Lede

Ons ledegetal is teleurstellend laag … Hernu asseblief indien jy dit nog nie gedoen het nie. R 350

Ledegeld.xxStraat.Naam
BRRAG Standard Bank Kenton-on-Sea
Rekeningnommer: 281116393

Komitee

Ons verwelkom by die Komitee vir ….Jan Stark wat ook aangesluit het om met sommige van ons take te help. Die komitee bestaan nou uit: Jacques de Wit, Dalien Pachonick, Ferenc Toth, Sarel Marais, Jan Stark en interimlede wat bystaan: Lӧtter Wepener, Jack Dell en Sheila Swanepoel. Die interimlede sal terugstaan sodra  lede om hulle te vervang beskikbaar is.

Nuwe ontwikkelings

Kyk asb. na besonderhede vir ‘n nuwe voorgestelde ontwikkeling aan die suidekant van Boesmans. Kliek hier.
En ‘n omgewingstudie van erf 309 by die sleephelling. Kliek hier.

100-klub

100-klubtrekkingwenners was:
1ste  plek John Wesley kaartjie nr 29.
2de  plek Simon Cooper kaartjie nr. 66.
3rde plek Corrie Swanepoel kaartjie nr 02.

Volgende trekking aan die einde van April 2021.
Sluit aan by die trekking – kyk na die 100-klubartikel op ons webwerf.

Sekuriteit met Paastyd  

Ons beplan vir ‘n beperkte aantal veiligheidswagte by die sleephelling vir beskerming van bote asook ‘n skoonmaakdiens vir die ablusiefasiliteite oor die Paasvakansie. Donasies ten bate van hierdie diens kan soos gewoonlik gemaak word by: wagte.xxStraat.Naam

Brandwa  

Ons naaste brandbestrydingsdiens is in Port Alfred en ons is kwesbaar in ons omgewing. BRRAG besit gedeeltelik ou brandbestrydings toerusting wat op die laaste bene is. Dit word by die nie-funksionele rampbestuursgebou naby Boesmans se ingang gehou. Dit het goeie diens gelewer waar die munisipale brandvoertuig gearriveer het, maar buite werking was. Die komitee het besluit om pogings  aan te wend om ‘n nuwe brandwa aan te skaf wat ten volle aan BRRAG behoort en op ‘n veilige plek uitsluitlik onder ons beheer gestoor kan word. Hiervoor wil ons ‘n ambisieuse fondsinsameling van stapel stuur om R70 000 in te samel.  Ons vra dat lede die voordele van ‘n plaaslike brandwa ernstig moet oorweeg teenoor afhanklikheid van iets wat van Port Alfred af moet kom. ‘n Mobiele brandwa kan vanselfsprekend nie die ware jakob vervang nie maar het voordele en mag dalk net iemand van ‘n ramp red, soos in die verlede bewys is. Oorweeg asseblief ondersteuning van hierdie aankope. Donasies hiervoor sal eksklusief gemerk word. Mag hierdie poging suksesvol wees. Soos met die vullistreiler is die toerusting eerstens vir lede se gebruik en hulp. Inbetaling kan soos volg wees: Verwysing Brand.xxxStraat.Naam.

Waterprobleme

Die watervoorsiening in ons area bly problematies: die Amatola-infrastruktuur het deurlopende probleme en Ndlambe moet water voorsien aan die droogtegeteisterde gebiede. Water word verkry van ons tru-osmoseaanleg en word met trokke na gebiede sonder water aangery. Die proses lewer sy eie probleme saam met die watervoorsiening vir ons dorpe, en remediërende werk is deurgaans nodig. Jy sal wel die droogtewatertarief op jou Munisipale rekening raakgesien het. Dit is nie omdat daar nie water in ons wyk is nie, dit is ‘n maatreël om almal aan te moedig om water spaarsaam te gebruik sodat ‘n doeltreffende verspreiding, ook na ander gebiede, onderneem kan word. Dit is waarom daar watertekort in ons gebied is  –  of ons saamstem met die wyse waarop die plaaslike gesag dit hanteer, is ‘n ander saak.

Kamerafonds

Lees asseblief oor ons plaaslike kamerafonds deur hier te kliek.

Honde

Sommige honde-eienaars is blykbaar onbewus daarvan dat honde-ontlasting ‘n gesondheidsrisiko inhou waar kinders speel. Die parasiet Toxocara canis, ‘n rondewurm in die ontlasting van honde (ja ook jou liewe hondjie) en katte kan blindheid, asma en selfs epilepsie veroorsaak as dit per ongeluk ingeneem word, wat baie moontlik is by jong kinders. Die strande en graspaadjies waar kinders op die sand en gras speel en hondeliefhebbers nie altyd skoonmaak agter hulle honde nie, is waar die probleem heelwaarskynlik sal voorkom. Neem asseblief ‘n sak saam as jy met jou hond gaan stap en maak skoon agter hom.

Slotgedagte

“Die slegte nuus is dat niks vir altyd aanhou nie,
Die goeie nuus is dat niks vir altyd aanhou nie.”

Stay informed

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

It's free! Click here and sign up.

You have Successfully Subscribed!