Die doel met hierdie brief is beslis nie om alarmisties te wees nie, maar bloot om wenke te gee oor hoe om ongewenste insidente tydens u verblyf te vermy. Let asseblief op dat vlakke van armoede en werkloosheid baie hoog is in die gebied, wat lei tot misdaad. Misdadigers is geneig om tydens die feesseisoen misbruik te maak van geleenthede wanneer mense ontspanne is en vakansie hou. Om te ontspan en nie op jou hoede te wees nie, is normaal.
Inbrekers teiken dikwels eiendomme wanneer besoekers arriveer en nog nie tuis voel in die omgewing nie. ‘n Nuwe trant is dat inbrake tydens skemeraand plaasvind, wanneer hulle nog kan sien wat in die huis rondlê, en dan kan wegkruip totdat dit donker is en dan die gebied verlaat.
Sekuriteitswenke
- Hou buitedeure gesluit, self as jy in die huis is.
- Stel altyd die alarm as jy uitgaan en gaan slaap. Skakel Hi-Tec as jy hulp nodig het met die alarmstelsel.
- Sluit waardevolle items weg in die aand en haal die sleutel uit.
- Hou wapens in ‘n kluis – nie langs jou op die bedkassie nie, of in jou motor nie.
- Maak seker alle deure is gesluit, vensters is toe en die alarm is aan wanneer jy uitgaan.
- Sluit altyd jou motor en sluit besittings, pakkies en kruideniersware in die bak toe.
- Moenie sleutels, beursies, handsakke, selfone, rekenaars of klerasie naby oop vensters laat nie.
- Moenie wasgoed op ‘n balkon, patio of ander oop area los nie.
- As jy waardevolle items of geld saamdra as jy gaan stap, moet dit nie neersit waar jy dit nie kan sien nie.
- Vermy die vertoon van duur juwele, kameras, rekenaars en ander waardevolle items.
- Dit is nie raadsaam om groot bedrae geld saam te dra nie.
- Hou ‘n rekord van alle relevante reeksnommers van jou rekenaar, kamera, selfoon, ens. .
- Gebruik ‘n “tracking app” – dit is dan makliker om ‘n gesteelde rekenaar, selfoon, tablet, I-pad, ens op te spoor.
As jy agterkom dat ‘n misdaad gepleeg is, gebruik asseblief die Link-toepassing om ‘n eerste kennisgewing te maak en skakel die polisie onmiddellik daarna.
Geniet u tydjie in ons pragtige deel van die Sonskynkus.
Ons waardeer dit dat u hier is.
Belangrike nommers
SAPS Kenton on Sea: | 046 648 1222 / 10111 (landline) |
Misdaadlyn vir die area: |
082 374 0239 |
Hi-Tec Sekuriteit: | 046 648 1032 |
Sekuriteitstoepassing: |
Link (powered by Vodacom) BRM Security Channel |
Port Alfred Hospitaal: | 046 604 4000 |
Plaaslike Dokter: |
046 648 1256 |
Ambulaansdiens: | 10177 or Guardmed 082 759 2134 |
Brandweer: | 046 648 1111 |
Toeriste-inligting: | 046 648 2411 |