Welkom by ons vierde Nuusbrief vir 2019
Van die Redakteur
Is daar ‘n beter manier om hierdie maand se Nuusbrief mee in te lei as om te wys presies hoe mooi die ingang na Boesmansriviermond lyk met die aanbreek van die lente!

Foto met erkenning aan Dalien Pachonick.
Dis maklik om te sien waarom mense in Boesmans wil woon en aftree – dit lyk so verwelkomend.
Het jy al opgelet hoe alles hierdie tyd van die jaar lyk of dit twee maal so vinnig groei? Daarom het ons met ons lentesnoeiwerk begin en bosse en struike weggesny van die sekuriteitsheining om inspeksie makliker te maak langs die heinings.
Hierdie werk behoort alles teen begin Oktober voltooi te wees en dan daarna op gereelde basis in stand gehou te word.
Uit die Voorsitterstoel
Wie’s wie
Een persoon van San Estate het in Julie as lid aangesluit maar ons kan jou ongelukkig nie identifiseer nie. Laat ons asseblief weet of jy jou ledegeld met verwysing San Estate betaal het.
Herwinning in Boesmans
Die oplaai van herwinbare items word ongelukkig nie meer gedoen nie en huishoudings word aangemoedig om hulle deursigtige plastieksakke met herwinningsitems na die plek in die industriële gebied te neem.
‘n Sjarmante en behulpsame dame, Nosipho, en haar helper is by die herwinningsdepot en probeer haar bes om die depot weer te laat werk.
So, as jy kan, ry asseblief soontoe en neem jou herwinningsitems vir haar. Die deursigtige biodegradeerbare plastieksakke is te koop by Spar of Blue Light House of selfs ‘n kartondoos kan gebruik word. Kyk op ons webblad watter items herwinbaar is.
Donateurs
Dankie.
Ons versoek om hulp met die kostes om gevaarlike mangatdeksels te vervang en padtekens te verf, is baie goed ondersteun.
Ons het boodskappe van dank aan al die donateurs gestuur, behalwe dat daar ook anonieme skenkings was van ons goeie lede.
Aan almal van julle, ons opregte dank dat julle Boesmans vooropstel!.
Aan die anonieme en onidentifiseerbare donateurs, hierdie blomme is vir julle!

Dankie vir almal se vriendelike en vrygewige reaksie op ons versoek vir addisionele fondse om die paaie te versorg en vir die veiligheid van ons gemeenskap.
Al die reaksies en kommentaar is genotuleer en ons neem dit ter harte.
Ons stem saam dat baie van die sake wat ons affekteer deur die plaaslike owerheid moet hanteer word. Maar, soos almal weet, het hulle baie “uitdagings” en kry ons nie die diens waarvoor ons betaal nie. Baie voorbeelde kan genoem word.Ons het baie vergaderings met munisipale amptenare en ons neem die krummels wat ons kan kry. Ons weet ook dat die agenda van politici nie dieselfde is as ons s’n nie
So word ons gedwing om ons dorpie terug te neem.
As ons nie baie dinge self doen nie, is ons dorpie in sy kanon in! “If we do not do many of the things ourselves, the Village will go to pot (although that may be a dangerous thing to say now that it too, is sort of legal!!).”
Dus, die klein groepie vrywilligers wat die BRRAG Komitee vorm en ‘n paar inwoners wat help, hou Boesmans en Riversbend so skoon as wat ons kan met ons beperkte bronne en selfs minder hulp van die Munisipaliteit.
Die lede en goedgesindes, wat finansieel bydra, is BRRAG se ruggraat. Die meeste fondsinsameling is plaaslik en permanente inwoners is vrygewig met hulle tyd, geld en fisiese hulp. (Ek sal netnou praat oor die 100-Klub wat tans ten volle deur die plaaslike lede en een Valie befonds word!!). Julle bystand is wonderlik.
Baie dankie aan elkeen vir julle bydrae bo en behalwe julle ledegeld. Daarmee hou ons ons dorpie in die beste moontlike toestand, met ons beperkte bronne in gedagte. Dit is, bowenal, ons beleggings waarna ons kyk.
Julle is kampioene. Dra julle medaljes met trots
Opregte dank.
Watervoorsiening
Soos almal wat oor die Desembervakansie in Boesmans en Riversbend is ten volle van bewus is, is daar oor die piek vakansietye ‘n ernstige watertekort weens die onvoldoende watervoorraad vir die groot tydelike toename in plaaslike gebruikers. Om dit aan te spreek, het die Kenton Sakekamer en die Kenton Belastingbetalersvereniging ‘n gesamentlike tegniese komitee met die Munisipaliteit en Albanie Waterraad gevorm. Tot nou toe is die volgende remediërende aksies geneem deur die Munisipaliteit en Albanie Waterraad bygestaan deur die toegewyde tegniese komitee om die watertekort gedurende vakansietye te verlig:
- ‘n Span loodgieters is deur die Munisipaliteit aangestel wat teen hierdie tyd feitlik al die talle huishoudelike lekplekke wat tydens die deur-tot-deur- besoeke geïdentifiseer is, reggemaak het. Nuwe huishoudelike lekplekke word deurgaans herstel soos wat dit aangemeld word.
- Die infrastruktuur van die bestaande watervoorsiening is ondersoek, metervloei is geanaliseer en addisionele watermeters is geïnstalleer. Met hierdie oefening is verskeie groot pyplynlekke geïdentifiseer en is nou herstel.
- Enige nuwe lekplekke kry nou so gou moontlik aandag sodra die tegniese komitee in kennis gestel is.
- Nuwe kleppe is aangebring by kritieke punte sodat die watervloei beter bestuur kan word.
- Die reservoirpompe is geïnspekteer en heelwat herstelwerk, veral aan die kragtoevoer, is gedoen om te verseker dat dit reg funksioneer.
- ‘n Paar verbeterings aan die reservoirpypuitleg word oorweeg.
- Die Amatola Waterraad het die filtermembrane in die Tru-osmoseaanleg vervang, en dit het die produksiekapasitieit vergroot.
- Die Amatolaraad is besig om die waterproduksie van die aanleg te verhoog met die aankoop van addisionele prosesseringstoerusting.
- Die Munisipaliteit gaan addisionele kennisgewingborde oprig om sowel permanente inwoners as vakansiegangers daaraan te herinner om water te spaar.
Al bogenoemde aksies het ‘n groot verskil aan die watervoorsieningsituasie gemaak. Die feit is egter dat die duine se wateropbrengs weens die aanhoudende droogte aansienlik gekrimp het. Daarbenewens is die algehele reservoirstoorkapasiteit steeds onvoldoende om in die piektyd se wateraanvraag te voorsien, tensy almal spaarsamig is met die watergebruik. Ten spyte van deurlopende pogings oor die afgelope jare om mense te motiveer om water te spaar, blyk dit asof die boodskap nog nie by almal deurgekom het nie. Ons hoop dat hierdie Desember anders sal wees en mense bewus van die waterskaarste sal wees en saamwerk om minder water te gebruik.
Ons moet onthou dat die Oos-Kaap ‘n gebied is met watertekort en maak nie saak watter intervensies daar is nie, bly daar slegs ‘n beperkte hoeveelheid water beskikbaar. En dit gaan nie verander nie, trouens dit gaan vererger. Dit is ook onekonomies om reservoirs groot genoeg vir watergebruik in Desember en ‘n gedeelte van Januarie op te rig, selfs al sou ons genoeg water daarvoor gehad het. Dit is dus duidelik dat die watertekort oor vakansietye nie sommer opgelos sal kan word nie, indien ooit. BRRAG beveel dus ten sterkste aan dat huiseienaars met onvoldoende waterstoorkapasiteit addisionele reënwatertenks installeer, veral as hulle tydens die Desembervakansie hier gaan wees en nog nie tenks het nie.
Daar is onvoldoende grondwater in hierdie gebied en om deur ontsouting van die Boesmansrivier water te kry, is ‘n baie duur proses. Dit is dus belangrik om spaarsamig te wees met water en soveel reënwater te gebruik as moontlik. So kan die watertekort in ‘n groot mate verlig word, asook die frustrasievlakke van die gemeenskap oor piektye.
Desember waterbeperkings
Inwoners word daaraan herinner dat waterbeperkings steeds van krag is en as almal spaarsamig is (en reënwater gebruik sover moontlik), sal die voorsiening oor die vakansieseisoen baie beter as verlede jaar wees. As die aanvraag nie onder 3,5 megaliter per dag gehou word nie, sal die water tussen 22:00 en 4:00 afgeskakel word vir die reservoirs om te hervul.
Rapportering van lekkasies
Stel asb. alle inwoners van Boesmans en Riversbend in kennis dat enige waterlekkasies aan Mike White by 082 457 8408 of die Munisipale kantoor in Kenton gerapporteer moet word.
Mike White
Ons versoek lede om tenks te installeer sodat die aanvraag na water tydens vakansietye verminder kan word.
Seeparkering
So lyk die pad na die seeparkering toe tans. Kom ons wag en kyk hoe dit lyk nadat ons instandhoudingspan daarmee klaar is!

Wat gebeur in Riversbend – Nuusflits
1. Portfolio – Dalien Pachonick
Dit is vir ‘n my plesier om te kan berig dat daar positiewe kommunikasie tussen Ndlambe se Vise-direkteur van Infrastruktuur tov paaie en straatligte was. Ons is ingelig dat herstelwerk binnekort sal begin.
Werkers by die herwinningsterrein verdien ‘n klop op die skouer vir die merkbare verbetering in die werk wat by die herwinningsentrum gedoen word. Hulle hardewerk om by te hou met sortering en baal van die enorme hoeveelheid materiaal is indrukwekkend.
Vat so! Is ook van toepassing op Ferrence en sy span, in samewerking met die SAPD en HI-Tec, vir wie ons moet gelukwens. Hulle eindelose pogings, slapelose nagte terwyl hulle ons so veilig as moontlik hou in ons huise, is wonderlik en het al tot heelwat arrestasies gelei. Ondersteun hulle asseblief ten volle en moenie huiwer om ‘n donasie aan die Nagwagspan te maak vir hulp met hulle brandstofkosts nie.
2. Sekuriteitverslag
DESEMBER sekuriteitmaatreëls
Dit is alweer daardie tyd van die jaar! Ons sien almal daarna uit om so bietjie by die see te kuier! Ongelukkig beplan die kriminele ook hulle eskapades en ons het reeds in die middel van die jaar ‘n vlaag van inbrake gehad, veral by huise sonder of met onvoldoende sekuriteit. Ons bevel dit sterk aan dat lede die plaaslike sekuriteitdiens in diens neem. Dit is het reeds bewys om onskatbaar te wees vir voorkomende doeleindes sowel as om gemoedsrus te gee vir die van ons wat nie permanente inwoners is nie.
Ons is in onderhandelings oor die Desember spesiale sekuriteitdiens wat elke Desember van onskatbare waarde is. Maak asseblief jou donasie vir hierdie projek met verwysing jou naam/erfnommer/Desember. Huise van donateurs kry altyd voorkeuraandag en word vir identifikasiedoeleindes deur die wagte gemerk. Ons benodig R 160 000 vir hierdie spesiale projek en is geheel en al afhanklik van donasies om die aantal dag- en nagwagte vas te stel asook die tydperk wat hulle in diens sal wees. Wagte sal in Boesmans dorp asook Riversbend diens doen.
3. Gemeenskapsfondsinsamelingsverslag
Portfolio – Jack Dell
Ons mees onlangse fondsinsameling was die Sop, Sjerrie en Bingo-aand, saam met die 100-klubtrekking. Die aand is goed bygewoon en ons het ‘n pretaand met ‘n verskeidenheid tuisgemaakte sop en brood met genoeg sjerrie gehad om almal te laat glimlag. Daarby was daar vyf Bingospeletjies en ‘n mini vasvra om die aand af te rond So, baie dankie aan almal wat daar was, en die dames wat sop, brood en sjerrie verskaf het sodat ‘n R1,200.00 ingesamel is. Ons volgende fondsinsameling is ons Kersfees Gemeenskapbraai op 6 Desember en dit is noodsaaklik om te bespreek by 079 829 2698.
4. Algemene gemeenskapsinligting
Bill Northrop
Dit is met groot hartseer dat ons julle moet inlig dat Bill Northrop, ‘n komiteelid vir baie jare van die Belastingbetalersorganisasie en goeie vriend, oorlede is. Tot onlangs was Bill vise-voorsitter en het jarelank onvermoeid sy tyd en krag vir die gemeenskap gegee. As jy ‘n wit Toyota land cruiser en trailer gesien het, was dit Bill, besig om boomsnoeisels en tuinafval weg te ry om die dorp netjies te hou. Bill was ook aktief betrokke by die deurlopende instandhouding van sekuriteitsheinings in Boesmans asook by die Brandweerafdeling en Estuary Care. Daar was vir hom niks lekkerder nie as om op die Kariega- en Boesmansrivier te wees waar hy die riviermerkers en boeie in stand gehou het.
Ons sal jou mis, Bill
5. Kennisgewing oor tuinafval
Sommige inwoners en huiseienaars verkeer onder die wanindruk dat BRRAG tuindienste vir die voorkant van hulle eiendom verskaf. Ons beklemtoon weereens dat dit die huiseienaar (BBRAG-lid of nie) se verantwoordelikheid is om hulle sypaadjie en straatfront netjies te hou. Die Munisipaliteit neem twee sakke tuinafval per week saam met jou huishoudelike afval weg. As enige huiseienaar tuindienste nodig het, skakel gerus vir Koos Kooij, wat in Boesmans woon by tel: 073 519 5815
Let op na tekens
Boesmans inwoners en huiseienaars het soms vreemde items, soos halfvol plastiek waterbottels, buite hulle huise opgetel, en wil graag weet waar dit vandaan kom.
Eerstens, as jy enige ongewone items buite jou huis/erf kry, verwyder dit onmiddellik, omdat dit soms aanwysings is vir inbrekers. Hieronder is ‘n lys wat die Polisie meen ‘n syfer of kode is wat gebruik word om vas te stel of jou eiendom geteiken word deur kriminele.
So wees versigtig as jy enige van hierdie ongewone tekens by jou eiendom opmerk en verwyder dit.

Komende Gemeenskapgeleenthede vir September – Desember 2019
Datums bevestig soos hieronder
- 25 Okt Halloween Gemeenskap Pretbraai + 100-klubtrekking
- November B. Geen maandeinde Gemeenskapbraai
- 6 Des Kersfees Gemeenskapbraai – bespreking noodsaaklik
- 16 Des Kersfees Kunsmark by die Boesmans Dorpsaal
- 27 Des BRRAG AJV by die Boesmans Dorpsaal
Humor vir nagereg
Aan die dames:
‘n Argeoloog is die beste man vir ‘n vrou – hoe ouer sy word, hoe meer stel hy in haar belang.
Natuurlik werk vroue nie so hard soos mans nie. Hulle kry dit die eerste keer reg.
Agter elke vrou wat kwaad is, is ‘n man wat geen idee het wat hy verkeerd gedoen het nie.
Vir die jonger generasie:
My Wi-Fi was vir 30 minute af, toe moes ek met my ouers gesels; hulle lyk nogal na gawe mense.
Ons het nou net ‘n faks by die werk gekry. Niemand het geweet wat dit is nie. Almal het net daarna gestaar en ek het dit met ‘n stok probeer steek …
87% jongmense het rugpyn; die ander 13% het nie’n rekenaar nie.
Vir die ouer generasie:
Ek het my wagwoord na “incorrect” verander. So, as ek my wagwoord vergeet, kry ek die boodskap “Your password is incorrect”.
E-Bay is nutteloos. Ek het die woord ‘lighters’ nageslaan, en al wat ek kon kry was 13,749 matches.
Be careful who you buy Velcro from. Some people are being ripped off.
Vir dié wat verward is:
Thanks for explaining the word “many” to me, it means a lot.
How do policemen on pedal cycles arrest people? Do they say, “Alright, get in the basket”?
As ‘n mens nie veronderstel is om snags te eet nie, waarom het die yskas ‘n lig in?
‘n Laaste woordjie
Stressed spelt backwards is Desserts: Toevallig? Ek glo nie……tot volgende keer.