Beste Boesmansinwoners en vakansiebesoekers

Sekuriteitswagte vir die Kersfeesseisoen – moontlike voortsetting van die projek. Finale versoek.

Ons het reeds versoeke om bydraes tot ons Desember sekuriteitswagprojek uitgestuur. Die reaksie tot dusver is bemoedigend maar nie wat ons benodig nie. Help ons asseblief en moenie langer talm nie en stuur ‘n paar Rand.

Indien ons nie die mikpunt teen 15 November bereik nie, sal ons die projek moet laat vaar en die bydraes terugbetaal aan deelnemers of die projek baie afskaal.

Die bydraes vanaf Riversbend is baie teleurstellend. Komaan mense, skud jul sakke!.

BRRAG Kenton on Sea
Bank: Standard Bank
Takkode: 051117
Rekeningnommer: 281116393.
Verwysing: wagte.xxStraat.Van.

Stuur asseblief ‘n epos bewys van betaling aan bushmansratepayers@gmail.com om ons te help om die korrekte bydraende huise te identifiseer.

Baie dankie indien u reeds ‘n bydrae gemaak het.

Vriendelike groete
Lötter Wepener

Voorsitter: Uitvoerende Komitee
Boesmansriviermond Belastingbetalersorganisasie.

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!