Beste Boesmansinwoners en vakansiebesoekers

Sekuriteitswagte vir die Kersfeesseisoen – moontlike kansellasie van die projek.

Ons het reeds versoeke om bydraes tot ons Desember sekuriteitswagprojek uitgestuur. Die reaksie tot dusver is ten beste louwarm. Help ons asseblief om behoorlike sekuriteit vir die vakansieseisoen te reel: misdaad is relatief hoog in ons gebied. Ons hoop dat dit nie die eertse jaar sal wees wat ons hierdie voordeel sal moet verbeur nie.

Dra asseblief mildelik by. Ons benodig steeds R 120 000! Indien ons nie die mikpunt teen 15 November bereik nie, sal ons die projek moet laat vaar en die paar bydraes terugbetaal aan deelnemers.

BRRAG: Kenton on Sea
Bank: Standard Bank
Takkode: 051117
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: wagte.xxStraat.Van.

Stuur asseblief ‘n epos bewys van betaling aan bushmansratepayers@gmail.com om ons te help om die korrekte bydraende huise te identifiseer.

Ons sal ‘n merk by elke huis aanbring wat ‘n bydrae maak vir maklike identifisering deur die wagte.

Baie dankie indien u reeds ‘n bydrae gemaak het.

Vriendelike groete
Lötter Wepener

Voorsitter: Uitvoerende Komitee
Boesmansriviermond Belastingbetalersorganisasie.
1 November 2020

Stay informed

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and sign up.

You have Successfully Subscribed!