Ledegeld
‘n Vriendelike versoek gaan uit om jou jaarlikse ledegeld vir 2022 van R350 te betaal (of enige groter bedrag wat baie waardeer sal word). Betaal asseblief elektronies aangesien ons nie die fasiliteit vir kontantbetaling het nie. Ons is ‘n groot dankie verskuldig aan Veronique Jones vir die skakeling met lede / inwoners om hulle te herinner aan die betaling van ledegeld. Stel ons asseblief in kennis van jou betaling van ledegeld.Verwysing: Ledegeld.xxstraat.Van
Alle gelde wat ontvang word, word gebruik vir die effektiewe instandhouding van die dorp.
Desember Kersfeesmark
Ons Desember Kersfeesmark sal op 23 Desember 2022 weer hervat. Meer inligting later in die jaar.
As jy enige bydraes het vir ons rommelverkoping / witolifanttafel stel ons asseblief in kennis sodat ons dit kan kom oplaai.
Whatsapp-groep vir lede
Ons het ‘n WhatsApp-groep vir opbetaalde lede van BRRAG. As jy ons kommunikasie wil lees en met ons wil kommunikeer, stuur asseblief jou naam, van en selnommer as antwoord op hierdie epos. Kliek hier of stuur dit na ons eposadres bushmansratepayers@gmail.com met die woorde WhatsApp-Groep as die onderwerp.
Let asseblief op dat enige gedrag wat lastig of onvanpas is, sal lei tot die verwydering van die persoon wat daarvoor verantwoordelik is. Die “App” (toep) is speifiek om inligting oor Boesmansriviermond en in besonder BRRAG te deel.
Wat is nuus?
Onthou asseblief dat jy die notules van komiteevergaderings op ons webruimte Google Brrag kan lees! Jy kan ook die getytafel, plaaslike weer en ander items daar kry.
Kenton duin
Ons het ‘n Aksiegroep bestaande uit BRRAG, KOSRA, Natures Landing, Merryhill, Sakekamer en ander gevorm om die plan om sand na die rivier toe te stoot en deur Kenton te karwei vir verdere verspreiding, teen te staan. Lees alles daaroor in ons vorige nuusbrief (KLIEK HIER) wat op ons webruimte verskyn. ONS HET FINANSIëLE ONDERSTEUNING NODIG om hierdie aaklige konstruksieterrein oorkant Boesmansrivier stop te sit. Help asseblief. Ons het MER- omgewingskonsultante aangestel met dr. Jeremy Ridl as ons omgewingsprokureur.
Dankie aan almal wat reeds finansieel bygedra het. Dit maak dit vir ons moontlik om die bal aan die rol te kry.
Petisie
Lees asseblief hiervan en ondersteun ons petisie as jy dit nog nie gedoen het nie. Hoe? Lees alles daaroor op ons webruimte en kry die skakel (link) om die petisie te onderteken. Kliek op “Info & News” en dan op “Kenton Sand Dune”
100-klubtrekking einde Junie – veels geluk aan almal.
1ste Des Alcock R525
2de Cherie White R380
3rde Helen Kannegieser R295
Dankie Cas Castelyn en span vir die verwydering van rommel op ons strand en publieke area



Dienslewering
Waterbestuur: Jacques gee verslag oor voortgesette waterbestuurssake wat by die SDSG Water (Service Delivery Support Group)bespreek is. Gesprek van die TTT (Technical Task Team) met Ndlambe, Amatola en DWS gaan voort.
‘n Aksieplan is in plek en word aktief deur die TTT bestuur om waterproduksie by die aanleg te bevorder. Die SDSG het ook die aandag van die Minister gehad wat die direkte betrokkenheid van die nuutgestigte Amatola Raad se Voorsitter tot gevolg gehad het.
TTT werk nou saam met die voorsitter van Amatola Water wat die HUB direk verantwoordelik vir die herstel van die watersituasie teen die einde van Julie 2022 gemaak het.
Graham Cowley is as Aanlegbestuurder (6-maandekontrak) aangestel op versoek van die TTT, wat bystand moet verleen met die inwerkingstelling van die aanbevole intervensies en behoorlike bedryf van die aanleg.
Hoofsaak was om voldoende rou water van vereiste kwaliteit by die aanleg te kry, en om alle waterproduksie-elemente in lyn te kry.
Nuwe filters vir die aanleg is op die terrein, en ‘n kritieke pomp wat uit Dubai bestel is, moet nog kom.
Daar is vertraging omdat Omgewingstoestemming vereis word vir toetsing en installasie van ‘n ontginningstelsel van nuwe rou water uit ‘n put.
Jacques was aan die spits met die inwerkingstelling van korrektiewe aksies soos genome in die TTT Sosiale en Omgewingsverslag wat aan Ndlambe en Amatola gestuur is.
Ndlambe het ‘n toelaag van R80M ontvang wat gebruik gaan word vir die Ndlambe waternetwerkstelsel. Dit is jammer dat ‘n gedeelte van die toelaag nie vir waterproduksie, wat kritiek is, gegee is nie.
Risikoversagting: Die gebruik van alternatiewe en addisionele waterverskaffers word in noue samewerking met Ndlambe en SDSG ondersoek om voldoende watervoorsiening vir die toekoms vir Wyk 3&4 te verseker.
Deur Jacques de Wit
Ndlambe Belastingbetalers en Dienslewering
Mislukking van Dienslewering is ‘n nasionale probleem wat moet en kan omgedraai word.
Onvoldoende dienslewering by Munisipaliteite in Suid-Afrika het kritieke vlakke bereik en is vir die Regering, burgers en belastingbetalers ‘n groot bekommernis.
Dienslewering word dikwels negatief beïnvloed deur korrupsie, wanbestuur, administratiewe onreëlmatighede wat tot die ineenstorting van dienslewering lei. Hierdie oortredings word dikwels deur ongunstige Ouditeur-Generaalverslae uitgewys, maar met teleurstellende min gevolge.
Munisipaliteite dwarsdeur Suid-Afrika gebruik belastingbetalerbydraes om hulle begrotings te balanseer en as ‘n metode om rykdom aan ‘n wyer gemeenskap te versprei, wat gerespekteer maar ongelukkig ook uitgebuit word.
Belastingbetalers kry nie altyd die dienste waarvoor hulle betaal nie.
Munisipale belasting in ons gebied is van die hoogste in Suid-Afrika vir kleiner munisipaliteite en is besig om vir al hoe meer belastingbetalersword onbetaalbaar te word met ‘n groeiende weerstand en ontevredenheid.
Ndlambe het beperkte inkomstebronne met die ekonomie wat grotendeels deur toerisme en nie industrie gedryf word nie.
Voldoende dienslewering en behoorlike omgewingsbestuur van veral die riviermondings, strande en natuurbewaringsgebiede is van kritieke belang om belegging in ons gebied te trek en te behou, wat ook ‘n voorvereiste vir werkskepping is.
Kritieke areas van dienslewering sluit watervoorsiening, sanitasie, paaie en infrastruktuur, riviermondings, veiligheid en sekuriteit en instandhouding van woongebiede (dorpe) in
Daar is toenemende ondersteuning van die Regering van samewerkende diensleweringsmodelle insluitend PPP’s wat ondersoek en ontwikkel moet word tussen munisipaliteite en belastingbetalers.
Stigting van ‘n Diensleweringsgroep (Service Delivery Group – SDSG)
As eienaars van die dorpies is belastingbetalers toegewyd en geregtig daarop om behoorlike dienslewering te ontvang, asook om regverdige behandeling van die totale gemeenskap te ondersteun.
Met hierdie gedagtes op die voorgrond, het die verskeie gemeenskapsorganisasies gedurende 2021 besef dat om die probleme wat belastingbetalers in die gesig staar as eenheid effektief aan te spreek, ‘n gekombineerde en verenigde toepaslike diensleweringsmodel ontwikkel en nagevolg moet word.
Die leierskap van BRRAG, KOSRA, Riversbend, Kenton/Boesmans Sakekamer & Toerisme en Estuary Care (vir riviermondings) het ‘n gekombineerde verteenwoordigende liggaam, SDSG (Service delivery Support Group) gevorm om met Ndlambe op ‘n konstruktiewe en samewerkende wyse in gesprek te tree om dienslewering aan die gemeenskap te verbeter.
Dit is belangrik dat die verenigde SDSG relevant bly en skaars bronne, wat deelnemde organisasies nie kan bekostig om te dupliseer nie, optimaal te gebruik.
Die doelwit is om ‘n samewerkende omgewing te skep en areas van bekommernis te identifiseer en aan te spreek, eerder as deur litigasie, en die gekombineerde kragte van die gemeenskap en Ndlambe op konstruktiewe wyse in te span.
Alternatiewe modelle van dienslewering moet ondersoek,in ooreenstemming en geïmplementeer word om die vereiste standaard van dienslewering aan belastingbetalers te verseker.
Kwotasie van ‘n vriend as opsomming van die SDSG se doelwit
“There is no free in this world, if you still believe in these fairy tales, you need to wake up from your deep sleep!
Get up and take control of your destiny and as a community. “
Positiewe ontwikkeling
Daar is ‘n aantal positiewe ontwikkelings as uitvloeisels van die stigting van die SDSG en sluit die skepping en instandhouding van ‘n goeie werksverhouding tussen Ndlambe en die SDSG in.
Voorbeelde
- Instelling van die Waterbestuurskomitee en daaropvolgende afhandeling van Terme van verwysingsooreenkoms (Terms of reference agreement (TOR)) tussen SDSG, Ndlambe, DWS en Amatola.
- Gekombineerde Sandduin- uitdaging deur Estuary Care
- Vassteling van SDSG Veiligheid en Sekuriteit gekombineerde forum
- Positiewe daaglike interaksie en samewerking met Ndlambe t.o.v ‘n wye reeks diensleweringsake
- Naderende formalisering van ‘n samewerkende forum met Ndlambe om die sanitasiekrisis in Wyk 3 &4 op te los en te vermy.
SDSG-ledeorganisasies het kommentaar gelewer op Ndlambe se voorgestelde begroting vir 2022/2023 ten opsigte van uitgawes, kostebeheer, inkomstegroei, bekommernis oor die groeiende onbekostigbaarheid van heffings en belasting, en nog meer. Kommentare is beskikbaar op BRRAG Facebook en NRF Blog.
SDSG-lede het ‘n samewerkende werksverhouding op 28 April 2022 met die Ndlambe Munisipale Bestuurder en Direkteure gedurende ‘n werksontbyt gevorm.
Voorbeelde van alternatiewe samewerkende diensleweringsmodelle om te ondersoek
- Aktiewe en tydige betrokkenheid van belastingbetalers tydens beplanning- en begrotingsprosesse
- Verseker dat ‘n voldoende en regverdige porsie van die begroting aan belastingbetalers toegeken word
- Gemeenskapskontak met Ndlambe om areas van dienslewering wat moet verbeter te prioritoseer en verbeter
- Gebruik van PPP-model wat toenemende ondersteuning van die Regering geniet
- Deelneem aan gesamentlike werwing vir Regeringsfondse
- Toegang tot ongebruikte Regeringsfondse om munisipale inkomste te vermeerder
- Toegang tot spesifieke fondse, byvoorbeeld kleindorpie-ontwikkelingsfondse
- Aanstelling van addisionele water-diensverskaffers
Dit is belangrik dat die hele gemeenskap eienaarskap van hulle dorpe vat en aktief berokke raak om ‘n behoorlike leefomgewing met goeie vlakke van dienslewering te verseker. Sluit aan by jou belastingbetalers- en ander diensleweringsorganisasie om ‘n verskil te maak.
Donasies vereis – Kinderwelsyn
Ons gaan maandelikse Rommelverkopings hou buite die Kinderwelsynkantoor agter die Poskantoor. Skenkings van onder andere die volgende items is welkom:
- Komberse
- Lakens, linne
- Klere vir 8 jaar en ouer
- Kombuisware: potte, glase, borde ens.*Meubels *Gordyne *Enige waardevolle items na goeddunke
As jy het, skakel asseblief vir Andrew direk by 071 452 5389 om die items te vervoer.
Nagwag Kennisgewing – deur die NW-span
NW het ‘n ernstige tekort aan fondse en sal donasies vir hierdie verdienstelike saak baie waardeer. Met jou hulp kan ons help om ons buurt veilig te hou.
Hi Tec het ‘n mandaat om na hulle kliënte om te sien en ons mandaat as ‘n Buurtwag om te kyk na die groter gemeenskap se strate. Ons is ook ‘n Rampbestuurspan, reaktief in gevalle van brandbeheer en ongelukke. Ons is nie net “glorified security specialists” soos ons al genoem is nie. As jou huis afbrand, is ons eerste daar, asook vir enige ander ramptoestand. Ons eie brandbestrydingstoerusting is geborg en word by die Brandweerstasie gestoor en by al die strategiese plekke in ons gemeenskappe.
Nagwag is die amptelike geregistreerde Kenton-on-Sea en Boesmansrivier Nagwag, CPF-lid nasionaal geaffilieer met Afriforum GVE. NW is ‘n lid van die Oos-Kaap Sekuriteitsnetwerk, NCA (National Crime Assist), NAVIC geïntegreerde bewakingstelsels Oos-Kaap, SDSG (Service Delivery Support Group) vir gemeenskapsveiligheid en -sekuriteit, Gemeenskap-kameramoniteringspan.
Ons wil graag almal wat reeds bygedra het om brandstof en toerusting aan te koop bedank want dit stel ons in staat om steeds operasioneel te bly. Die span bedank julle uit die diepte van ons harte.
Indien jy wil bydra tot ons verdienstelike saak gebruik asseblief die onderstaande rekening:
BRRAG
STD BANK
Rek.Nr. 281116393
BC. 051117
K.O.S.Verw. N-wag / NAAM.
Ons finansies word deur BRRAG en ‘n CA bestuur en geoudit. Die publiek is welkom om op enige tyd insae in ons finansies te kry. Korporatiewe ondersteuning sal baie waardeer word.