Ledegeld
Ons versoek vriendelik dat jou jaarlikse ledegeld van R350 (of enige groter bedrag wat baie gewaardeer sal word) vir 2022 elektronies inbetaal word. Ons het ongelukkig nie die fasiliteite om kontant te aanvaar nie. ‘n Groot dankie aan Veronique Jones vir die kontak van lede/inwoners om hulle te herinner aan die betaling van ledegeld. Stel ons asseblief in kennis wanneer die inbetaling van ledegeld gedoen word. Alle ledegeld word doeltreffend vir die instandhouding van die dorpie aangewend. Verwysing: LedegeldxxStraat.Van.
Wat is aan die gang?
Onthou asseblief dat die komitee se notules van vergaderings op die webwerf (Google Brrag) gelees kan word! Die getytafel, plaaslike weerstoestand en ander items kan ook daar gekry word.
Nuwe komiteelede
Inwoners word aangemoedig om hulleself beskikbaar te stel vir diens op hierdie proaktiewe en hardwerkende komitee en met die talle projekte te help. Ons is baie dankbaar om te kan verslag doen dat Sue Muirhead en Elvira Ramraj by ons aangesluit het. Welkom dames en ons vertrou dat julle ‘n bevredigende tyd saam met ons sal geniet.
Ons Wykskomitee: Elvira en Sue met die verkiesing vir Wyk 3 se komitee – derde en vierde regs. Tweede regs is raadslid Watuse Johannes en regs is direkteur Maneli.
Boesmansriviermond Kersfeesmark is hierdie jaar terug by die Tennisklub
Ondersteun ons gemeenskap hierdie jaar vir 3 dae lank se feestelike Kersfeesinkopies vanaf 16 Desember tot 18 Desember.
Local is lekker.
Besprekings van stalletjies vir uitstallings is van 1 Junie beskikbaar op ‘n “wie 1ste kom”- basis. Duplisering van stalletjies word beperk. Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom.
Kontak Sue op WhatsApp 084 297 6190. Noem asseblief wat verkoop word.
Ons sal vrywilligers benodig vir die maak van pannekoek en boerierolle, asook vir kaartjieverkope en al die bystand wat gewoonlik by die mark nodig is.
Ondersteun asb ‘n verdienstelike saak
Interessante boeke om uit te kies by Nicolls Supermark in Boesmansriviermond teen slegs R 20.00 vir twee! Alle opbrengste gaan aan die Dierebeskermingsvereniging.
‘n Bedrag R 6500.00 is in Desember ingesamel. Bring al jou weggeeboeke en ondersteun die goeie saak.
Kenton sand dune (Saak oor die Kenton duin)
Ons het ‘n Aksiegroep gevorm wat bestaan uit BRRAG, KOSRA, Lands End, Merryhill, Sakekamer en ander as teenstand om die plan om sand na die rivier toe te stoot en dan deur Kenton aan te ry om af te laai. Lees asseblief die meer volledige inligting in ons vorige Nuusbrief wat op ons webwerf verskyn. ONS HET FINANSIëLE ONDERSTEUNING NODIG om hierdie onaansienlike konstruksie by die Boesmansrivier te stop. Help asseblief. Ons het MER Omgewingskonsultante en dr. Jeremy Ridl as ons omgewingsprokureur aangestel.
Dankie aan almal wat reeds finansieel bygedra het en ons in staat gestel het om die bal aan die rol te kry.
Petisie
Lees oor en ondersteun asseblief ons petisie as jy dit nog nie gedoen het nie. Hoe? Lees alles daaroor op ons webwerf en vind die skakel om die petisie te teken.
110-klubtrekking einde April – veels geluk aan almal.
Wennommer 77 | Naam S.Marais | R 500.00
Tweede nommer 89 | Naam F Toth | R 380.00
Derde nommer 05 | Naam M White | R 295.00
NRF (Ndlambe Belastingbetalersforum)
Die NRF bestaan uit al die belastingbetalersassosiasies wat onder Ndlambe ressorteer. Ons bevorder gemeenskapsbelange deur die Forum.
Sien asseblief die jongste kommentaar wat aan Ndlambe voorgelê is rakende die onlangse begroting van die munisipaliteit. KLIEK hier.
Brrag aan die werk
Ons het uiteindelik plek gekry om al ons toerusting te stoor. Ndlambe het goedgunstiglik en kosteloos aan ons ‘n stoorkamer beskikbaar gestel want “ BRRAG is assisting the Municipality in providing important assistance maintenance services to the community of Boesmansriviermond.” Ons dank gaan aan Gibbon Schickerling wat ‘n kamera geskenk het wat Hitech kosteloos sal installeer en monitor. ‘n Groot opruimings- en restorasie taak is deur Robert Schroeder en Jacques de Wit, saam met ons personeel onderneem. Robert het diefwering gemaak en die omgewing ook beveilig. ‘n Donasie van elektrise toerusting is deur Johnny Chowles gemaak. Dankie aan al die wonderlike manne vir wonderlike werk gedoen.
Gugu inspekteer sy werk.
Hout loopvlak
Ons dank aan Pete Andrews wat die hout loopvlak vir ons herstel het. Dit lyk piekfyn en dit is regtig ‘n plesier om lede soos Pete te hê. Dankie, dankie, dankie.
Riversbend en omgewing
Terugvoering van Red Apple en BBG’s restaurante na die onlangse lang naweke is baie positief.
Die kunstenaar, Arno Carsten se vertoning by die Red Apple was hoogs vermaaklik en is goed ondersteun.
Die eiendomsmark is net so opwindend.
Nie minder nie as 27 eiendomme is in Boesmans en Riversbend sedert Januarie 2022 verkoop.
Bushman’s Creek se Rivers Rest Village- ontwikkeling is goed onderweg. ‘n Versorgingseenheid is deel van die beplanning.
Water sake
Deur Jacques de Wit
Agtergrondinligting
Ndlambe is deel van ‘n waterskaarstegebied maar het gelukkig toegang tot baie seewater wat deur ‘n tru-osmose-proses omgesit word in varswater.
Tru-osmose verwyder sout en ander onsuiwerhede in die seewater maar die proses is baie meer gekompliseerd as om eenvoudig damwater te filter.
Ons Wyke 3 en 4 is afhanklik van die Albany Coast R O (ACRO)-aanleg in Boesmansriviermond.
Die vervaardigingsproses is afhanklik van ‘n aantal kritieke faktore:
- Konstante elektriese kragvoorsiening
- Beskikbaarheid van skoon rou water
- Goeie onderhoud van die aanleg
- Goeie bestuur van die aanleg
- Onderdele en doeltreffende verskaffingsproses
- Voldoening aan Sosiale en Omgewingstandaarde
Die ACRO-aanleg het deur baie jare verskeie uitdagings ervaar.
As gevolg van hierdie uitdagings het die leierskap van BRRAG, KOSRA, die Sakekamer en Toerisme, Estuary Care en gemeenskappe van Riversbend, Merryhill en Natures Landing, ‘n gekombineerde verteenwoordigende liggaam, SDSG (Service delivery Support Group) met Ndlambe Munisipaliteit in gesprek getree in ‘n poging om waterbeskikbaarheid aan die gemeenskap te verseker. Deur hierdie gesprekke is die Service Delivery Support Group (SDSG) gevorm bestaande uit die vier organisasies hierbo genoem sowel as die Wyksraadslede van Wyke 3 en 4.
Die SDSG het op hulle beurt bestuursvennote geword in die Water Managing Committee (WMC) met Ndlambe Munisipaliteit, DWS en Amatola Water met ‘n sterk samewerkende ooreenkoms en progressiewe opdrag in die konstitusie. Van die WMC is ‘n Tegniese Taakspan (TTT) ingestel om tegniese sake te hanteer om die WMC te adviseer.
Die doelwit is om ‘n samewerkingsooreenkoms tot stand te bring wat die gekombineerde sterk punte van sy lede bymekaarbring om die diensverskaffing van water te verbeter. Dit is vanselfsprekend nie sonder konflik en meningsverskille nie, maar dit kan ‘n standhoudende positief wees as dit tot oplossings lei.
Huidige toestand
Die ACRO-aanleg is onder ernstige druk om voldoende water te lewer in ‘n gemeenskap met stygende behoeftes aan varswater.
Daar is Bestuurs- en Tegniese uitdagings waarvan sommige uitgelig word.
Bestuursuitdagings
- Amatola Raad van direkteure is 3 maal in 3 jaar vervang wat ‘n kontinuïteisprobleem skep
- Die huidige Amatola Hoofuitvoerende Beampte is die tweede waarnemende HUB in een jaar
- Die verskaffingsprosesse is nie bevorderlik vir spoedige reaksies soos in ‘n krisis vereis word nie
- Die aanleg het nie ‘n bestuurstruktuur om die vereiste ondersteuning van Amatola Water te genereer nie aangesien dit die enigste tru-osmose-aanleg onder hulle bestuur is
- Huidige onvoldoende bestuur om nuwe voorstelle vir oplossings te implementer
Tegniese uitdagings
- Onvoldoende rou water wat skoon en sonder biologiese stowwe en sand is, is nodig vir die aanleg
- Sand en alge binnedringing wat die membrane blokkeer en toerusting vernietig
- Onvoldoende voorraad van kritiese onderdele wat met die breek van masjinerie gebruik kan word, wat slegs van oorsee bekom word na ‘n tydperk van 3-6 weke
- Geen geskeduleerde onderhoud word geïmplementeer nie
- Deurlopende diefstal van kabels by die Diaz waterputte
- Weinig of geen respek vir Sosiale of Omgewingsimpak binne die bedryf nie
Aksies geneem deur die SDSG en die TTT:
- Oorlegpleging met die Minister van Water en Sanitasie om die effek van watertekort te beklemtoon op die plaaslike ekonomie ten opsigte van besigheid en toerisme
- Oorlegpleging met die nuutaangestelde Voorsitter van die Amatola Raad om die prioritisering van die ACRO-aanleg en die probleme wat ondervind word te beklemtoon
- Baie SDSG vergaderings met Ndlambe Munisipale Bestuurder en Direkteure, veral oor die afgelope weke, om moontlike oplossings te bespreek en maksimum ondersteuning te gee
- Om risiko te beperk, ondersoek SDSG en Ndlambe (as die Wateroutoriteit) die aanstelling van ‘n tweede waterverskaffer. Hierdie word egter nie as ‘n onmiddellike oplossing vir die probleem gesien nie, omdat dit ‘n Omgewingsimpakstudie sal vereis wat na die identifisering van ‘n geskikte terrein aanvaarbaar vir die bure gedoen moet word, ook die installasie van ‘n ESKOMkraglyn plus die lê van ‘n nuwe pyplyn – alles wat baie tyd sal neem.
- Die TTT kom weekliks bymekaar
- Oorlegpleging met gemeenskapsleiers
- Fokus op die implementering van beplande onderhoud
- Betrokkenheid en monitoring van aankope van die kritiese onderdele
- Vind van ‘n oplossing ten opsigte van bewese skoon rou water vry van biologiese kontaminante en sand vir die aanleg
- Voorstel om ‘n bestuurder met tegniese kennis by die ACRO-aanleg aan te stel wat direk verslag doen aan die Amatola Uitvoerende hoof.
- Deurlopende betrokkenheid van die TTT
- Aanspreek van die Sosiale en Omgewingsaspekte veroorsaak deur die Amatola Wateraanleg
- Aanbeveling aan die publiek om meer selfonderhoudend t.o.v. water te word deur die stoor van water by hulle huise
- Die bevordering van kommunikasie met die gemeenskap sowel as die verskaffing van noodwater deur ‘n tenkwa en tenks aan die gemeenskap
- Herstel van pyplynlekke deur Ndlambe en Amatola
Toekoms
Daar is geen maklike of vinnige oplossing vir die wateruitdagings wat ondervind word nie.
Betrokkenheid van gemeenskapsorganisasies en ons onderstreuning van Ndlambe en Amatola Water by die proses is kritiek en noodsaaklik om volhoubare oplossings vir die uitdagings te vind om langtermyn standhoudende en verantwoordelike watervoorsiening te verseker.
Brokkies
Lees alles oor die riviermonding pypvis. Kliek hier.