ses gevul en 4 van ons wil graag terugstaan na baie jare se diens. Ons sal bystand gee met die oorhandiging van BRRAG sake aan persone wat gewillig is om dien. Sien asseblief die aangehegte nominasievorm. Kliek hier.

Sekuriteit in Desember

BRRAG rig ‘n versoek aan alle inwoners, eienaars en voornemende huurders om nogmaals donasies te maak ten bate van hierdie verdienstelike projek.

Deponeer asseblief jou bydrae in die volgende rekening:

BRRAG: Standard Bank
Takkode: 051117 Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xxStraat/Van. Stuur asb.

‘n kennisgewing van jou deposito aan bushmansratepayers@gmail.com met jou besonderhede om ons te help om die korrekte huise te identifiseer wat bydra tot hierdie beskermingsplan.

Merke sal in die straat buite die huise aangebring word vir maklike identifikasie deur die wagte.

Die Volo

Die Volo wrak het gedurende hoë getye in September meer van homself gewys. Dit gebeur nie dikwels dat die wrak in so groot mate oopgespoel word nie. ‘n Mens sien gewoonlik net die twee penne wat in die middel van die foto is.

Die tyd het aangebreek vir die verf van die padtekens in die dorp. Patrick Miller was so gaaf om die toesighouding van die verfwerk van die spoedhobbels oor te neem en is besig om ‘n reusetaak af te handel. Sianda en Guguleto werk saam met Patrick aan die padprojek en alles gaan voor die wind.

Van paaie gepraat …

Die voetgangerpad op die Boesmansbrug is besig om opgegradeer te word en behoort gereed te wees vir die Desembervakansie.

Tuinafval

Die probleem van mense wat tuinafval buite hulle huise los, bly ‘n groot kopseer. Die Munisipaliteit verwyder slegs vullis wat in sakke is en nie tuinafval wat op sypaadjies gelos word nie. Na ‘n indieptegesprek hieroor met die munisipale bestuurder het hy onderneem om die saak te ondersoek en te probeer om die verwydering van tuinafval weer in te stel. Wanneer en of dit sal gebeur, is natuurlik ‘n ander saak. Ons vra dus dat die paar onbedagsame inwoners intussen nie hulle vullis op sypaadjies gooi nie want daar is niemand wat dit gaan verwyder nie. NEEM ASSEBLIEF JOU TUINAFVAL NA DIE STORTINGSTERREIN in Riversbend, net verby Build It. Die BRRAG treiler is ook te huur – skakel Jack by 0798292698.

Boot- en Boeilisensies

Mnr. Willem Nel, die Omgewingsregsdienaar vir Ndlambe, gee die volgende raad:

Bootlisensies is sedert 1 Julie 2020 beskikbaar vir die nuwe finansiële jaar 2020-2021.

Die lisensies is by die Ndlambe KOS Finansieskantoor en vir die interim periode by die Omgewingskantoor in Port Alfred beskikbaar.

Versprei asseblief die boodskap dat die lisensie aan die bakboord, d.w.s. die linkerkant van die boot wat vorentoe wys, duidelik sigbaar vir inspeksie moet wees.

Hernuwing van aansoeke vir boeie loop gelyktydig, dus vir dieselfde periode as bootlisensies, nl. 1 Julie tot 30 Junie per jaar.

As jy nie jou boeiepermit wil hernu nie, lig mnr. Nel in asseblief en verwyder jou boei/anker en ketting onmiddellik. Ander booteienaars het gevra vir boeiplek, veral op die Boesmansrivier.

As boeilisensies nie teen einde September 2020 hernu word nie, is hulle onwettig en sal verwyder en by die SAPD in Kenton ingehandig word. Dit geld vir alle boeie in enige van die riviere /seemondings. Maak verder seker dat jou boei duidelik gemerk is met die boeinommer wat verskaf is. As die boeinommer nie sigbaar is nie, sal aangeneem word dat die boei onwettig is.

WILLEM NEL
Regsdienaar vir Omgewing (Omgewingsbeskerming)
NDLAMBE MUNISIPALITEIT
Tel: 046 604 5602 – Direkte lyn
Tel: 046 604 5527 – Adminkantoor
Sel: 082 388 4600

Verslag: Gemeenskapsfondsinsameling

As gevolg van en met die voortslepende beperkings van Covid-19 wat steeds gehandhaaf word, asook die onsekerheid van ‘n tweede golf infeksies, is besluit om die Kersfees Kunsmark en al die fondsinsamelingsgeleenthede tot einde Desember 2020 tot verdere kennisgewing te kanselleer.

Algemene inligting: Gemeenskap

Baie goeie nuus vir plaaslike inwoners en die Sonskynkus Toerismesentrum

Vir dié wat nog nie weet nie is die goeie nuus dat die Red Apple Restaurant by die Sunshine Coast Toerismesentrum ‘n nuwe eienaar het en is reeds oop om gaste te verwelkom. Na ons onlangs van Lewell, Con en Sophie afskeid geneem het, verwelkom ons nou vir Garnet en Madelyn Deacon en hulle kinders, Joy en John in ons gemeenskap hier in Boesmans en Riversbend. Garnet was 7 jaar oud toe hy die eerstemaal Boesmans toe gekom het en sy ouers het hier in Cannon Rocks afgetree. Oorspronklik van die Vaaldriehoek het Garnet and Madelyn die Red Apple oorgeneem waar hulle afgesien van vars kos en drankies aan ons bedien, ook vars produkte met tuisgebakte brood gaan verskaf. Ons verwelkom hulle en wens hulle alle sukses toe. Daar is aansitetes asook wegneemetes op bestelling beskikbaar by tel: 046 648 1041. Besoek hulle webwerf – theredapple.co.za of epos admin@theredapple.co.za vir navrae en besprekings.

Mnr André Swanepoel, eienaar van Build-It, wat tans in aanbou is by die Sunshine Coast Toerismesentrum, het ons ingelig dat daar binnekort, hopelik Desember ‘n nuwe hardewarewinkel oopgemaak gaan word en ons wens André alle sukses toe.

Teen Paastyd 2021 kan die gemeenskap van Boesmans en Riversbend voordeel trek uit ‘n nuwe OK Voedselwinkel by die Sunshine Coast Toerismesentrum. Die eienaar is mnr. George Deysel, ‘n familieman met sy vrou Stephanie and twee dogters en hulle woon in Boesmansriviermond. (The Secret Garden, langs die Red Apple Eatery, word tans deur Stephanie bestuur, en spesialiseer in inheemse plante, ‘n verskeidenheid vrugtebome en plante). George sien uit na die bouwerk wat wat moet begin en die voltooiïng van die OK Voedselwinkel, wat volgens hom ‘n goeie heenkome vir die plaaslike gemeenskap sal wees.

Dreinprobleme

Daar is ‘n nuwe besigheid in Kenton wat dreine met ‘n hoëdrukstelsel skoonmaak. Persoonlike ervaring het bewys dat die eenvoudige effektiewe metode dreine behoorlik skoonmaak van alle blokkasies, insluitende wortels. Hulle maak ook dakke, plaveisel en dekke skoon. Skakel Drain Jet – 081 430 3076. As jy BRRAG se naam noem by ‘n bespreking kan jy 5% afslag kry.

Laastens het ons die nuus gekry dat Bushman’s Mud Pies terug is in Boesmans in Hoofstraat 24 waar die ou Log Out was.

BRRAG – 100 -Klub Prystrekking. Wenners vir Augustus:

1ste Prys Ference Toth R 450
2de Prys Marietjie Marais R 270
3de Prys Natie Ferriera R 230

Briewe van Lede

Hallo Lotter, the below insert in the March newsletter caught my eye. There is another real problem wrt dog owners in the village where people are not keeping their dogs on leashes when outside of their property. It appears to be especially the so-called locals or permanent residents that are guilty, they seem to think they own the place. We also let our dogs loose when on the beach and no other people are in sight, but as soon as others approach, we put them back on their leashes. These self-importants do not, and when we talk to them about it, it is always the same story, “My dog is not vicious”, or “My dog doesn’t fight”, or similar. That is no excuse. We have a large boerboel/ridgeback cross that is not generally aggressive, but he is very strong, and when these little stoep dogs that run around loose come and bark at him in his face he gets angry, and one day we will not be able to hold on to him, then there will be big trouble. And it is not only these little “skoot hondjies” that are allowed to run around loose, there also some big dogs roaming up & down the street. My brother next door has the exact same problem with his bull terrier when taking it for a walk. Maybe you could insert something about this issue in the next newsletter?
Concerned Member.

Dear BRRAG, BRRAG does a great job – and I will always support where I can. Whenever my wife and myself walk on the beach to Kwaaihoek, which is often, – the amount of dog pooh on the main beach at the car park area is disgusting. 80% I reckon, of owners simply don’t care if their dogs pooh on the beach – which happens, but at least pick it up! The poor holiday makers and kids that often come and play there in the sand in season!!. Maybe I should do something about it? Suggestions? I am proud of BRM (but also embarrassed when guests – and non-offending locals walk onto our pooh infested beach). Maybe let’s get over the COVID saga first then further discuss possible solutions. Take care and be safe! Regards, BRM resident and BRRAG member.

Kommentaar

Sommige honde-eienaars blyk onbewus te wees dat hondeontlasting ‘n gesondheidsrisiko inhou, veral waar jong kinders speel. Die parasiet Toxocara canis, ‘n rondewurm wat in die ontlasting van honde (ja, in jou liewe hondjie s’n ook) en katte voorkom, kan blindheid, asma en selfs epilepsie veroorsaak indien per abuis ingeneem – in alle waarskynlikheid deur die heel jongstes. Hondeliefhebbers tel dikwels nie hul honde se gemors op nie. Die strande en sleeppad waar kleintjies op die sand en gras speel is plekke waar die probleem mees geredelik voor kom. Neem asseblief ‘n sakkie saam op jou wandeling en maak skoon waar jou hond mors.

Comment concerned resident

To certain residents of Bushman’s the sound of their dogs barking and howling doesn’t bother them at all, even when they are at home in their very own place of residence. This nonsense barking causes not only an unnecessary annoyance to other residents, but at worse people will eventually ignore; what maybe a genuine house break in, because it’s the same barking that goes on and on all the time. It becomes the story of the boy who cried Wolf, and then no one will believe otherwise, and that’s when security breaches can happen.

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!