Van die Redaksie
Welkom by die vierde Nuusbrief van die jaar.
Winter is ‘n seisoen wat niemand regtig geniet nie, veral Suid-Afrikaners. (Insluitende almal wat ek in Boesmans ken en ek sluit myself in by daardie kategorie). Ons is geneig om rondom Juliemaand te hiberneer of noordwaarts te mik na warmer weer, en hoe warmer hoe beter vir my want ek word nou pieperig hoe ouer ek word. Maar dink bietjie aan hulle wat nie kan oppak en by familie op warmer plekke gaan afpak nie. Hier is ‘n paar winterwenke.
- As jy vriende het wat in dieselfde predikament is, kom almal saam in een huis, hoe meer hoe beter want julle gekombineerde liggaamstemperature sal sommer die kamertemperatuur ook opstoot.
- Maak seker dat jou vriende ook ‘n DOP of TWEE nuttig en neem op die koop toe ‘n bottel saam. Teen die tyd dat al die bottels Old Brown sjerrie op is, sal jou temperatuur minstens 1 graad gestyg het.
- Moenie warm klere uittrek voordat jy nie behoorlik sweet nie, en begin dan om eers jou handskoene uit te trek en te kyk of jy vriesbrand opgedoen het..
- Na ‘n paar uur sal ‘n warm gloed deur jou lyf gaan en dit is jou teken om huis toe te gaan.
- Voor jy loop, maak net seker dat dit nie jou eie huis is wat jy verlaat nie. Dit kan groot verleentheid veroorsaak.
- Waarskuwing! Doen dit slegs een keer per week saam met jou vriende omdat hierdie kuur vir winterneerslagtigheid jou gesondheid ernstig kan benadeel, maar nie jou sin vir humor nie.
Geniet dit en bly warm tot die somer kom. (Redakteur)
Gemeenskap Maandeindebraai
Jack Dell
In die somber wintertyd het ons maandeindebraai verrassende vermaak opgelewer. Daar was die heerlike Sop, Sjerrie en Bingo- aand wat goed bygewoon is en heerlike tuisgemaakte sop en brood geniet is met sjerrie vir opwarming en Bingopryse vir die wenners. Vanjaar was ons ook bevoorreg om met die maandeindebraai in Julie die gedeeltelike maansverduistering te beleef en Mars duidelik te sien met die hemelruim wat betreklik skoon was. Blykbaar sal dit eers weer oor 100 jaar so sigbaar wees. So, jammer as jy dit gemis het want dit was ‘n ervaring.
Uit die Voorsitterstoel
John Wesley
Met die winter agter die rug en warmer asook heerlike nat weer wat aanbreek, kom inwoners uit hulle huise en ons sien meer mense op straat, op die strand en die rivier. Nietemin is die Uitvoerende bestuur nie op vakansie nie en hulle gaan voort om op verskeie vlakke met die Munisipaliteit te skakel om basiese dienslewering te verbeter.
Met hierdie doel probeer ons die Wykskomitee aanmoedig om hulle gespesifiseerde statutêre pligte soos vervat in onder andere die Munisipale Stelselwet, uit te voer. Die lede, insluitende die Raadslid, wat die voorsitter is, weet nie watter mag die Wykskomitee het om die beleid en planne van die Stadsraad te beïnvloed nie. BRRAG het ‘n raamwerk opgestel waarop al die sake wat deur inwoners van verskeie sub-komitees in die Wyk geopper is, aangeteken is. Dit word versprei onder die Wykskomiteelede om te bespreek binne hulle kiesafdelings. Die plan is om enkele dokument saam te stel wat die Wyksraadslid aan die Stadsraad moet voorlê as die geïntegreerde vereiste van die hele Wyk, wat Boesmansriviermond, Riversbend, Marselle en uitgebreide Klipfontein insluit.
Die volgende is aktiewe deelname op die Ndlambe Belastingbetalersforum (NRF) wat bestaan uit Belastingbetalersorganisasies van Cannon Rocks, Boknes, Boesmans, Kenton-on –Sea, Port Alfred en Kleinemonde/Seafield as ‘n verenigde front. Die doel is weereens om gemeenskaplike sake te identifiseer en die Stadsraad en Munisipaliteit as ‘n verenigde front te nader.
Laastens, beywer focus ons op direkte interaksie met die Munisipaliteit. Ons het ‘n lid genomineer om ons te verteenwoordig op die Ndlambe IDP en Begrotingsforum. Spesifieke BRRAG sake sal voor die forum dien. Alhoewel die sake reeds in die Wykskomiteevoorlegging ingesluit sal wees, sal die BRRAG verteenwoordiger seker maak dat sy stem op die forum gehoor word.
BRRAG gaan voort om met die Munisipaliteit in gesprek te tree as dringende sake opduik maar om ‘n reaksie van die Munisipaliteit te kry, is moeilik. Dit blyk dikwels dat daar ‘n gebrek aan insig is oor die Munisipaliteit se wetlike verantwoordelikheid teenoor inwoners is. Versoeke word geïgnoreer en daar is slegs reaksie wanneer wetsoptrede ‘n werklikheid word. In hierdie verband neem BRRAG die gebrek aan aksie deur die Munisipaliteit t.o.v. die vloedkwessie in die vlei op deur ‘n openbare vergadering om die regstappe te verduidelik wat ons kan volg om die Munisipaliteit te dwing om die saak aan te spreek. Kennisgewing van die vergadering is afsonderlik uitgestuur.
Goeie nuus is dat die Munisipaliteit nou ‘n proses het om parkbankies met of sonder herdenkingsplaatjies binne die munisipale gebied te plaas. ‘n Lang ruk kon BRRAG nie leiding gee aan lede oor hoe om te werk te gaan nie, omdat daar nie ‘n proses vir die plasing van parkbankies was nie. Die bankies is ‘n baie noodsaaklike en welkome aanwins vir ons openbare ruimtes en ons moedig lede aan om skenkings van bankies te maak. Een van die eerste areas wat ons wil aanspreek, is die parkeerarea langs die sleephelling. Die bankies langs die rivier was nog altyd ‘n gewilde ontspanningsarea en plek om aktiwiteite op die rivier dop te hou. Die bankies is ongelukkig feitlik vernietig en ons hoop dat donasies sal instroom om hulle te vervang. Dit is landswyd beskikbaar met pryse wat wissel van R1850 vir ‘n 3-sitplekbank sonder rugleuning tot R2850 vir ‘n 3-sitplek parkbankie. BRRAG help graag as iemand belangstel om ‘n bankie te plaas, so laat ons asseblief weet.
Gemeenskapfondsinsameling
Jack Dell
Sedert ons vorige Nuusbrief was daar twee fondsinsamelinggeleenthede, nl die Vadersdagbraai en Sop-en-sjerrie-aand, wat albei goeie inkomste ingebring het. Ons volgende Kunsmark is 29 September en ons verwelkom altyd items vir die Belastingbetalers se Witolifant-stalletjie wat baie help om fondse in te bring. So, skakel ons gerus by 079 829 2698 as ons items moet kom oplaai. As u dalk ‘n stalletjie wil bespreek, gebruik dieselfde nommer.
Sluit ook by ons aan op Vrydag, 21 September vir ons Maandeinde Gemeenskapbraai, wat ‘n week vroeër is weens die Kunsmark op die 29ste. Bring net jou eie vleis en drankies.
Vroeë kennisgewing vir 24 Desember 2018. Hierdie Kersfees Fondsinsameling van BRRAG is ‘n spesiale afleweringsdiens (vir maksimum 10 huise) deur Kersvader. Ons skenk ‘n spesiale Kersfeessak wat met geskenke vir jou kinders gevul word en dan deur Kersvader en sy span tussen 15:30 en 18:00 op Oukersaand by jou huis afgelewer word. Die koste is R500 en sluit aflewering by jou huis en die sak in. As die sak onbeskadig teruggegee word, kry jy R100 terug.
Verskaf asseblief die volgende:
- Besprekingsfooi vooruitbetaal in BRRAG bankrekening.
- Jou kinders se name.
- Die afleweringsadres in Boesmans en kontaknommer.
- Jou kinders se geskenke duidelik gemerk afgelewer by Kersvader en sy span. Die datum, tyd en afleweringsplek sal voor 24 Desember gegee word.
Jy sal die volgende ontvang:
- Bevestiging van jou besprekingsfooi.
- Tyd van aflewering by jou huis tussen 15:30 en 18:00. (Afhangende van die roete).
- Belangstellendes kontak asseblief vir Jack Dell op 079 829 2698 of e-pos jjdell82@gmail.com
Seisoenale Sekuriteitsverslag
John Wesley, Gerald Schmidt en Shelia Swanepoel Portfolio
SAPD Sektoraktiwiteite
The vlaag huisinbrake en diefstal in Junie en Julie het die gemeenskappe binne die Kenton-on-Sea Polisiestasie aangespoor tot hernude pogings om misdaad in die gebied te beperk.
Die Riversbendgemeenskap het ‘n vergadering gehou op 30 Julie 2018, onder voorsitterskap van Ference Toth. The SAPD en Hi–Tec is verteenwoordig en die voorsitter van BRRAG is uitgenooi. Die boodskap wat van die vergadering se voorsitter uitgegaan het, was dat nog ‘n sekuriteitsinisiatief nie nodig is nie, maar dat hulle eerder met BRRAG moet saamwerk en hy het persone teenwoordig aangemoedig om by BRRAG aan te sluit.
Die voorsitter het ook ‘n vergadering met die Sakekamer bygewoon op versoek van Neville Loader wat BRRAG op die Sakekamer verteenwoordig. Die vergadering was om ‘n voorlegging voor te berei vir ‘n sekuriteitsvergadering wat Kenton-on-Sea Belastingbetalersorgnisasie (KOSRA) op 8 August 2018 beplan om Kenton se veiligheid en sekuriteit te bespreek.
Die lede van die Sakekamer het baie steun gegee vir pogings om veiligheid en sekuriteit te bevorder, maar dit was duidelik dat hulle geen begrip gehad het van hoe om die probleem aan te pak nie. Die voorsitter van BRRAG het hulle aangemoedig om binne bestaande strukture te werk en veral aan te dring op ‘n funksionerende Gemeenskap Polisiëringsforum. (GPF)
Die onderliggende oorsaak van verskillende inisiatiewe wat elkeen op hulle eie sekuriteit wil bevorder, is die disfunsionele GPF. Die vorige SAPD Stasiebevelvoerder wou die GPF laat herleef maar hy is verplaas voor dit kon gebeur. Die Waarnemende Stasiebevelvoerder het dieselfde idee. Dit is belangrik dat die BRRAG–span met organisasies soos KOSRA en die Sakekamer skakel om te verseker dat die GPF op standaard kom en sy mandaat uitvoer t.o.v take en pligte
Misdaadstatistiek
Gedurende Julie was daar 5 huisinbrake, een besigheidsinbraak en een persoonlike diefstal. In Augustus was daar 4 huisinbrake, 2 besigheidsinbrake in die Boesmans industriële area, een verdagte gedrag (oortreding) en een huisvandalisme as ‘n gevolg van poging tot inbraak. Twee huisinbrake was koperdiefstal. Die SAPD versoek lede om op die uitkyk te wees vir voertuie wat gebruik word vir afvalmetaal en by 046 648 1222 te rapporteer Dit moet gevolg word met ‘n Link-boodskap op die BRM Sekuriteitskanaal. Dit gaan direk na die senior bestuurslede by die SAPD stasie en hulle kan dan optree.
Die toename in misdaad in Junie en Julie was seisoenaal en gekoppel aan die vrylating van kriminele op parool laat in Mei. Die neiging was baie dieselfde verlede jaar maar met twee duidelike verskille. Koperdiefstal by huisinbrake was meer omdat daar mense in die gebied was wat die koper gekoop het en sodoende ‘n mark geskep het.
Die vlaag van gewelddadige inbrake en aanvalle in Boesmans, Kenton, Port Alfred en Alexandria was te wyte aan ‘n groep kriminele wat in die gebied inbeweeg het en inligting en ondersteuning van plaaslike mense gekry het om potensiële teikens te identifiseer. Die SAPD het gelukkig betekenisvolle vordering gemaak en heelwat van die kerngroep is gearresteer, sommige honderde kilometers van hier af. Die les is dat gemeenskappe moet saamwerk om veiligheid en sekuriteit te bevorder.
Gemeenskapskamerafonds
Die Kamerafondskomitee het onlangs besluit dat elke area sal besluit waar hulle nuwe kameras wil plaas en hulle eie befondsing vir die kameras en installasie moet reël. Die R30 ‘n maand wat tans ingsamel word, sal vir monitering en instandhouding gebruik word. Hi-Tec sal ‘n onafhanklike sekuriteitskonsultant kry om die hele proses van kameras, monitering, toerusting na te gaan en aanbevelings te maak oor toekomstige vereistes.
As u nog nie bydra nie, en graag wil, kontak asb. vir Shelly by Hi-Tec (046 636 1660) of Gerald Schmidt (083 625 3764).
Lidmaatskap
Hou asb aan om vriende en bure aan te moedig om by BRRAG aan te sluit. Hoe meer lede, hoe groter die stem vir sake wat ons as lede raak. Die aansoekvorm is op die webruimte. beskikbaar. Ledegeld kan gedeponeer word by Standard Bank, Rek. 281 116 393 met verwysing: Lid/ jou straatnaam en nommer. Bv. Lid/21 Main.
Nuus van Riversbend
Dalien Pachonick
Ndlambe Munisipaliteit het aan BRRAG se versoek om slaggate te herstel voldoen maar die werk aan die lyne op die paaie is nog uitstaande. Daar is ook nog nie antwoord op BRRAG se versoek oor vordering van die probleem van oorgroeide erwe en dringende versoek om die gebrek aan straatligte in Riversbend aan te spreek nie.
Algemene inligting: Gemeenskap
Jack Dell
Al is die winter so min of meer agter die rug, moet ons nie vergeet dat ons nie lank gelede nie twee ernstige insidente met vuur gehad het. Die eerste brand was by die Bakkery in Kenton wat met die hulp van Hi-Tec Sekuriteit se personeel geblus is. Die personeel is deur die Ndlambe Brandweerhoof, Mervyn Sauls, en ons eie Bill Northrop opgelei hoe om die Boesmans brandweerwa te gebruik wat by Hi-Tec se kantoor by die Boesmansriviermond ingang gehou word. Hulle optrede en kennis van die gebruik van die brandweerwa het gehelp om ‘n potensieel rampspoedige gevolg van die brand te voorkom.
Tweedens was daar ‘n veldbrand. Ons as ‘n gemeenskap wil die BRRAG brandweerspan en die ander vrywilligers uit die gemeenskap bedank wat die veldbrand aan die westekant van die pad na die Boesmansstrand gekeer het. ‘n Spesiale dankie aan Hi-Tec wat die BRRAG brandweersleepwa aangehak en na die brandgebied geneem het, asook ‘n wag verskaf het om deur die nag seker te maak dat die brand nie weer opvlam nie. As dit nie vir die gemeenskapsaksies was nie, sou die brand buite beheer geraak het, want die Ndlambe Brandweer was besig om ander vure te blus en kon eers na meer as ‘n uur ‘n voertuig stuur. So, baie dankie aan almal vir hulle ondersteuning.
Die Link toepassing is opgegradeer en sluit nou die rapporteer van brande in. Soos met die veldbrand, het die aanvanklike rapport nie presies aangedui waar die brand is nie. Deur die Link toepassing te gebruik, kan die ontvanger onmiddellik sien waar die brand is. So laai asseblief die toepassing af . Soek vir “Link powered by Vodacom” op die “app store”. Dit neem ‘n rukkie om daaraan gewoond te raak, maar kan dalk eendag jou huis of lewe red.
Die Kunste – Kuns en Literatuur
Kuns
Plaaslike Boesmans inwoners wat in houtwerk belangstel weet dat ons eie Rob Moss, self ‘n vaardige houtkunstenaar, ‘n demonstrasie by sy werkswinkel het by Kiewietstreet 8a om 15:00 op Dinsdag, 18 September, van die Internasionaal bekende Houtkunstenaar Chris Pouncy van Engeland, wat hier is op sy Suid-Afrikaanse toer. Ruimte is beperk, so as u belangstel om dit by te woon, kontak vir Rob Moss direk by 082 771 0009.
Literatuur
Vir baie mense in Boesmans loop die naam Wendy Crawford – Barker, hand aan hand met haar skilderwerk, maar nou het Wendy die moedige stap geneem om te skryf, met haar eerste publikasie, Apples from the Soul, ‘n klein geskenkboekie met illustrasies deur Wendy in delikate waterverf. Wendy sal op Vrydag, 21 September om 10uur by Red Apple wees en die publikasie teken. Almal is welkom om Wendy te ontmoet en meer oor haar boek uit te vind.
Die Vlei
(Neville Loader)
Die gras bly kort en daar was geen probleem in die vlei na die swaar reën nie. Nogtans moet ons paraat wees want die grond in die opvanggebied is deurdrenk en die klein dammetjies is vol. Ons het ook vir Ndlambe Munisipaliteit gevra om seker te maak dat alle stormwaterdreine gereeld skoongemaak word.
Vullisterrein vir bourommel
Met ‘n onlangse vergadering tussen KOSRA en die Munisipaliteit n.a.v ‘n bevel van die Hooggeregshof teen die Munisipaliteit vir die sluiting van die ou vullisterrein, het die Munisipaliteit gerapporteer dat ‘n terrein vir bourommel gekry is en van Februarie 2019 in werking sal wees. Tot dan kan bourommel slegs by die Alexandria of Port Alfred vullisterreine gestort word. Lede word versoek om enige onwettige storting van rommel of ander afval aan te meld by die Direktoraat Gemeenskapsbeskermingsdiens by die Ndlambe Munisipaliteit. Hy is mnr Thandekile Rasmeni (tel.073 407 5864).
Rondlopervee en indringerplante
Die kwessie van rondlopervee op Ndlambe se dorpsgrond en verwydering van indringerplante van Ndlambe Munisipaliteit se grond is die onderwerp van ‘n hofsaak tussen Agri Oos-Kaap en ander teen die Munisipaliteit. Volgens ‘n hofbevel moet alle rondlopervee geskut word in die Boesmans area. Diere op munisipale grond moet gebrandmerk word en geëtiketteer word binne 3 maande van die hofbevel gedateer 10 Julie 2018. Dit beteken dat die kwessie van rondlopervee teen 10 Oktober 2018 onder beheer behoort te wees. As lede rondlopervee sien, rapporteer aan die SAPD Kenton-on-Sea by 046 648 1222 en hulle sal dit met die Munisipaliteit hanteer om die vee te verwyder.
Betreffende uitheemse en indringerplante moet die Munisipaliteit ‘n beleid vir die beheer van uitheemse en indringerplante op Munisipale grond binne 18 maande (dws teen Januarie 2020 publiseer wat deur die Raad goedgekeur is.
Op die paaie
Inwoners in Boesmans moet kennis neem van ‘n nuwe Verkeersbeampte in die dorp. Hy was onlangs in Kenton, en ek is persoonlik ingelig dat hy ook in Boesmansriviermond sal wees waar hy verkeersreëls gaan toepas. So wees asseblief versigtig en gehoorsaam. Boetes wat ‘n Verkeersbeampte gee, is vasgestel en duur. Jy is gewaarsku!