Sekuriteit in Desember

Ons is besig met die beplanning vir addisionele sekuriteit gedurende die vakansieseisoen. Waarom so vroeg? Omdat ons die diensverskaffer betyds in kennis moet stel van die aantal wagte wat ons tydens die vakansieseisoen sal benodig want die wagte word gehuur en daar moet vasgestel word of hulle behoorlik opgelei is om aan die vereistes van die relevante wetgewing vir sekuriteitswagte voldoen. Dit kan nie oornag gebeur nie. Ons moedig lede aan om te begin bydra vir die Desember sekuriteitsfonds sodat ons teen die einde van Oktober 2022 kan weet wat die beskikbare bronne is waarmee ons werk. Skenk asseblief met ‘n oop hand. Ons het sowat R 175 000 – R 200 000 nodig. Betaal asseblief soos volg:

BRRAG: Standard Bank
Takkode: 051117
Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393
Verwysing: Wagte.xx.Straat.Naam.
Stuur asseblief ‘n eposkennisgewing na bushmansratepayers@gmail.com sodat ons die korrekte huise kan identifiseer wat tot die beskermingsprojek bydra.

Riversbend eienaars, moedig asseblief bure aan om saam te werk – ons moes in die verlede minder wagte kontrakteer vir korter periodes weens ‘n tekort aan bydraes.

Neem asseblief kennis dat die bedrag hierbo slegs toelaat vir nagwagte (18:00 – 06:00) en ‘n wag by die sleephelling en seeparkeerarea gedurende die dag. Met meer bydraes kan wagte wat gedurende die dag rondloop, bygevoeg word.

Indien jy reeds nou ‘n bedrag wil beloof en later betaal, is dit ook reg want dit stel ons in staat om ook vroeër met die beplanning te kan begin.

In die straat voor die huise wat bygedra het, sal ‘n merk aangebring word vir makliker identifikasie deur die wagte in Desember.

Whatsapp groep vir lede

Ons het ‘n Whatsapp-groep vir opbetaalde lede van BRRAG gestig. Dit is ‘n addisionele kommunikasiekanaal om kommunikasie met lede te verbeter. As jy ons kommunikasie wil lees of met ons wil kommunikeer, stuur asseblief jou naam en van en selfoonnommer na ons eposadres bushmansratepayers@gmail.com met die woorde Whatsapp groep in die onderwerpspasie. Ons doel is om nuuswaardige sake so gou moontlik by lede te kry en nie te wag vir ons nuusbrief wat ook aan sommige nie-lede uitgaan nie. Met hierdie platform hoop ons om onmiddellik op sake wat almal raak te reageer. Ons doelwit is om dienslewering en kommunikasie te verbeter. Voorbeelde is die aanmeld van straatligte wat nie werk nie met die straatnaam en paalnommer; watersake; infrastruktuur; herstel van tekens; vullisverwydering; sekuriteitsake – neem asseblief kennis dat die diens nie enige van die sekuriteitsgroepe vervang nie maar ‘n rapporteringsdiens is.

Desember se Kersfeesmark

Ons Desember Kersfeesmark sal op 23 Desember 2022 terug wees. Meer inligting volg later in die jaar. Indien jy bydraes het vir ons rommelverkoping / witolifanttafel laat weet ons en ons tref reëIings om dit op te laai. Die onderstaande sal ook te koop wees by die mark – maar is gratis vir opbetaalde lede.

In memoriam

Ons Dorpbestuurder van baie jare , Corrie Swanepoel, is laat in Julie oorlede, slegs ‘n paar maande na Sheila oorlede is. Ons is diep geraak deur die nuus van Corrie se heengaan . Hy was ‘n wonderlike pa, eggenoot, gemeenskapsmens en ‘n inspirasie vir almal op die manier wat hy sy gestremdhede hanteer het. Vir baie van ons was hy jarelank ‘n lojale vriend ….. die wêreld het ‘n goeie man verloor! Dit is ‘n tragiese einde vir ‘n groot hoofstuk in die lewensboek. Corrie en Sheila was staatmakers in die vorming van ‘n lewendige en verenigde gemeenskap en Boesmans ‘n heerlike plekkie om in te woon. Ons wonder hoeveel inwoners weet van die groot rol wat hulle in Boesmans gespeel het. Baie min, behalwe hulle wat nou met hulle saamgewerk het. Mag hulle in vrede rus en ons wat hulle geken het, sal hulle onthou vir die mense wat hulle was.

Gemeenskapslede het op 16 September ‘n klein herdenkingsdiens bygewoon en is deur Lötter toegespreek. Hy het ‘n groot dankie aan Corrie and Sheila gerig vir hulle toewyding aan Boesmans.

Jaarlikse ledegeld

Ons opregte dank gaan aan Veronique Jones wat dit op haar geneem het om eienaars en inwoners aan ons jaargeld te herinner. Dit het gelei tot nuwe lede wat aansluit en bestaande lede wat vergeet het op datum te kry. Baie dankie, Veronique, en dankie aan al ons lojale lede wat nou opbetaald is. Neem asseblief kennis dat, te danke aan finansiële bystand deur die Munisipaliteit (ja, regtig!), kan ons ons fooi dieselfde hou as die afgelope paar jaar, dws. R350. Ons stuur ook binnekort rekenings aan huidige lede as herinnering dat jaargeld vir 2023 betaal kan word. Ons jaareinde is November.

Tennisbane

Die tennisbane mag opgegradeer word as ons binnekort ‘n nuwe 5-jaarhuur kry. Die nette is vervang en ons hoop om die oppervlaktes skoon te maak asook heinings te herstel. Dankie aan skenkers wat tot die tennisbaanfonds bygedra het en ons so in staat gestel het om verbeterings aan te bring. Onthou asseblief van die EERLIKHEIDSBOKS teen die klubhuis se muur waarin donasies vir die gebruik van die baan met dank ontvang word. ‘n Lid gebruik ook die fasiliteit vir ‘n private doel en sal so tot ons geldkas bydra.

BRRAG se maandelikse gemeentebraai

Ons gaan die maandelikse gemeentebraai op die laaste Vrydag van elke maand laat herleef. John Wesley en Bernard Miles het aangebied om in beheer te wees van die funksies. Die BRRAG-personeel sal die plek op die Vrydagmiddag voorberei en op die Maandagoggend opruim. Inwoners wat graag kennisgewing van die braai wil hê, kan by ‘n spesiale braai Whatsapp-groep aansluit en kennis kry van enige samekoms. As jy wil aansluit, stuur asseblief ‘n epos met jou naam en selfoonnommer na bushmansratepayers@gmail.com met die woord BRAAI in die onderwerpspasie.

Augustus 110-klubtrekking se wenners:

  1. Jean-Pierre du Toit R525
  2. Leon Schmidt R380
  3. Simon Cooper R295

Veels geluk aan die wenners.

Woonwapark

Die woonwapark-huurooreenkoms tussen die Munisipaliteit en die huurder is verby. Sommige van die huurders in die park het saamgekom en die Boesmans Caravan Park Cabin Owners’ Association gevorm met ‘n versoek van ‘n verdere 10-jaar huurooreenkoms. BRRAG het die Assosiasie tot die beste van hulle vermoë bygestaan en hoop dat hulle suksesvol sal wees met hulle aansoek.

Ou dorpsaal

Ons het die Munisipaliteit genader met ‘n versoek om die ou dorpsaal en strandkiosk te gebruik Die gebou was ‘n hele aantal jare feitlik in onbruik en ons kan vir seker die kantoorspasie en saal gebruik.

AJV

Teken asseblief 27 Desember 2022 aan vir ons AJV. Ons het steeds addisionele komiteelede nodig. Laat weet ons asseblief!

Gemeenskapskamerafonds

Waarom R50.00 per maand of R600.00 per jaar vir die gemeenskapskamerafonds skenk?
Alle ingange en uitgange van die totale gemeenskap word gedek deur *NAVIC* ANPR (Outomatiese Nommerplatherkenning) Kameras. Dit is gekoppel aan die nasionale misdaadintelligensiedatabasis. Enige voertuig wat aan enige vorm van misdaad gekoppel is, is gemerk en word op gereageer deur SAPD, NAGWAG KENTON ON SEA / BOESMANSRIVIERMOND BUURTWAG (NHW) / GEMEESKAPSPOLISIEFORUM (CPF) en Hi-Tec Security. Daar was baie suksesvolle inhegtenisnemings in ons gebied as gevolg hiervan. Dit help baie om misdadigers uit die gemeenskap te hou.

Om veilig en met gemoedsrus in die besigheidsarea inkopies te doen, is op ons skouers want daar is tans geen Munisipale of regeringsbefondsing wat ons kan help nie.

Gemoedsrus op die strande, bote vasgemeer op die riviere en treilers geparkeer op die treilerparkeerarea.

Alles het hoë kostes om te onderhou en monitoring op ‘n maandelikse basis.
Kameralense by die riviere en strande moet feitlik daagliks skoongemaak word.
Daar is slytasie by kameras en telemetriese toerusting.

Vervanging van kameras.

Telemetriese kostes om seine terug te stuur na die Hi-Tec kontrolekamer.

Koste van onderhoud van Eskom- en sonkragvoorsiening van al 158 kameras.

Maandelikse moniteringskoste aan Hi-Tec- Security.

Maandelikse subskripsie aan die nasionale databasis vir NAVIC ANPR.Toekomstige ontwikkeling.Dit is nie regverdig dat sommige mense voordeel trek uit die kameras maar nie bydra nie en ander wel bydra.

Daar is NHW / CPF lede wat sonder vergoeding hard werk agter die skerms om met die kameranetwerk ‘n ogie te hou oor jou nie-Hi-Tecbeskermde eiendom en jou straat. Dit stel jou in staat om die eiendomswaarde op die vlakke te hou wat jy wil.

Ons begrip dat daar mense is wat dit nie kan bekostig om by te dra nie, en dit is waarom ons as gemeenskap moet saamwerk en saamstaan want eenheid is mag.

Moet dit nie as vanselfsprekend aanneem dat jy nie deel is van die gemeenskap nie. Elke huiseienaar en besigheid het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons gemeenskap as geheel. Sluit aan en ondersteun jou belastingbetaler- en erkende gemeenskapsorganisasies. Hulle werk uitermate hard vir jou.

Die grootste applous vir al die wonderlike mense en families wat ruimhartig bygedra het en dit steeds doen ten bate van die kamerafonds.

Gemeenskapskamerafonds, Standard Bank, Port Alfred, rekeningno 28 262 348 5 of BRRAG en ons sal dit oorbetaal na die Kamerafonds BRRAG Standard bank Rekeningno. : 281116393.

Nagwag kennisgewing

NW het ‘n ernstige tekort aan fondse en sal ‘n donasie tot hierdie verdienstelike saak waardeer. Met jou hulp kan ons help om die buurt te beveilig.

Hi Tec het die mandaat om na hulle kliënte om te sien en ons mandaat as Buurtwag ondersteun om na die breër gemeenskap se strate om te sien. Ons is ook ‘n rampbestuurspan reaktief tot brandbestryding en ongeluksrespons. Ons is nie net verheerlikte sekuriteitspesialiste nie, soos wat ons al genoem is nie. As jou huis besig is om af te brand, is ons eerste daar, ook met enige ander insident. Ons eie brandbestrydingstoerusting wat geborg is, word by die brandweerstasie gestoor en in alle strategiese plekke in die gemeenskappe.

*Nagwag is die amptelik geregistreede Kenton-on-Sea en Boesmansriviermond Buurtwag,, CPF lid geaffilieerde van *Afriforum GVE nasionaal.* NW is ‘n lid van die *Oos-Kaap Sekuriteitsnetwerk*, *NCA (National Crime assist)*, *NAVIC geïntegreerde opmetingstelsels Oos-Kaap*, *SDSG (Service Delivery Support Group)* vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit en Gemeenskapkamera moniteringspan. *

Graag wil ons ook almal bedank wat donasies vir brandstof en toerusting aan Nagwag geskenk het om ons operasioneel te hou. Ons is opreg dankbaar.

As u ‘n donasie wil gee, gebruik die besonderhede wat volg:
_BRRAG_
STD BANK
Rekeningno 281116393
Verwysing N-wag / NAAM.

*Ons finasies word deur BRRAG gehou en geouditeer deur ‘n gekwalifiseerde rekeningkundige. Die publiek is welkom om te eniger tyd ons finansies na te gaan. Korporatiewe ondersteuning sal waardeer word. *

DIE NAGWAGSPAN

Watersake – opvolg

Agtergrond inligting

Die leierskap van BRRAG, KOSRA, Kamer van Besigheid en Toerisme en Estuary Care het ‘n gekombineerde verteenwoordigende liggaam, SDSG (Service Delivery Support Group) gevorm om met Ndlambe en Amatola in gesprek te tree om deel te neem en hul te ondersteun in die aanleginstandhouding en bestuur in ‘n poging om waterbeskikbaarheid aan die gemeenskap van wyke 3 en 4 te verseker.

‘n Waterbestuurskomitee (WMC) sowel as ‘n Tegniese Taakspan (TTT) is saamgestel met verteenwoordigers van SDSG, Ndlambe, Amatola en DWS en word beheer deur ‘n baanbrekende formele ooreenkoms (TOR).

Die doelwit is om ‘n samewerkende benadering te vestig en in stand te hou wat die gekombineerde insette op ‘n positiewe wyse benut en wat gefokus is op die verbetering van waterdienslewering. Die hoofdoelwit is om ‘n werksatmosfeer te skep en in stand te hou waarin samewerkende pogings toegepas kan word, dit is natuurlik nie sonder konflik en meningsverskil nie maar is positief wanneer dit lei tot oplossings wat gevind word vir die vele uitdagings.

Huidige posisie

Die Albany-wateraanleg (ACRO) bly onder druk om genoeg water aan die gemeenskap te lewer met toenemende behoeftes aan vars water.

Uitdagings kan in twee hoofkategorieë verdeel word: Bestuurs- en Tegniese uitdagings, sommige van hulle word uitgelig en vordering word verskaf.

Bestuursuitdagings

  • Amatola Direksie is 3 keer in 3 jaar vervang wat ‘n kontinuïteitsuitdaging skep.
  • Amatola het gedurende September 2022 ‘n waarnemende Hoof Uitvorende Beampte aangestel.
  • Aankoopprosesse wat nie die RO-aanleg ondersteun in terme van reaksietyd nie. AW werk daaraan om sommige van die prosesse te verbeter.
  • AW aanleg het nie die verlangde bestuurstruktuur wat nodig is om die ACRO-aanleg te ondersteun nie. Nadat die TTT en WMC druk op AW-raad geplaas het, is ‘n tydelike aanlegbestuurder vir 6 maande aangestel in plaas van een jaar soos versoek.
    ‘n Formele versoek van SDSG en Ndlambe is in die proses om sal na ministeriële vlak geëskaleer word om die situasie reg te stel.
  • Onvoldoende ondersteuning om nuwe gekonseptualiseerde oplossings te implementeer.

Tegniese uitdagings

  • Voorsiening van genoeg rou water aan die aanleg sonder biologiese materiaal en sand bly die enkele mees kritieke tegniese kwessie. Formele voorleggings is deur die TTT en WMC aan AW gedoen om die uitdaging op te los, maar ongelukkig is die voorgestelde oplossing deur AW nie in lyn met die formele voorleggings wat gemaak is nie en is dit in die proses om na ministeriële vlak geëskaleer te word.
  • Membrane in die aanleg is vervang.
  • Pomp wat onklaar geraak het en teen hoë koste en groot vertragings van Dubai verkry moes word, is vervang.
  • Waterlekke op die Diaz pyplyn word tans herstel.
  • Twee Diaz-boorgate is geskeduleer om herstel te word om meer water aan die aanleg te verskaf.
  • Sosiale en omgewingsfaktore wat geïdentifiseer is, is in proses om deur AW aangespreek te word.
  • Brugkruising: – pype is verkry en is op die terrein en AW is in proses om ‘n kontrakteur aan te stel om die bestaande pypleiding te vervang.
  • 1ML Watertenk is skoongemaak van sand.
  •  Multimedia filter is gediens.
  • Ndlambe en AW is voortdurend besig om lekkasies in die water retikulasiestelsel reg te herstel.

Water toevoer

Dit is belangrik om kennis te neem dat die ACRO-aanleg ‘n komplekse operasie is met baie verskillende bewegende dele, waarvan sommige onderling van mekaar afhanklik is, wat die aanleg kwesbaar maak vir onklaarrakings, wat vinnige reaksietyd vereis.

Watervoorsiening toon ‘n positiewe neiging met stygende reservoirvlakke, as gevolg van die aksies hierbo.

Waterbeperkings en besnoeiings is steeds nodig om te verseker dat genoeg reserwes in die reservoirs is, wat nodig is om te verseker dat hoërliggende gebiede water ontvang.

Toekomsbeplanning

SDSG werk saam met Ndlambe om ‘n bykomende waterdiensverskaffer vir Wyk 3&4 te identifiseer om die risikosituasie en afhanklikheid op die ACRO-aanleg te veminder.

Dit is ‘n langtermynoplossing, wat formele ondersoek, proses en goedkeurings vereis.
Voortgesette aktiewe betrokkenheid by AW en Ndlambe is belangrik om die beskikbaarheid van water aan ons gemeenskappe te verseker.

Toekoms

Daar is nie ‘n maklike of vinnige oplossing vir die wateruitdagings wat in ons area ervaar word nie.

Aktiewe betrokkenheid by die proses deur die gemeenskapsorganisasies en ondersteuning van Ndlambe en Amatola is deurslaggewend en ‘n integrale deel van die vind van blywende oplossings vir die uitdagings om langtermyn volhoubare en verantwoordelike watervoorsiening te verseker.

ACRO-aanleg sal na alle waarskynlikheid nie die 3.5 ML per dag produseer soos benodig nie en sal in alle waarskynlikheid 2-2,5 ML per dag produseer wat sal lei tot waterrantsoenering en -besnoeiings veral gedurende die spitsseisoen wanneer ‘n groter aanvraag ervaar word.

Ten slotte

In Suid-Afrika het selfhelp ‘n lewenswyse geword wat nie anders is vir waterbeskikbaarheid nie.
Ons organisasies het hierdie benadering aangeneem om betrokke te wees by die proses wat in die inleiding uitgewys is; ons ondersoek ook alternatiewe bronne van watervoorsiening.
Die publiek word versoek om voort te gaan om lekkasies in die retikulasiestelsel aan te meld.

Ons inwoners word sterk aangeraai om reënwatertenks te installeer om afhanklikheid van die netwerk te verminder.

 

Get the news first

Join our email list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and subscribe now.

You have Successfully Subscribed!