Desember sekuriteit
Ons het ons areas oor die mees kritieke tyd in die feesseisoen gedek en daar is nie ‘n enkele misdaadverwante insident aangemeld in die tyd wat die wagte aan diens was nie. Baie dankie aan al ons wonderlike skenkers wat ten bate van hierdie jaarlikse projek bygedra het. So jammer oor die motor wat gesteel is die dag na ekstra sekuriteit ten einde gekom het.
Vensterplaatjie
Dankie aan Martin en Veronique Jones vir ‘n stel nuwe BRRAG vensterplaatjies. Lede kan dit by die sleephelling kiosk kry.
Benhamedies
Die kiosk by die sleephelling was ‘n reuse sukses tydens die vakansie en het ook addisionele inkomste vir BRRAG gegenereer. Dit sal van tyd tot tyd buite seisoen oop wees. Hou die BRRAG WhatsApp-groep dop.
Whatsapp-groep vir lede
Ons het ‘n Whatsapp-groep vir opbetaalde lede van BRRAG gestig as ‘n addisionele kommunikasiekanaal om kommunikasie met lede te verbeter. As jy met ons wil kommunikeer of ons kommunikasie wil lees, stuur asseblief jou naam en van en selfoonnommer per epos as antwoord op ontvangs van hierdie epos aan bushmansratepayers@gmail.com met die woorde “WhatsApp-groep” in die onderwerpspasie.
Ons wil graag nuuswaardige sake so gou moontlik by lede uitkry en nie wag vir die nuusbrief wat ook aan party nie-lede uitgaan nie; so kan ons hopelik onmiddellik reageer op sake wat ons almal raak. Ons doel is om dienslewering en kommunikasie te verbeter.
Voorbeelde sluit in die rapportering van straatligte wat buite werking is met die straatnaam en paalnommer; watersake; rapportering oor infrastruktuur; padtekenherstelwerk; vullisverwydering; sekuriteitsake – neem asseblief kennis dat die sekuriteitgroepe nie vervang word nie maar dat die WhatsApp-groep slegs ‘n rapporteringfunksie het.
Kamerafonds
Die kameras in ons area speel ‘n groot rol in die beheer van kriminele aktiwiteite. Hierdie boodskap het gedurende die tweede week van Januarie uitgekom: “Dankie NW wat my gisteraand gehelp het om my voertuig terug te kry met die hulp van die gemeenskapskamerafonds NAVIC ANPR (nommerplaatherkenning) kameras. Ook ‘n groot dankie aan SAPD Kenton On Sea and Multi Security in Port Alfred vir hul vinnige reaksie”.
Skenkings kan ook aan BRRAG gemaak word in die gewone rekening met verwysing jou naam en “Kamera”.
BRRAG aan die werk
Ons personeel ondersteun die pogings van plaaslike Kenton inwoner, Adrian Purdon, wat helpers gekoördineer het om op ‘n gereelde basis langs die pad van Kenton Eco Estate na die Boknesafdraai skoon te maak. Baie dankie aan Adrian en Gugu en Julius.
Ons dorpies het vroeg in Desember baie reën gehad en ons werkers het gesukkel om by te hou met die grassny in oop ruimtes en ander take. Maar nou is hulle weer terug en sal albei na die seisoen ‘n welverdiende jaarlikse vakansie kry. Die tennisbane moet vir die Paasvakansie geseël en geverf word.
ONTHOU om asseblief ‘n redelike bedrag in die eerlikheidsboksie by die tennisbaan te deponeer wanneer jy die tennisbane gebruik.
Ons het ook gesien dat daar twee privaatfunksies deur lede in die klubhuis gehou is. Die koste? Wat ookal julle dink die gebruik van die fasiliteit vir jou werd was. Die fondse word gemerk vir instandhouding by die tennisbaan.
Afval wat langs die pad opgetel is.
Nog vakansienuus
Lees asseblief die Sunshine Coast Toerismebrief wat aangeheg is.
Jaarlikse ledegeld
Ons subskripsiegeld bly dieselfde as vir die afgelope paar jaar dws. R 350. Ons sal ook rekeninge aan huidige lede stuur om te herinner aan die ledegeld vir 2023. (Ons jaareinde is November).
BRRAG 100-klub
Die 100-klub, soos dit genoem word, is eenvoudig gestel ‘n maandelikse donasie met ‘n verskil; ‘n persentasie van die donasiegeld word aan die deelnemers teruggegee by wyse van ‘n tweemaandelikse trekking, genoem die “100-klubtrekking”. Die res van die geld gaan aan BRRAG (Bushman’s River Mouth Ratepayers’ Organisation). Die fondse wat deur die 100-klub ingesamel word, word vir ‘n verskeidenheid projekte gebruik om ons plaaslike areas skoon en netjies en goed in stand te hou deur die jaar.
- Daar is 100 nommers van 1 tot 100. (Ons kan meer ook gebruik).
- Elke individuele nommer word toegeken aan wie ookal besluit om die maandelikse subskripsie van R50 te betaal vir ‘n nommer (wat nog nie geneem is nie).
- Enige een mag meer as een nommer koop, bv. een nommer vir ‘n man en nog ‘n nommer vir die vrou, wat die maandelikse donasie 2 x R 50 = R100 maak.
- Daar is elke twee maande ‘n trekking en vind plaas by die gemeenskapsbraai aan die einde van die maand.
- Die wenners (indien nie by die trekking nie) word in kennis gestel en hulle name word in ons BRRAG Nuusbrief en op die webblad geplaas.
- Daar is vier hoofwenners en een addisionele prys vir bywoning van die maandeinde braai.
- ‘n Voorbeeld is: As 40 nommers toegeken word, wat beteken daar is elke maand vir 40 kaartjies betaal, en die 1ste pryswenner ontvang dan R800, die 2de R400, die 3de R300 die 4de R200 en die 5de R100.
- As meer as 40 kaartjies verkoop word, word die prysgeld meer en as minder as 40 verkoop word, verminder die prys dienooreenkomstig.
- Jy kan jou nommer of nommers kies sodra jou maandelikse stoporder opgestel is. Jy sal dan erkenning van ontvangs kry dat jou nommer/nommers vir die volgende trekking toegeken is.
Dit is ‘n baie goeie manier om by te dra tot die instandhouding van ons areas in Boesmans en lei tot ‘n bietjie opgewondenheid by die deelnemers elke tweede maand van die jaar.
Die meeste lede betaal jaarlikse 100 klub ledegeld.
Betaal jou R50 of R100 of meer, voor die 20ste van die maand soos volg:
BRRAG
Standard Bank
Rekeningnommer: 28-111-639-3
Kenton-on-sea
Verwysing 100 Klub.xxStraat. Van
Om ‘n nommer te kry/kies, kontak asseblief vir Sarel Marais
Nuwe komiteelid
Welkom Duard Scholtz wat vanaf hierdie jaar op die komitee sal dien. Ons wens jou ‘n gelukkige assosiasie met ons kant van die storie. Ons hoop ook dat ander lede van ons gemeenskap beskikbaar sal wees om by ons aktiewe komitee aan te sluit – stuur asseblief ‘n epos as jy belangstel. Ons dien ook op die NRF (Ndlambe Belastingbetalersforum), SDSG (Dienslewering ondersteuninsgroep – lees ons voorsittersverslag op ons webblad), Estuary Care, Sakekamer en Toerisme, en verskeie ander organisasies waar jou inset waardevol kan wees. Ons benodig die diens van ‘n SEKRETARESSE, asseblief .
ESKOM
Vir jou eie gerief en onmiddellike reaksie gebruik asseblief een van die selfdiens kanale.
- Om kragonderbrekings te rapporteur, gebruik asseblief Alfred Our Chatbot
- Vir rekeningbalanse, voorlê van meterlesings en rapportering van kragonderbrekings gebruik assblief MyEskom Customer app (vir Android kliek hier om af te laai; en vir die IOS version kliek hier om af te laai) of CS Online, www.csonline.co.za
- Vir alle ander other navrae (toepassingsverwante diensnavrae, rekeningverwante diensnavrae, diskonneksie en kredietverlengingverwante diensnavrae), volg asseblief die volgende instruksies:
Herhaal jou navraag by customerservices@eskom.co.za
Maak asseblief seker jou epos het die relevante onderwerpinskrywing soos volg:
- Navrae oor Toepassings , gebruik asseblief # Application en die Provinsie waarin jou navraag van toepassing is.
- Navrae oor Rekeninge gebruik asseblief # Accounts en die Provinsie waarmee jou navraag verband hou.
- Navrae oor Move In / Move Out gebruik asseblief # MIMO en die Provinsie waarin jou navraag van toepassing is.
- Vir Diskonneksies en Kredietverlenging, gebruik asseblief # DCE en die Provinsie waar jou navraag van toepassing is.
Om ons in staat te stel om jou doeltreffend te kan bystaan, verskaf asseblief jou rekeningnommer of meternommer, twee kontaknommers en ‘n beskrywing van jou versoek.
Laaste woordjie
The BRRAG team