Ons is besig met die beplanning vir addisionele sekuriteit gedurende die vakansieseisoen. Waarom so vroeg? Omdat ons die diensverskaffer betyds in kennis moet stel van die aantal wagte wat ons tydens die vakansieseisoen sal benodig want die wagte word gehuur en daar moet vasgestel word of hulle behoorlik opgelei is om aan die vereistes van die relevante wetgewing vir sekuriteitswagte voldoen. Dit kan nie oornag gebeur nie. Ons moedig lede aan om te begin bydra vir die Desember sekuriteitsfonds sodat ons teen die einde van Oktober 2022 kan weet wat die beskikbare bronne is waarmee ons werk. Skenk asseblief met ‘n oop hand. Ons het sowat R 175 000 – R 200 000 nodig.

Betaal asseblief soos volg:

BRRAG
Standard Bank
Takkode: 051117
Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xx.Straat.Naam.

Stuur asseblief ‘n eposkennisgewing na bushmansratepayers@gmail.com sodat ons die korrekte huise kan identifiseer wat tot die beskermingsprojek bydra.

Riversbend eienaars, moedig asseblief bure aan om saam te werk – ons moes in die verlede minder wagte kontrakteer vir korter periodes weens ‘n tekort aan bydraes.

Neem asseblief kennis dat die bedrag hierbo slegs toelaat vir nagwagte (18:00 – 06:00) en ‘n wag by die sleephelling en seeparkeerarea gedurende die dag. Met meer bydraes kan wagte wat gedurende die dag rondloop, bygevoeg word.

Indien jy reeds nou ‘n bedrag wil beloof en later betaal, is dit ook reg want dit stel ons in staat om ook vroeër met die beplanning te kan begin.
Daar sal in die straat voor die huise wat bygedra het, ‘n merk aangebring word vir maklike identifikasie deur die wagte.

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!